Om voorsiening te maak vir die instelling van die Bestemmingbemarkings­organisasie; om voorsiening te maak vir die samestelling, bevoegdhede en funksies daarvan; om voorsiening te maak vir die bevordering van toerisme en die verwante ekonomiese ontwikkeling van die Wes-Kaap; om die Wes-Kaapse Wet op Toerisme, 1997, te herroep; en om voorsiening te maak vir sake wat daarmee in verband staan.
AANHEF
AANGESIEN die Provinsiale Regering (''die Regering'') verbind is tot die ekono­miese ontwikkeling van die Provinsie Wes-Kaap (''die Provinsie'') tot voordeel van al sy mense;
EN AANGESIEN die Regering erken dat ekonomiese ontwikkeling in die Provinsie die beste gesteun kan word deur die maksimering van die geleenthede geskep deur toerisme-, beleggings-en uitvoerbevordering en verwante gebeurtenisse;
EN AANGESIEN die Regering sy verantwoordelikheid aanvaar om die toerismebed­ryf te ontwikkel, te transformeer en te reguleer tot voordeel van al die mense van die Provinsie;
EN AANGESIEN die Regering erken dat toerisme die sleutel tot die ontsluiting van die Provinsie en sy mense se ekonomiese potensiaal is, en die behoefte aan hersiene institusionele reëlings ten opsigte van toerisme in die Provinsie erken;
EN AANGESIEN die Regering erken dat munisipaliteite die wetgewende en uitvoe­rende bevoegdheid ten opsigte van plaaslike toerisme het asook die reg om plaaslike toerisme te administreer;
EN AANGESIEN die Regering en munisipaliteite in die Provinsie 'n gedeelde visie het om 'n enkele bestemmingbemarkingsorganisasie in te stel, en gesamentlik verbind is tot die groei van toerisme en belangrike gebeurtenisse;
EN AANGESIEN die Regering sy verantwoordelikheid vir die ekonomiese ontwikke­ling van die Provinsie en die fasilitering van die groei en transformasie van die provinsiale ekonomie om die belange van al die mense van die Provinsie te weerspieël, erken;
EN AANGESIEN die Regering, in 'n gees van samewerkende regering en in vennootskap met plaaslike en nasionale regering en die private sektor, 'n gedeelde visie het om 'n enkele bestemmingbemarkingsorganisasie in te stel en verbind is tot die groei van toerisme;
ORD DAAR DERHALWE BEPAAL deur die Provinsiale Parlement van die Provinsie Wes-Kaap, soos volg:--
INHOUD
HOOFSTUK 1
UITLEG
Woordomskrywings
HOOFSTUK 2 INSTELLING VAN BESTEMMINGBEMARKINGSORGANISASIE
Aanstelling en samestelling van Raad
5. Ampstermyn van Raadslede, en vulling van vakatures
Beëindiging van lidmaatskap van Raad
Vergaderings en besluite van Raad
HOOFSTUK 3 INSTELLING VAN KOMITEES
8. Aanstelling en samestelling van komitees
Ampstermyn van lede van komitees, en vulling van vakatures
Beëindiging van lidmaatskap van komitee
HOOFSTUK 4 DELEGASIES EN BESOLDIGING
11. Delegasie van bevoegdhede, funksies en pligte
Toelaes van Raadslede
Besoldiging en ander diensvoordele van werknemers van Raad
HOOFSTUK 5 BEVOEGDHEDE EN PLIGTE VAN RAAD
14. Bevoegdhede en pligte van Raad HOOFSTUK 6 HOOF-UITVOERENDE BEAMPTE
Hoof-uitvoerende beampte
Bevoegdhede en funksies van hoof-uitvoerende beampte
HOOFSTUK 7 BEFONDSING EN FINANSIËLE BEHEER
HOOFSTUK 9
PLAASLIKE TOERISMEVERENIGINGS EN
BESOEKERINLIGTINGSNETWERKE
Akkreditering van plaaslike toerismeverenigings
Register van geakkrediteerde plaaslike toerismeorganisasies
Instelling van Besoekerinligtingsnetwerk
HOOFSTUK 10
Die Maatskappy
Regulasies
Herroeping van Wet 3 van 1997
Kort titel en inwerkingtreding
HOOFSTUK 1
UITLEG
Woordomskrywings
