TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
JOU REGERING
NASIONALE REGERING 
PLAASLIKE REGERINGS 
Suid-Afrika se regering word in drie sfere verdeel: Plaaslik, Provinsiaal en Nasionaal. Elke sfeer se verantwoordelikhede word in die Grondwet omskryf. Die nasionale regering maak wette en stel beleid vir die hele land op. Die nasionale regering lewer ook dienste soos die uitreiking van ID-boekies.
Provinsiale regerings maak en administreer provinsiale wette in hulle regsgebiede soos dranklisensies, provinsiale beplanning, kultuursake, ontspanning, paaie en vervoer. Sekere verpligtinge soos gesondheid, onderwys en maatskaplike dienste word met die nasionale regering gedeel.
Plaaslike regerings se rol sluit plaaslike dienslewering, die bevordering van 'n veilige en gesonde omgewing en die bevordering van ontwikkeling in.
Regerings het 'n politieke en 'n administratiewe vertakking. Die politieke vertakking skep die wette en beleidsdokumente. Inwoners kies verteenwoordigers op die nasionale parlement, die provinsiale parlement en die plaaslike rade. Die administratiewe vertakking is die deel van regering wat die wette toepas en dienste lewer. Dit bestaan uit al die departemente soos Gesondheid en Landbou.
Die regerings relevant tot die Wes-Kaap is:
NASIONAAL
Die Regering van Suid-Afrika
PROVINSIAAL
PLAASLIK
Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit
Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit
Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit
Sentraal-Karoo Distriksmunisipaliteit
Weskus Distriksmunisipaliteit
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 6 September 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
