Media berig
Laer rente verlig las van boere
Die onlangse rentekoersverlaging van 1,5 persentasiepunte behoort 'n besparing van ongeveer R240 miljoen vir die landboubedryf mee te bring.
Mnr. Johan Pienaar, direkteur landbou en handel by Agri Suid-Afrika, sê boere se skuldlas het einde verlede jaar R28,2 miljard beloop en die rentelas het op nagenoeg R4,2 miljard te staan gekom.
Me. Venete Klein, nuut-aangestelde hoofbestuurder van Absa se Agribesigheid, sê die skerp stygings in die pryse van sommige landbouprodukte en die verswakking in die waarde van die rand het onder meer daartoe bygedra dat boere hul skuldlas kon verminder.
Sy sê die finansiering wat handelsbanke aan boere verskaf, bedra sowat 40% of R11 miljard van die sektor se totale skuld.
Ander bronne van finansiering is die Land Bank, wat finansiering van R7,9 miljard verleen, koöperasies verskaf R3,8 miljard en ander bronne R5,45 miljard.
Klein sê Absa se landbouboek vir ontwikkelende boere staan op R100 miljoen met meer as 1 000 regstreekse ontwikkelingskliënte en meer as 5 000 ontwikkelingsboere vind regstreeks baat by die bank se projekte.
Mnr. Japie Grobler, president van Agri Suid-Afrika, sê die behoeftes van die landbousektor in die breër gemeenskap kan net bepaal word as die nodige inligting beskikbaar is. Dit help onder meer om die implikasies van sekere beleidsbesluite te evalueer.
Dit blyk dat meer as die helfte van die boere wat die vorms van die SSA ontvang het, dit reeds voltooi en teruggestuur het. Grobler sê in onlangse gesprekke met die SSA het hy weer die versekering gekry dat die individuele inligting van boere vertroulik hanteer sal word en geen inligting oor individue sal bekend gemaak word nie.
Bylae: Landbou
Volksblad
Landwyd is nou 'n rapsie meer as 60% van die vraelyste terug ontvang.
Die vorige landbousensus is meer as 'n dekade gelede gehou. "Dit is nou belangrik dat presiese data oor landbou ingewin word. Dit is nie net die owerheid wat data nodig het nie, maar ook die landbousektor self.
Dit raak haas onmoontlik ommededingend te boer in 'n omgewing waarin nie oor akkurate statistieke beskik word nie," sê SSA.
n Beroep word op boere gedoen om so gou as moontlik die vraelyste in te vul en terug te stuur. Boere wat nie vraelyste ontvang het nie, word versoek om die tolvrye nommer 080-0110248 te bel.
