Die Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit dek Herbertsdale, Friemersheim, Groot-Brakrivier en Mosselbaai.
Plaaslike munisipaliteite beskik oor die mandaat:
Om verordeninge (plaaslike wette en regulasies waarvoor hulle verantwoordelik is) goed te keur. Verordeninge mag nie teenstrydig met enige nasionale wetgewing wees nie.
Om begrotings en ontwikkelingsplanne goed te keur. Elke jaar moet 'n munisipale begroting goedgekeur word wat uiteensit hoe geld bekom en bestee sal word. Die munisipaliteit moet ook die geïntegreerde ontwikkelingsplan goedkeur.
Om erf- en ander belasting, soos eiendomsbelasting, te hef.
Om diensgeld te vra - vir die gebruik van munisipale dienste soos water, elektrisiteit, biblioteke, ens.
Om boetes op te lê - vir mense wat munisipale verordeninge oor verkeersreëls, rommelstrooi, ens. verbreek.
Om geld te leen - die raad mag 'n lening aangaan vir 'n ontwikkeling of ander projek en mag munisipale bates as sekerheid gebruik.
Plaaslike munisipaliteite is vir die volgende funksies verantwoordelik:
lewering van elektrisiteit water vir huishoudelike gebruik riool en sanitasie stormwaterstelsels rommelverwydering brandweerdienste munisipale gesondheidsdienste besluite oor grondgebruik plaaslike paaie plaaslike openbare vervoer straathandel abattoirs en varsvoedselmarkte parke en ontspanningsgebiede biblioteke en ander gemeenskapsgeriewe plaaslike toerisme
