KOPIEREG
Die Suid-Afrikaanse Grondwet verplig staatsliggame om inligting in staatsbesit, wat vir die publiek belangrik is, so wyd en kostedoeltreffend moontlik te versprei:
Deursigtigheid moet bevorder word deur die publiek van tydige, toeganklike en korrekte inligting te voorsien." Grondwet van Suid-Afrika, artikel 195 (g)
Die voordelige, ekonomiese en doeltreffende aanwending van hulpbronne moet bevorder word." Grondwet van Suid-Afrika artikel, 195 (b).
Ons glo dat om ander in staat te stel om materiaal vrylik te kopieer die mees kostedoeltreffende manier is om staatsinligting wat in openbare belang is, te versprei - mits dit akkuraat kopieer word. Ons glo dus dat die voorwaardelike gratis lisensiëring van die staat se outeursreg op materiaal wat deursigtigheid bevorder, deur die Grondwet vereis word.
Alle materiaal wat op Cape Gateway aangebied word, is onderworpe aan kopiereg kragtens die Wet op Outeursreg van 1978. Daar is geen kopiereg op die volgende nie:
amptelike tekste van 'n wetgewende, administratiewe of regsaard, wat die amptelike vertalings daarvan insluit toesprake van 'n politiese aard toesprake wat in die loop van geregtelike prosedures gelewer is nuus van die dag, wat 'n blote item ter inligting van die media is.
Jy mag hierdie outeursregvrye materiaal geredelik kopieer.
Jy mag geskrewe kopieregmateriaal op hierdie webwerf (met die uitsondering van materiaal wat aan derde partye behoort) vir nie-handelsdoeleindes sonder toestemming in enige formaat of medium reproduseer. Dit is onderworpe aan die vereiste dat jy die materiaal akkuraat weergee, en nie op 'n afbrekende wyse of binne 'n misleidende konteks nie.
As jy hierdie geskrewe materiaal publiseer of aan ander uitreik, moet jy erkenning aan die bron (URL ingesluit) en die outeursregstatus van die materiaal gee.
Jy mag ook materiaal op hierdie webwerf waarop daar outeursreg is vir handelsdoeleindes kopieer, mits jy toestemming vir handelsgebruik vra en kry.
Hierdie lisensie om geskrewe materiaal te kopieer sluit nie materiaal met outeursreg in nie waar daar aangedui word dat die materiaal die eiendom van 'n derde party is. (Dit sal gewoonlik deur die © simbool aangedui word wat naas die naam verskyn van die persoon by wie die outeursreg berus.) Om sulke materiaal te kopieer, moet jy toestemming van die toepaslike outeursreghouer verkry.
Jy mag nie foto's of ander kunswerk op hierdie webwerf sonder die toestemming van die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap gebruik nie.
Tree asseblief in verbinding met die Cape Gateway Inhoudsbestuurder by ggrammer@pgwc.gov.za as jy vrae het oor hoe om toestemming te kry in enige van die gevalle wat in die lisensie beskryf word.
