WATERVERORDENING
Om waterdienste in die Stad te beheer en reguleer
INDELING VAN ARTIKELS
Hoofstuk 1: Woordbepaling en Algemene Bepalings
Woordbepaling
Toepassing van hierdie verordening
Magte van die Direkteur: Water
Diensvlakke
Aanstelling van gemagtigde beamptes
Delegasie
Betreding van 'n waterdienstefasiliteit
Dreigende noodgevalle en toestande wat dringende aandag verg
Plig van die publiek
Verhaal van koste
Verantwoordelikheid om hierdie verordening na te kom
Misdrywe en strafbepaling
Nie-aanspreeklikheid
Herroeping
Hoofstuk 2: Bepalings in verband met die voorsiening van water
Ongemagtigde gebruik van water
Aansoek vir die lewering van water
Spesiale ooreenkomste vir watervoorsiening
Pype in strate of openbare plekke
Fooie
Inmenging met die watervoorsieningstelsel
Belemmering van toegang tot die watervoorsieningstelsel
Voorsiening van verbindingspyp
Aansluitings tussen persele
Voorsiening en plasing van afsluitkraan
Algemene voorsieningsvoorwaardes
Beperking of afsny van toevoer
Onderbreking van toevoer op versoek van eienaar
Verwydering van wateraansluiting
Meting van water wat voorsien word
Hoeveelheid water wat voorsien word
Watervoorsiening met 'n munisipale brandkraan
Herverkoop van water
Foutiewe meters
Beraming van hoeveelheid water gelewer met foutiewe meter
Aanpassing van hoeveelheid water gelewer met foutiewe meter
Spesiale meting
Hoofstuk 3: Waterbeperkings en Waterbewaring
Waterbeperkings
Vermorsing van water
Waterbesparing en wateraanvraagbestuur
Registrasie
Verskaffing van waterdienste
Fooie vir die verskaffing van waterdienste
Hoofstuk 5: Goedkeuring van Planne
Prosedure vir die goedkeuring van planne
Verlenging van tydperk van goedkeuring
Tekeninge
Afskrifte van tekeninge moet op die perseel beskikbaar wees
Ongemagtigde werk
Hoofstuk 6: Installasie deur Loodgieters
Persone wat toegelaat word om installasie- en ander werk te doen
Verantwoordelikhede van `n eienaar
Hoofstuk 7: Ontsmetting
Ontsmetting van waterinstallasies, insluitende opgaartenke
Hoofstuk 8: Algemene Vereistes vir Waterinstallasies
Voorsiening en onderhoud van waterinstallasies
Skedule van aanvaarbare pype en watertoebehore
Ontwerpkriteria vir waterinstallasies
Voorkoming van waterbesoedeling
Hoofstuk 9: Brandinstallasies
Brandinstallasies
Gebruik van water uit ander bronne as die munisipale watervoorsiening
Putte, boorgate, syfergate en uitgrawings
Kennisgewing van sink of grawe van boorgate, putte en syfergate
Voorsiening van nie-drinkbare water deur die munisipaliteit
Vrywaring ten opsigte van die kwaliteit van nie-drinkbare water
Waarskuwingskennisgewings
Hoofstuk 10: Verskeie Bepalings Insake Nie-Drinkbare Water
Bylaes
Wateraanvraagbestuur
Pype wat gebruik word om drinkwater te gelei
HOOFSTUK 1
WOORDBEPALING EN ALGEMENE BEPALINGS
WOORDBEPALING
In hierdie verordening, tensy dit uit die samehang blyk dat 'n ander betekenis bedoel word, beteken-
aansluitingspasstuk" 'n waterpasstuk aan die uitlaat van 'n waterinstallasie wat die vrystelling van water daaruit beheer;
basiese watervoorsiening" die minimum standaard van watervoorsieningsdienste wat nodig is vir die betroubare voorsiening van 'n toereikende hoeveelheid en gehalte water aan huishoudings, om lewe en persoonlike higiëne te verseker, voorgeskryf deur die Wet op Waterdienste, Nr. 108 van 1997 en die regulasies daarkragtens uitgevaardig;
besoedeling" die direkte of indirekte verandering van die fisiese, chemiese of biologiese eienskappe van 'n waterhulpbron ten einde dit-
minder geskik te maak vir enige voordelige doel waarvoor dit redelikerwys verwag kan word om gebruik te word; of skadelik of potensieel skadelik te maak-
vir die welsyn, gesondheid of veiligheid van mense;
ii vir enige water- of nie-waterorganismes;
iii vir die hulpbrongehalte; of iv vir eiendom;
boorgat" 'n gat wat in die grond gesink is met die doel om water op te spoor, te onttrek of om onderaardse water te gebruik en omvat dit ook 'n fontein, put en 'n syfergat;
dienspyp" 'n pyp wat deel uitmaak van 'n waterinstallasie en wat die kommunikasiepyp met die meter verbind;
Direkteur: Water" 'n werknemer van die munisipaliteit wat aan die hoof staan van die Direktoraat Water en Reinigingsdienste van die munisipaliteit;
eienaar" -
die persoon in wie die eiendomsreg ten opsigte van 'n perseel van tyd tot tyd setel;
in 'n geval waar die persoon, in wie die eiendomsreg van 'n perseel setel, insolvent of oorlede is, of wat vir welke rede ookal regsonbevoegd is, die persoon by wie die bevoegdheid as kurator, trustee, eksekuteur, administreerder, geregtelike bestuurder, likwidateur of ander regsverteenwoordiger vir die administrasie en bestuur van die perseel berus;