In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken-- ''BBO'' die Bestemmingbemarkingsorganisasie, ingestel ingevolge artikel 2; ''die Maatskappy'' die Kaapstadse Toerisme-en Gebeurtenismaatskappy ('n vereniging geïnkorporeer kragtens artikel 21) (registrasienommer 2003/0044604/08); ''georganiseerde plaaslike regering'' 'n organisasie erken ingevolge artikel 2 van die Wet op Georganiseerde Plaaslike Regering, 1997 (Wet 52 van 1997) om plaaslike regering in die Provinsie te verteenwoordig; ''hierdie Wet'' ook enige regulasie kragtens hierdie Wet gemaak; ''hoof-uitvoerende beampte'' die hoof-uitvoerende beampte kragtens artikel 15 aangestel; ''komitee'' 'n komitee van die Raad, ingestel ingevolge artikel 8; ''Minister'' die provinsiale Minister van die Wes-Kaap wat verantwoordelik is vir Toerisme of sy of haar verteenwoordiger, wat in alle gevalle, uitgesonderd artikels 4 (a) en 4 (e) in oorleg met die uitvoerende Burgemeester optree; ''Minister verantwoordelik vir Finansies'' die provinsiale Minister van die Wes-Kaap wat verantwoordelik is vir Finansies; ''munisipaliteit'' enige munisipaliteit in die Provinsie, ingestel ingevolge die Strukturewet; ''Provinsiale Parlement'' die Provinsiale Parlement van die Provinsie bedoel in artikel 105 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996); ''Provinsie'' die Provinsie Wes-Kaap; ''Raad'' die beheerliggaam van die BBO, aangestel ingevolge artikel 4; ''Raadslede'' lede van die Raad by artikel 4 beoog; ''Stad'' of ''die Stad'' die Stad Kaapstad; ''Strukturewet'' die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 (Wet 117 van 1998); ''uitvoerende Burgemeester'' die uitvoerende Burgemeester van die Stad soos omskryf in die Strukturewet, enige regsopvolger, of enige behoorlik aangestelde benoemde; ''voorsitter'' die voorsitter van die Raad, aangestel om as voorsitter te dien ingevolge hierdie Wet; ''voorskryf'' by regulasie voorskryf.
HOOFSTUK 2
INSTELLING VAN DIE BESTEMMINGBEMARKINGSORGANISASIE
 Daar word 'n regspersoon, bekend as die Bestemmingbemarkingsorganisasie, ingestel wat bevoeg is om in eie naam eisend en verwerend op te tree en om al die handelinge te verrig wat nodig is vir die verrigting van sy funksies en die uitvoering van sy pligte, en wat deur 'n Raad beheer word wat aan die Provinsiale Parlement van die Wes-Kaap verslag moet doen.
Die Raad kan, na voldoening aan die voorgeskrewe proses van oorlegpleging, 'n handelsnaam vir die BBO bepaal.
Sonder inkorting van munisipaliteite se regte betreffende plaaslike toerisme moet die BBO die Provinsie as 'n toeristebestemming ontwikkel en bevorder, en met die oog hierop moet hy die volgende doelwitte nastreef:
die bestuur, beplanning en rig van die bemarkingsaktiwiteite van alle sektore van die Provinsie se toerismebedryf, naamlik vergaderings, aansporings­maatreëls, konvensies, uitstallings, die bemarking van gebeurtenisse en vryetydsaktiwiteite, en besoekers-en steundienste;
die ontwikkeling van nuwe toerismeprodukte en bestemmings dwarsdeur die Provinsie;
samewerking met ander liggame wat betrokke is by die bemarking van die .lmbedryf en handel en van belegging in die Provinsie;
die voorsiening van 'n medium wat samewerking, deelname, besluitneming en befondsing deur die openbare en private sektor binne die konteks van die Provinsie se toerisme as geheel fasiliteer;
die ooreenbrenging van bemarkingsaktiwiteite in alle toerismesektore in die Provinsie in oorleg met bestaande entiteite;
die fasilitering van die strewe na transformasie-en bemagtigingsdoelstellings in alle sektore van die Provinsie se toerismebedryf;
die kweek van verhoudings en die aangaan van ooreenkomste met allerlei openbare asook private organisasies ter bevordering van die BBO se doelwitte; en die koestering van hegte samewerking tussen die openbare en die private sektor in die strewe na toerismegroei tot voordeel van al die mense van die Provinsie.
