TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Die Regering van Suid-Afrika
Dienste
Gesondheid
Reproduktiewe gesondheid
DIE REGERING VAN SUID-AFRIKA - DIENSTE: REPRODUKTIEWE GESONDHEID
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
KOMITEES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede.
Behandeling vir Seksuele Mishandeling/Verkragting
Die diens is beskikbaar vir alle vroue en mans bo die ouderdom van 14 jaar wat verkrag of seksueel aangerand is. Slagoffers ontvang mediese, sielkundige en forensiese versorging by spesialisklinieke in die provinsie. By die kliniek sal die slagoffer in 'n privaat vertrek/area ondervra word ... 
Manlike Reproduktiewe Gesondheid
Reproduktiewe gesondheid is die gesamentlike verantwoordelikheid van 'n paartjie. Daarom speel mans 'n belangrike rol en behoort hulle hul regmatige deel van die verantwoordelikheid vir voorbehoeding en vir die gebruik van kondome te dra, om sodoende beide ongewenste swangerskappe sowel as die verspreiding van seksueel ... 
Nood-voorbehoeding kan help om 'n onbeplande swangerskap te voorkom. Hoewel Nood-voorbehoeding tot 120 uur (5 dae) na onbeskermde seks gebruik kan word, behoort verkieslik binne 72 uur (3 dae) daarmee begin te word. Dit is die doeltreffendste as dit geneem word binne 24 uur na ... 
Onvrugbaarheidsprogram
Die diens help vroue en mans wat nie in staat is om kinders te hê nie. Berading en inligting oor die onderskeie behandelingsopsies wat beskikbaar is, word voorsien. Die geskiedenis van die paartjie word gevra en ondersoeke word uitgevoer. Na gelang van die uitslae word ... 
Toetsing vir Borskanker
Vroue word gewys hoe om hulle borste vir knoppe wat kankeragtig kan wees, te ondersoek. As 'n knop opgemerk word, sal die kliënt vir verdere ondersoek verwys word, wat 'n mammogram kan insluit, die verwydering en toetsing van die knop om uit te vind of ... 
Toetsing vir Servikale Kanker
Servikale en borskanker is die twee algemeenste vorms van kanker onder Suid-Afrikaanse vroue en alle vroue loop die risiko om hierdie kankers te ontwikkel. 
Voorbehoeding (Gesinsbeplanning)
Die diens sluit in advies oor en die verskaffing van 'n reeks veilige, doeltreffende en aanvaarbare voorbehoedmetodes waaruit vroue, mans en tieners vrylik kan kies om ongewenste swangerskappe te voorkom. 
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
