Die Regering van Suid-Afrika
Die Nasionale Regering van Suid-Afrika bestaan uit die Parlement, die Kabinet en verskillende departemente. Hierdie komponente voer funksies uit soos uiteafresit in die Grondwet en in wetgewing uitgevaardig deur die Parlement.
Die Administratiewe Arm
Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika
Kabinet
DIE ADMINISTRATIEWE ARM
Die Departemente waaruit die administrasie bestaan, het as opdrag die toepassing van wetgewing en die verskaffing van dienste aan die publiek. In 2003 is 'n gesamentlike begroting van R334 miljard vir dié doel beskikbaar gestel.
Departement van Arbeid
Departement van Behuising
Departement van Buitelandse Sake
Departement van Gesondheid
Departement van Grondsake
Departement van Handel en Nywerheid
Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling
Departement van Kommunikasiewese
Departement van Korrektiewe Dienste
Departement van Kuns en Kultuur
Departement van Landbou
Departement van Maatskaplike Ontwikkeling
Departement van Minerale en Energie
Departement van Omgewingsake en Toerisme
Departement van Onderwys
Departement van Openbare Ondernemings
Departement van Openbare Werke
Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering
Departement van Staatsdiens en Administrasie
Departement van Verdediging
Departement van Vervoer
Departement van Waterwese en Bosbou
Departement van Wetenskap en Tegnologie
Nasionale Tesourie
Onafhanklike Klagtedirektoraat
Sekretariaat van Veiligheid en Sekuriteit
Sport en Ontspanning Suid-Afrika
DIE GRONDWET VAN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Die Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996) het in werking getree op 4 Februarie 1997. Dit is die hoogste wet in Suid-Afrika en geen ander wet of regeringsoptrede kan die Grondwet oorstem of daarmee in botsing wees nie.
Suid-Afrika se Grondwet is een van die progressiefste in die wêreld en is gegrond op die waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid.
Hoofstuk 2 van die Grondwet bevat die Handves van Regte.
Die Suid-Afrikaanse Parlement is verantwoordelik vir die skepping en aanpassing van die land se wette in ooreemstemming met die Grondwet. Dit bestaan uit twee dele, naamlik die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP).
Die Nasionale Vergadering bestaan uit 400 verkose verteenwoordigers wat in die Parlementsgeboue in Kaapstad vergader om te debatteer oor kwessies en om wetgewing deur te voer.
Die Nasionale Raad van Provinsies bestaan uit 54 permanente lede en 36 spesiale afgevaardigdes wat die nege provinsies verteenwoordig. Die NRVP verteenwoordig provinsiale belange in die nasionale regeringsfeer.
KABINET
Die uitvoerende arm van die nasionale regering staan onder die leiding van die Kabinet wat bestaan uit die President, die Adjunkpresident en die onderskeie Ministers aangestel deur die President uit die Nasionale Vergadering. Die President bepaal ook watter funksies elkeen van die Ministers sal vervul.
Die Kabinetslede is tans soos volg:
Suid-Afrika bestaan uit 1 219 090 km² aan die suidpunt van Afrika. Die bevolking bestaan uit ongeveer 44,8 miljoen mense.
Suid-Afrika word gekenmerk deur die verskeidenheid van sy mense wat betref ras, kultuur en geloof. Dit word weerspieël deur die 11 nasionale tale wat deur die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm word.
Die land is verdeel in nege provinsies, elk met sy eie provinsiale parlement en administrasie. Die nege provinsies is soos volg:
Wes-Kaap
Oos-Kaap
Noordwes
Noord-Kaap