Aanstelling en samestelling van Raad
 Behoudens subartikel moet die Minister, na oorleg met die Provinsiale Parlement se Staande Komitee wat verantwoordelik is vir toerisme en met georgani­seerde plaaslike regering, die Raadslede aanstel.
Ondanks die bepalings van artikel 6 (f) word al die lede van die Raad van Direkteure van die Maatskappy op die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet geag behoorlik aangestelde lede van die Raad te wees vir die eerste 12 maande van die BBO se bestaan.
Raadslede mag slegs aangestel word nadat die Minister by kennisgewing in die Provinsiale Koerant en in die ander media wat die Minister geskik ag, alle belang­hebbende partye genooi het om binne die tydperk in die kennisgewing gespesi.seer, die name voor te lê van persone wat na die mening van daardie belanghebbende partye bekwaamheid in, of kennis van die toerismebedryf het of bemarkingskundiges is of strategieseleierskapseienskappe op die gebied van organisasietransformasie het, en geskikte persone is om aldus aangestel te word, met vermelding van die gronde vir hul mening.
Die Minister moet die noodsaaklikheid dat die Raad die breë demogra.ese en geogra.ese samestelling van die Provinsie sal verteenwoordig, behoorlik in ag neem.
Die Raad bestaan uit hoogstens 15 lede, naamlik--
een lid benoem deur die Minister wat op sy eie handel;
een lid benoem deur die uitvoerende Burgemeester;
twee lede benoem deur georganiseerde plaaslike regering, waarvan die een kategorie B-munisipaliteite verteenwoordig en die ander kategorie C-munisipaliteite;
hoogstens agt lede deur die publiek benoem in ooreenstemming met die 5 proses uiteengesit in subartikel ;
een ex officio senior beampte deur die Minister benoem;
een ex officio senior beampte deur die uitvoerende Burgemeester benoem; en die hoof uitvoerende beampte ex officio.
Die Minister moet na oorleg met georganiseerde plaaslike regering 'n voorsitter 10 en 'n ondervoorsitter vir die Raad uit die geledere van die Raad aanwys.
Ampstermyn van Raadslede, en vulling van vakatures
 Raadslede word aangestel vir 'n tydperk wat ten tyde van hul aanstelling bepaal word maar wat hoogstens twee jaar is.
Indien die amp van 'n Raadslid om enige rede vakant raak, kan die Minister na oorleg met georganiseerde plaaslike regering 'n persoon uit die kategorie van persone waaruit daardie lid oorspronklik as raadslid aangestel of benoem is, vir die onverstreke deel van die ampstermyn ooreenkomstig artikel 4 aanstel.
'n Raadslid kan weer aangestel word, maar mag nie vir meer as drie opeenvolgende termyne dien nie: Met dien verstande dat die volgende tydperke nie in 20 aanmerking geneem moet word wanneer die getal ampstermyne bereken word nie:
die twaalf-maande-tydperk bedoel in artikel 4 ; en enige onverstreke deel bedoel in subartikel .
