TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Departement van Plaaslike Regering en Behuising
Beplanning en ontwikkeling
Behuisingsvestigingsontwikkeling
BEHUISINGSVESTIGINGSONTWIKKELING: OORSIG
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
PUBLIKASIES
KONTAK
Behuisingsvestigingsontwikkeling is daarvoor verantwoordelik om geïntegreerde behuisingsvestigings, noodbehuising en die opgradering van informele vestigings in die provinsie te fasiliteer, te bevorder, te koördineer en te bestuur.
Funksies:
Die bevordering en fasilitering van geïntegreerde en volhoubare sosiale behuisingsomgewings
Die bevordering van geïntegreerde en volhoubare vestiging na grondrestitusie
Die koördinering en fasiliterings van vestigingsopgradering
Die bevordering en fasilitering van vestigingsontwikkeling
Bystand aan Munisipaliteite met behuising in noodsituasies
Sosiale Behuisingsontwikkeling
Sosiale Behuisingsontwikkeling beoog om sosiale behuising te bevorder en te fasiliteer wat 'n behuisingskeuse vir persone met 'n lae tot medium inkomste is wat deur behuisingsinstellings voorsien word en wat onmiddellike individuele eienaarskap kan uitsluit. Hierdie komponent help met die voorbereiding van planne, sakeplanne en die identifisering van geskikte grond vir sodanige ontwikkeling.
Dit skakel ook met en koördineer ander departemente en plaaslike regerings, bevorder geïntegreerde sosialebehuisingsontwikkeling, en moniteer en evalueer die status van sosialebehuisingsinisiatiewe.
Na-restitusieontwikkeling
Restitusie is die proses waarvolgens grond en ander eiendom wat met geweld van die eienaars weggeneem is, teruggegee of vergoeding van gelykwaardige waarde gegee word.
Na-restitusieontwikkeling verskaf voorligting aan aanspraakmakergemeenskappe in oorleg met munisipaliteite en ander belanghebbendes oor na-vestigingsontwikkeling waar grond as restitusie aan gemeenskappe teruggegee word.
Deur hierdie voorligting bevorder hierdie komponent volhoubare ontwikkeling met betrekking tot die plaaslike ekonomie, sosiale regverdigheid en die ekologiese omgewing.
Vestigingsopgradering
Vestigingsopgradering het te doen met die opgradering van informele vestigings in die Wes-Kaap wat tot 'n nasionale behuisingsprioriteit verklaar is. Dit koördineer ook noodbehuisingsprogramme wat bystand verleen aan mense waar behuisingsbehoeftes veroorsaak word deur natuurlike en ander rampe sowel as aan mense wat onder spanningsvolle omstandighede soos op vloedvlaktes woon.
Vestigingsontwikkeling
Vestigingsontwikkeling beoog om geïntegreerde en volhoubare behuisingsvestigings in die Wes-Kaap aan te moedig en te fasiliteer. Dit bestuur ook wettige vestiging deur onwettige besetting van Wes-Kaapse Behuisingseiendomme te moniteer.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 4 Augustus 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
