TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
WES-KAAPSE PROVINSIALE REGERING: OORSIG
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
Die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap werk saam met die Nasionale Regering om vir die mense van die Wes-Kaap wette op te stel en dienste te lewer.
Oorsig oor die Wes-Kaap
Grondwet van die Wes-Kaap
Die Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie (WKPA) bestaan uit 12 departemente, naamlik:
Departement van Landbou
Departement van Gemeenskapsveiligheid
Departement van Kultuursake en Sport
Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
Departement van Gesondheid
Met 'n begroting van R16,4 miljard is hierdie departemente verantwoordelik vir die toepassing van wette en die lewering van dienste aan die mense van die Wes-Kaap.
OORSIG OOR DIE WES-KAAP
Die Wes-Kaap is op die suidwestelike punt van die vasteland van Afrika geleë. Altesaam beslaan die Wes-Kaap 'n oppervlak van 129 386 km².
Daar woon ongeveer 4,2 miljoen mense in die provinsie, waarvan die meerderheid Afrikaans praat. Die ander amptelike tale is Engels en Xhosa.
Die Wes-Kaap se bydrae tot die land se BBP is die derde hoogste. Met meer as 170 000 werknemers in die kleding- en tekstielbedryf is hierdie sektor die enkele belangrikste nywerheidsbron van werkgeleenthede in die Wes-Kaap. Die amptelike werkloosheidsyfer vir die provinsie, 18,4%, is aansienlik laer as in die meeste ander dele van die land.
Inligting bekom uit die Suid-Afrikaanse Jaarboek 2002/2003
GRONDWET VAN DIE WES-KAAP
Die Nasionale Grondwet laat elke provinsiale wetgewer toe om 'n grondwet vir daardie provinsie aan te neem. Die provinsiale grondwet moet met die Nasionale Grondwet ooreenstem.
Die Grondwet van die Wes-Kaap is in 1998 goedgekeur en is in die amptelike tale van die provinsie, Afrikaans, Engels en Xhosa, beskikbaar.
PROVINSIALE PARLEMENT VAN DIE WES-KAAP
Die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement is verantwoordelik vir die opstel van wette vir die provinsie binne die bestek van sy verantwoordelikhede soos in die Grondwet van Suid-Afrika uiteengesit. Hierdie verantwoordelikhede behels ook die opstel van provinsiale wetgewing ten opsigte van:
landbou casino's, wedrenne, dobbelary en weddenskappe kultuursake opvoeding op alle vlakke, universiteits- en technikonopleiding uitgesluit die omgewing gesondheidsdienste behuising taalbeleid natuurbewaring polisiediens provinsiale openbare media openbare vervoer streeksbeplanning en -ontwikkeling padverkeersregulering toerisme bevordering van handel en nywerheid tradisionele gesag stedelike en landelike ontwikkeling voertuiglisensiëring welsynsdienste abattoirs ambulansdienste dranklisensie museums behalwe nasionale museums provinsiale beplanning provinsiale kulturele sake provinsiale ontspanning en aktiwiteite provinsiale paaie en verkeer
iKapa elihlumayo", die Xhosa-naam vir 'n Florerende Kaap, is die Provinsiale Regering se grondliggende tema vir die 2004/05 Begroting en daarna. Dié vêrgesig is omgeskakel in 'n agt-punt plan wat die regering en sy maatskaplike vennote oor die volgende 10 jaar, tot 2014, sal lei. Daar is ook agt strategië waarop Begroting 2004 gebou is. Vir meer inligting is daar 'n strategiese dokument, 'n uittreksel uit die begroting, en 'n pamflet.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 22 Junie 2007 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