Beëindiging van lidmaatskap van Raad
 Die amp van 'n Raadslid word vakant indien die lid-- 25 (a) insolvent of geestelik versteurd verklaar word deur 'n bevoegde hof;
uit sy of haar amp ontslaan word ingevolge subartikel ;
skuldig bevind word aan 'n misdryf en gevonnis word tot gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete, maar niemand mag geag word gevonnis te gewees het alvorens 'n appèl teen die skuldigbevinding of vonnis beslis is nie;
sonder verlof van die voorsitter afwesig is van drie opeenvolgende vergade­rings van die Raad;
sy of haar skriftelike bedanking by die voorsitter indien;
n lid van die Parlement, 'n Provinsiale Wetgewer, die raad van 'n munisipaliteit of die nasionale Kabinet of die Wes-Kaapse Provinsiale Kabinet word; of g met uitsondering van ex officio-Raadslede in artikel 45e en f bedoel, 'n werknemer van die Provinsie of 'n munisipaliteit word.
Vergaderings en besluite van Raad
 Die eerste vergadering van die Raad moet gehou word op 'n tyd en plek deur die Minister bepaal. Daarna moet die Raad vergader op die tye en plekke wat die voorsitter bepaal, maar die Raad moet minstens een keer elke drie maande vergader.
Die hoof-uitvoerende beampte moet binne sewe dae vanaf ontvangs van 'n skriftelike versoek wat deur minstens drie Raadslede geteken is, 'n spesiale algemene vergadering van die Raad belê.
 Die kennisgewing waarkragtens 'n spesiale algemene vergadering van die Raad belê word, moet die sake van daardie vergadering meld, en geen ander sake mag op die spesiale algemene vergadering behandel word nie.
Die kworum vir 'n vergadering van die Raad is die meerderheid van al sy lede.
Die ondervoorsitter moet as voorsitter van die Raad optree wanneer die voorsitter afwesig is of nie in staat is om as voorsitter op te tree nie, en wanneer die voorsitter sowel as die ondervoorsitter afwesig is of nie in staat is om as voorsitter op te tree nie, moet die lede wat op daardie vergadering teenwoordig is, met 'n meerderheidstem een uit hul geledere kies om op daardie vergadering voor te sit.
Die besluit van 'n meerderheid van die lede wat op 'n vergadering van die Raad teenwoordig is, is 'n besluit van die Raad, en in geval van 'n staking van stemme oor enige saak het die persoon wat op die vergadering voorsit, 'n beslissende stem benewens sy of haar beraadslagende stem.
n Besluit wat deur die Raad geneem is op 'n tydstip dat daar 'n vakature in die Raad was, wanneer enige persoon wat nie geregtig was om as Raadslid te sit nie, wel as lid gesit het, is nie ongeldig nie indien--
die besluit deur die meerderheid van al die Raadslede geneem is; en die lede wat die meerderheid uitgemaak het, geregtig was om as lede te sit.
Die Raad kan enige lid van 'n komitee wat nie 'n Raadslid is nie, toelaat om enige vergadering van die Raad waarop enige saak in verband met 'n funksie van daardie komitee behandel word, by te woon en kan daardie lid toelaat om aan die verrigtinge op so 'n vergadering deel te neem sonder om stemreg te hê.
Wanneer die Raad in sitting is, mag 'n lid nie deelneem aan die bespreking van, of deel hê in die neem van 'n besluit oor, enige saak waarin daardie lid of daardie lid se gade, vennoot, naasbestaande of werknemer enige persoonlike en regstreekse of onregstreekse geldelike belang het nie: Met dien verstande dat die Raad kan vereis dat enige lid wat so 'n belang verklaar het, homself of haarself moet onttrek aan die verrigtinge rakende daardie saak.
Enige lid van die Raad wat die bepalings van subartikel oortree, is skuldig aan 'n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens 12 maande.
Die notule van Raadsvergaderings moet geteken word deur die persoon wat op die volgende vergadering van die Raad voorsit.
Die Raad moet die Minister en die uitvoerende Burgemeester of hul behoorlik aangestelde benoemdes toelaat om enige vergadering van die Raad by te woon en om deel te neem aan die verrigtinge op daardie vergadering sonder om stemreg te hê.
Ex officio-lede van die Raad wat kragtens artikel 4 (e), (f) en (g) aangestel is, mag aan die verrigtinge van enige vergadering van die Raad deelneem, sonder om stemreg te hê.
