TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Ekonomiese Deelname
Ekonomiese Bemagtiging
Swart Ekonomiese Bemagtiging
SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING: OORSIG
OORSIG
DIENSTE
KONTAK
Wat is die Swart Ekonomiese Bemagtiging Sub-direktoraat?
Wat is die eenheid se mikpunte?
Watter dienste bied die SEB-eenheid aan?
SEB is die breë benadering tot die verwydering van rasse-beperkings in Suid-Afrika se ekonomie en die bespoediging van die toegang van Geskiedkundig-benadeeldes (GB's) tot die sakewêreld. SEB is 'n insluitende proses wat net kan werk as alle sektore van die ekonomie hulle samewerking gee. Die regering probeer ware SEB bewerkstellig en situasies van sogenaamde 'voordoening' vermy, wat nog by baie maatskappye geld.
Elke bedryfsektor is verantwoordelik vir 'n Handves wat die huidige stand van sake omskryf, en aandui wat nodig is om Breed-gebaseerde Ekonomiese Bemagtiging moontlik te maak. Die Myn-, Finansies- and Olie- bedrywe het hulle SEB-handveste afgehandel. Ander bedrywe, soos die Wyn-, Toerisme- en IKT-sektore het Konsep-handveste opgestel.
SEB hou verband met goeie bestuur en maak deel uit van 'n breë groeistrategie vir al die sektore, terwyl dit gemik is op die skep van billike praktyke in die mark.
WAT IS DIE SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING SUB-DIREKTORAAT?
Dié sub-direktoraat is verantwoordelik vir die beplanning en uitvoering van die beginsels van die Wet op Breed-gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (wat op 9 Januarie 2004 deurgevoer is) in die Wes-Kaap. Dié Wet is die aanvaarde raamwerk vir ekonomiese bemagtiging vir sowel sakelui as die regering. Hoewel die wet maatskappye aanmoedig om SEB toe te pas,is daar tans geen spesifieke strafmaatreëls of spertye nie. Baie maatskappye werk saam, maar die regering beskou die pas van verandering nog as te stadig.
Die SEB-subdirektoraat steun wit ondernemings met die aanpassing van hulle SEB-profiel in ooreenstemming met die vereistes van die Wet, en rig en maak voorsiening vir die behoeftes van swart ondernemings om hulle te help ontwikkel en groei.
Die eenheid mik ook na:
Die verhoging van die aantal swart mense wat ondernemings beheer.
Die fasilitering van die eienaarskap en bestuur van bedrywe en produktiewe bates deur gemeenskappe, koöperasies en ander gesamentlike ondernemings.
Die ontwikkeling van menslike hulpbronne en vaardighede in voorheen-benadeelde gemeenskappe.
Die bereiking van billike verteenwoordiging op senior- en bestuursvlakke van organisasies.
Versekering dat die Voorkeur Aanskaffing-prosedures wat die regering opgestel het, uitgevoer word.
Die bevordeing van belegging in ondernemings wat deur swart mense besit of bestuur word.
Die bevordering van alle aspekte van die bemagtiging van vroue (billikheid, eienaarskap, geslagsgelykheid).
Die ontwikkeling van praktyke wat dit vir mense wat met gestremdhede leef makliker maak om ekonomies meer aktief te wees.
Die skep en behou van werksgeleenthede.
Die skep en koester van Jeug-bemagtiging (deur byvoorbeeld leerlingskappe).
Die eenheid bied verskeie dienste aan, soos:
deurlopende bemarking oor die rol van die eenheid aan die regte mense n begin-tot-einde bystand- en adviesdiens vir swart ondernemings n adviesdiens vir oorheersend wit maatskappye oor hoe om SEB op 'n verantwoordelike manier deel van hulle organisasies te maak die verwysing van ondernemings vir finansiering na die Nasionale Bemagtigingsfonds (NBF), die Onafhanklike Ontwikkelingskorporasie (OOK) en banke deur Khula vergemakliking van SEB-ooreenkomste op 'n provinsiale vlak en samewerking met die Departement van Handel en Nywerheid op 'n nasionale vlak, waar van toepassing die verskaffing van deurlopende bron-inligting oor SEB
samewerking met alle gevestigde sake-ondernemings (byvoorbeeld die Wes-Kaapse Sake-geleenthede Forum, Die Kaapse Sakekamer en NAFCOC).
GB's - Geskiedkundig-benadeeldes, wat ook as voorheen-benadeeldes bekend staan.
Voorheen-benadeeldes - Mense wat in die verlede nie gelyke geleenthede gehad het nie, wat swart mense, vroue en gestremdes insluit.
Goeie Bestuur - Verantwoordbare, deursigtige, professionele bestuur en leierskap.
SEB-handves - Sektorale SEB-beleid op grond van die Wet op Breed-gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging van 2003, wat die huidige situasie in die sektor en watter hervorming nodig is, omskryf.
Voordoening - Oëverblindery, oppervlakkige insluiting van geskiedkundig-benadeeldes.
Voorkeur Aanskaffing - 'n Beleid wat van regeringsliggame vereis dat hulle produkte en dienste moet verkry van ondernemings wat voldoen aan die voorkeur faktore wat in die beleid omskryf word, byvoorbeeld ondernemings wat deels of ten volle deur voorheen-benadeeldes besit word.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 11 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