HOOFSTUK 3
INSTELLING VAN KOMITEES
Aanstelling en samestelling van komitees
 (a) Die Raad kan, na oorleg met die Minister, komitees instel om die Raad behulpsaam te wees by die uitoefening van sy bevoegdhede, die verrigting van sy funksies en die uitvoering van sy pligte.
Enige komitees wat deur die Maatskappy se Raad van Direkteure aangestel is, word op die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet geag komitees te wees wat ingevolge hierdie artikel aangestel is, maar slegs vir die volgende 12 maande.
Die Raad kan komitees instel wat bestaan uit kundiges op die gebiede van, maar nie beperk nie tot--
vergaderings, aansporingsmaatreëls, konvensies en uitstallings;
gebeurtenisse;
nuwe toerismeprodukontwikkeling;
besoekerinligtingsdienste;
Komitees moet funksioneer onderworpe aan die opdragte deur die Raad bepaal.
n Komitee bestaan uit die getal lede deur die Raad bepaal, maar hoogstens 15, en elke komitee moet een lid van elke ander komitee in subartikel (a) tot (e) gelys as lid hê.
'n Komitee moet 'n Raadslid of 'n behoorlik aangestelde benoemde as voorsitter hê.
Die Raad kan 'n komitee te eniger tyd ontbind.
Ampstermyn van lede van komitees, en vulling van vakatures
 'n Lid van 'n komitee beklee sy of haar amp vir 'n tydperk van hoogstens twee jaar, soos ten tyde van sy of haar aanstelling bepaal.
Indien die amp van 'n lid van 'n komitee om enige rede vakant raak, kan die Raad 'n persoon as lid van die komitee aanstel vir die onverstreke deel van die tydperk.
n Lid van 'n komitee wie se ampstermyn verstryk het, kan weer aangestel word, maar mag nie vir meer as drie termyne as lid van 'n komitee dien nie: Met dien verstande dat die onverstreke deel bedoel in subartikel nie in aanmerking geneem mag word wanneer die getal dienstermyne bereken word nie.
Beëindiging van lidmaatskap van komitee
Die bepalings van artikel 6 , met die nodige wysigings, is van toepassing op die ampsbeëindiging van 'n lid van 'n komitee.
HOOFSTUK 4
DELEGASIES EN BESOLDIGING
Delegasie van bevoegdhede, funksies en pligte
 Die Raad kan enige bevoegdheid, funksie of plig wat ingevolge hierdie Wet aan die Raad toegewys, opgedra of opgelê is, skriftelik delegeer aan enige Raadslid, aan enige komitee, of aan die hoof-uitvoerende beampte, wat daardie bevoegdheid, funksie of plig weer verder kan delegeer.
Die delegering van 'n bevoegdheid, funksie of plig kragtens subartikel verhinder nie die uitoefening van daardie bevoegdheid, die verrigting van daardie funksie of die uitvoering van daardie plig deur die Raad nie.
Die Raad kan te eniger tyd enige delegasie kragtens subartikel wysig of intrek, en kan sy bevoegdhede, funksies of pligte delegeer behoudens enige beperkings, voorskrifte of voorwaardes waarop die Raad besluit.
Die Raad kan enige besluit wat ingevolge 'n delegasie kragtens subartikel geneem is, in oënskou neem en wysig behoudens enige regte wat moontlik toegeval het en met deeglike inagneming van die bepalings van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Beregting, 2000.
Toelaes van Raadslede
'n Raadslid en 'n lid van 'n komitee moet aangestel word op daardie bedinge en voorwaardes, en kan daardie toelaes betaal word en uit die fondse van die Raad vergoed word vir daardie uitgawes wat gesamentlik deur die Minister met die instemming van die Minister verantwoordelik vir Finansies bepaal word.
Besoldiging en ander diensvoordele van werknemers van Raad
Die Raad kan in oorleg met die Minister en die Minister verantwoordelik vir Finansies--
die besoldiging, toelaes, bonusse, subsidies en pensioene en ander diens­voordele vir sy werknemers bepaal en aan hulle betaal; en grati.kasies vir sy werknemers en voormalige werknemers bepaal en aan hulle betaal, en vir die afhanklikes van sy werknemers en voormalige werknemers in die geval van afsterwe of van besering van daardie werkne­mers wat in die loop van hul diens voorgekom het.
HOOFSTUK 5 BEVOEGDHEDE EN PLIGTE VAN RAAD Bevoegdhede en pligte van Raad
 Ten einde sy doelwitte te bereik kan die Raad--
(a) in oorleg met die Minister en die Minister verantwoordelik vir Finansies onroerende eiendom huur, koop of andersins aanskaf, verhuur, verkoop, ruil of vervreem, met 'n verband of serwituut beswaar of enige saaklike reg daarop verleen;
b roerende eiendom huur, koop of aanskaf, verhuur, verkoop, ruil of vervreem, verpand of enige ander saaklike reg daarop verleen;
c met enige regering, provinsiale administrasie of plaaslike regering of enige ander raad of persoon, in die Republiek of elders, onderhandel of saamwerk in verband met enige aangeleentheid wat regstreeks of onregstreeks ten doel het om die Raad se doelwitte te verwesenlik;
(d) ooreenkomste met 'n dergelike liggaam, binne die Republiek of elders, aangaan ter bevordering van toerisme in die onderskeie gebiede waarvoor die
Raad en daardie liggaam ingestel is, en vir daardie doel kan die Raad of 'n lid of lede van die Raad reise binne en buite die Republiek onderneem;
e in oorleg met die Minister kantore wat nodig of raadsaam is vir die effektiewe en behoorlike uitoefening van sy bevoegdhede, die verrigting van sy funksies en die uitvoering van sy pligte, oopmaak en administreer;
f versekeringsdekking--
i vir homself kry teen enige verlies, skade, risiko of aanspreeklikheid wat hy kan ly of waaraan hy hom kan blootstel; en
(ii) vir die Raadslede, lede van komitees en werknemers kry teen liggaam­
like besering, ongeskikmaking of afsterwe uitsluitlik en regstreek as gevolg van 'n ongeluk wat plaasvind wanneer hulle hul pligte as lede of werknemers verrig;
g bankrekenings open en bedryf by 'n bank soos omskryf in die Bankwet, 1990
h boeke, gidse, kaarte, publikasies, foto's, .lms, video's en dergelike materiaal met betrekking tot toeristeattraksies en dienste in die Provinsie wat ter inligting van persone in die Republiek of elders bedoel is, opstel, maak, publiseer en verkoop of gratis beskikbaar stel;
(i) inligting met betrekking tot toerisme in die Provinsie insamel, evalueer en verwerk, en die inligting beskikbaar stel aan persone wat by die toerismebe­
dryf betrokke is;
j advies en leiding oor bemarking gee aan persone wat by die toerismebedryf in die Provinsie betrokke is;
(k) met die oog op die effektiewe bemarking van en die verskaffing van inligting aangaande enige diens, fasiliteit of produk wat in verband met toerisme aangebied word, onderskeidende tekens en bewoording wat die Raad goed ag, bepaal en publiseer en die gebruik daarvan reguleer;
l persone in diens neem en die diens van persone beëindig;
(m)in oorleg met die Minister en die Minister verantwoordelik vir Finansies, enige persioen-of voorsorgfonds of mediese skema tot voordeel van die BBO se werknemers instel, bestuur en administreer, of so 'n fonds of skema deur 'n ander persoon of liggaam laat administreer;
n met enige opvoedkundige instelling onderhandel en saamwerk in verband met die instelling, voortsetting of uitbreiding van kursusse vir die opleiding van persone vir loopbane in die toerismebedryf;
o aansporingskemas en gradering-, klassi.sering-en akkrediteringstelsels aan­beveel en daardie skemas en stelsels administreer;
p die gebruik van handelsname deur die BBO vir spesi.eke toerismebemar­55 kingsprojekte goedkeur; en q enige ander handelinge verrig wat tot die verwesenliking van die Raad se doelwitte kan bydra.
Ten einde sy doelwitte te bereik moet die Raad--
saamwerk met die provinsiale regering en munisipaliteite om die toerismeontwikkeling-en bemarkingstrategieë van die Provinsie en munisi­paliteite te implementeer;
transformasiedoelwitte met die bedryfsaktiwiteite van die Raad integreer;
saamwerk met ander nasionale en provinsiale openbare entiteite, veral dié wat getaak is met handels-en beleggingsbevordering; en saamwerk met sektor-spesi.eke liggame soos dié in die wynbedryf en die .lmbedryf ter bevordering van provinsiale attraksies.
HOOFSTUK 6
HOOF-UITVOERENDE BEAMPTE
Hoof-uitvoerende beampte
 Behoudens subartikel moet die Raad, in oorleg met die Minister en na 'n openbare adverteringsproses, 'n geskikte persoon met kennis van en ondervinding in bestuur, bemarking en toerisme as die hoof-uitvoerende beampte van die BBO aanstel.
Die hoof-uitvoerende beampte moet ingevolge 'n vastetermyn-, prestasiegebonde kontrak vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar aangestel word en kan by verstryking van daardie tydperk weer aangestel word.
Indien die hoof-uitvoerende beampte afwesig is of om enige rede nie in staat is om sy of haar funksies te verrig nie, of wanneer daar ook al 'n vakature in die kantoor van die hoof-uitvoerende beampte is, moet die Raad 'n ander persoon aanstel om as hoof-uitvoerende beampte van die BBO op te tree tydens die hoof-uitvoerende beampte se afwesigheid of onvermoë of totdat 'n hoof-uitvoerende beampte ingevolge subartikel aangestel is.
n Waarnemende hoof-uitvoerende beampte moet vir die duur van sy of haar aanstelling die funksies van die hoof-uitvoerende beampte verrig.
Ondanks die bepalings van subartikel word die hoof-uitvoerende beampte van die Maatskappy, soos op die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet, geag die behoorlik aangestelde hoof-uitvoerende beampte van die BBO te wees vir die onverstreke termyn van die hoof-uitvoerende beampte se diensooreenkoms met die Maatskappy.
Bevoegdhede en funksies van hoof-uitvoerende beampte
Benewens die bevoegdhede, funksies en pligte wat ingevolge die bepalings van hierdie Wet of deur die Raad aan die hoof-uitvoerende beampte opgedra word, moet die hoof-uitvoerende beampte--
toesien dat die BBO sy funksies ingevolge hierdie Wet verrig;
in bevel wees van die ander werknemers van die Raad;
verantwoordbaar wees aan die Raad;
toesien dat behoorlik notule gehou word op vergaderings van die Raad en komitees;
vergaderings van die Raad bywoon; en n kopie van die notule daarvan binne 14 dae vanaf 'n Raadsvergadering voorlê aan die Minister en die uitvoerende Burgemeester en enige ander beamptes deur die Provinsie en die Stad benoem.
HOOFSTUK 7
 Die fondse van die BBO bestaan uit--
geld wat deur die Provinsiale Parlement vir dié doel bewillig word;
geld wat deur die raad van 'n munisipaliteit vir dié doel bewillig word; en geld wat deur enige persoon of instelling aan die BBO geskenk word.
Aanvaarding deur die BBO van geld by subartikel (b) of (c) beoog is onderworpe aan enige toepaslike bepalings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet 1 van 1999) en enige regulasies ingevolge daarvan.
Die Raad se .nansiële beheer, verantwoordbaarheid en verantwoordelikheid en sy verslagdoeningspligte word gereguleer deur die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999, en enige regulasies of voorskrifte ingevolge daardie Wet uitgereik.
Die Raad moet aan enige munisipaliteit wat fondse vir die BBO verskaf en enige ander munisipaliteit wat aldus versoek, die verslae of state in artikel 55 (d) van die Wet op Openbare Finansiële Beheer, 1999 bedoel, voorlê binne die tydperk in daardie artikel bedoel.
Die jaarlikse .nansiële state van die BBO moet deur die Ouditeur-generaal geouditeer word, behalwe as die BBO 'n persoon bedoel in artikel 58 (b), gelees met artikels 58 en , van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999, as 'n ouditeur aanstel.
HOOFSTUK 8
 Die Raad moet saamwerk met en deelneem aan enige instellings (deur die Provinsie tot stand gebring) ter bevordering van belegging, die handel, die .lmbedryf en ander verwante sektore, ten einde inter-institusionele samewerking te bevorder met betrekking tot--
gesamentlike beplanning;
gesamentlike monitering en evaluering; en gesamentlike verslagdoening, wat sal verseker dat hul strategieë en operasies ooreenstem.
Die BBO, die Provinsie en enige munisipaliteit wat betrokke is by die funksies van die BBO moet toesien dat die bepalings oor samewerkende bestuur in artikel 41 (h) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, ten volle nagekom word.
HOOFSTUK 9
PLAASLIKE TOERISMEVERENIGINGS EN
BESOEKERINLIGTINGSNETWERKE
Akkreditering van plaaslike toerismeverenigings
n plaaslike toerismeorganisasie of enige dergelike toerismeorganisasie wat deur 'n munisipaliteit ingestel of erken is, akkrediteer; en akkrediteringskriteria formuleer en voorskryf vir die akkreditering van 'n plaaslike toerismevereniging of enige dergelike toerismeorganisasie.
Enige toerismeorganisasie of toerismeburo wat voorheen kragtens die Wes-Kaapse Wet op Toerisme, 1997, geakkrediteer is en wat nie kragtens artikel 19 deur die BBO geakkrediteer is nie, word nie deur die Ouditeur-generaal geouditeer nie.
Register van geakkrediteerde plaaslike toerismeorganisasies
Die BBO moet 'n register byhou van alle geakkrediteerde plaaslike toerisme­organisasies of enige dergelike organisasies wat deur 'n munisipaliteit ingestel of erken is.
Instelling van Besoekerinligtingsnetwerk
Die BBO kan 'n Besoekerinligtingsnetwerk, gebaseer op patrone en aanvraag, instel en akkrediteer ooreenkomstig die kriteria wat die Raad bepaal.
HOOFSTUK 10
 Die Wes-Kaapse Toerismeraad, ingestel ingevolge die Wes-Kaapse Wet op
Toerisme, 1997 (Wet 3 van 1997) (hierna die Wes-Kaapse Toerismeraad genoem), word ontbind.
Die BBO is die regsopvolger van die Wes-Kaapse Toerismeraad.
Met ingang van die datum waarop hierdie Wet in werking tree--
a word die bates, laste en rekords van die Wes-Kaapse Toerismeraad na die 10 BBO oorgedra;
b word personeel wat in diens van die Wes-Kaapse Toerismeraad is, na die BBO oorgeplaas ooreenkomstig die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 Wet 66 van 1995.
Die Maatskappy
23. Met ingang van die datum waarop hierdie Wet in werking tree en onderworpe aan die vooraf verkreë goedkeuring van die lede van die Maatskappy word die personeel, bates, laste en rekords van die Maatskappy na die BBO oorgeplaas en oorgedra en word die BBO die regsopvolger van die Maatskappy.
Die personeel van die Maatskappy word ooreenkomstig die Wet op Arbeidsver­20 houdinge, 1995 oorgeplaas.
Regulasies
Die Minister kan na oorleg met georganiseerde plaaslike regering regulasies maak betreffende enige aangeleentheid waarmee die Minister ingevolge hierdie Wet kan handel, en enige aangeleentheid wat die Minister nodig ag om die doelwitte van die
BBO en hierdie Wet te bereik: Met dien verstande dat regulasies met .nansiële implikasies in oorleg met die Minister verantwoordelik vir Finansies gemaak moet word.
Herroeping van Wet 3 van 1997
Die Wes-Kaapse Wet op Toerisme, 1997 (Wet 3 van 1997) word herroep.
Kort titel en inwerkingtreding
Hierdie Wet heet die Wes-Kaapse Wet op Toerisme, 2004, en tree in werking op 'n datum wat deur die Premier by proklamasie in die Provinsiale Koerant bepaal word.