in enige geval waar die munisipaliteit nie die identiteit van so 'n persoon kan vasstel nie, 'n persoon wie geregtig is op die voordeel van die gebruik van sodanige perseel of gebou of geboue daarop;
in die geval van 'n perseel ten opsigte waarvan 'n huurooreenkoms vir 'n tydperk van 30 jaar of langer aangegaan is, die huurder daarvan;
die persoon wie onroerende eiendom van die munisipaliteit gekoop het ingevolge 'n skema waar die koopprys in paaiemente betaal word, maar oordrag van eiendomsreg nog nie plaasgevind het nie;
ten opsigte van -
n stuk grond afgebaken op 'n deelplan wat ingevolge die Wet op Deeltitels, Nr 95 van 1986, geregistreer is, die ontwikkelaar of die regspersoon ten opsigte van die gemeenskaplike eiendom, of ii n gedeelte soos omskryf in die gemelde Wet, die persoon in wie se naam sodanige gedeelte ingevolge 'n deeltitelakte geregistreer is, en omvat dit die regmatig aangestelde verteenwoordiger van sodanige persoon;
gemagtigde beampte" 'n amptenaar van die munisipaliteit wat deur die Munisipale bestuurder gemagtig is om die bepalings van hierdie verordening toe te pas;
gesondheidsoorlas"'n toestand of gebeurlikheid wat lewe of gesondheid bedreig of die welsyn of geesteswelsyn van 'n persoon of gemeenskap nadelig bedreig, of wat 'n omgewingsrisiko daarstel, en 'gesondheidsgevaar' het 'n soortgelyke betekenis;
hoofwaterpyp" 'n pyp, uitgesluit 'n kommunikasiepyp, waarvan die eiendomsreg by die munisipaliteit berus en wat gebruik word om water aan verbruikers te voorsien;
huishoudelike doeleindes" in verband met watervoorsiening, die voorsiening van water vir drink-, was- en kookdoeleindes aan 'n perseel wat uitsluitlik vir woondoeleindes gebruik word;
installasiewerk" werk in verband met die konstruksie van of uitgevoer ten opsigte van 'n waterinstallasie;
Kredietbeheer en Skuldinvorderingsbeleidverordening" die Kredietbeheer en Skuld-invorderingsbeleidverordening, deur die raad aangeneem en afgekondig in die Provinsiale Koerant;
meter" 'n toestel om die hoeveelheid water wat daardeur vloei te meet;
munisipaliteit" die Munisipaliteit van die Stad Kaapstad;
okkupeerder" 'n persoon wat 'n perseel of deel daarvan bewoon, ongeag die titel waaronder hy of sy dit okkupeer;
openbare kennisgewing" 'n kennisgewing in ten minste twee van die amptelike tale van die Wes-Kaap Provinsie, gepubliseer in 'n koerant en waar moontlik gepubliseer in 'n koerant wat oorwegend verskyn in die taal waarin in die kennisgewing opgestel is;
opgaartenk" die tenk wat deel uitmaak van 'n waterinstallasie en wat gebruik word vir die opgaar van water, maar omvat nie 'n spoelbak vir 'n toilet of urinaal of 'n warmwatersilinder nie;
persoon" ook 'n regspersoon;
publiseer" -
om 'n kennisgewing in die Provinsiale Koerant te plaas;
om kopieë van so 'n kennisgewing aan belange groepe te besorg; en om 'n kennisgewing op kennisgewingborde van die munisipaliteit aan te bring;
raad " die raad van die munisipaliteit of enige van die munisipaliteit se ander politieke strukture, politieke ampsbekleërs, raadslede, of personeellede, behoorlik deur delegasie gemagtig;
SABS" die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde, waarna verwys word in die Wet op Standaarde, Nr 29 van 1993;
SANS" 'n standaard wat gestel en uitgereik is deur die SABS, ingevolge die bepalings van die Wet op Standaarde, Nr 29 van 1993;
Stad" die regsgebied van die munisipaliteit, afgebaken ingevolge die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Afbakening, 1998 (Wet Nr. 27 van1998);
Stadsbestuurder" die persoon wat deur die raad as munisipale bestuurder aangestel is;
syfergat" 'n pyp met 'n klein omtrek wat in los sand- of gruisformasies ingespuit is en waaraan 'n pomp op grondvlak aangebring is vir die ontrekking en verspreiding van water;
Tariefbeleidverordening", die Tariefbeleidverordening wat deur die raad ingevolge artikel 75 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Nr 32 van 2000 afgekondig is, of in afwagting van sodanige afkondiging, 'n besluit van die raad om ingevolge artikel 75A van daardie wet gelde, kostes of tariewe te hef en in te vorder;
verbindingspyp" 'n pyp, waarvan die eiendomsreg by die munisipaliteit berus en wat deur die munisipaliteit installeer is met die doel om water vanaf 'n hoofwaterpyp na 'n waterinstallasie te gelei en omvat dit 'n "kommunikasiepyp" waarna in SABS 0252, Deel 1 verwys word;
verbruiker" enige persoon wat water van enige installasie gebruik, wat aan 'n verbindingspyp gekoppel is en wat deur water vanaf 'n hoofwaterpyp voorsien word;
voorgeskrewe fooi" gelde, kostes of tariewe deur die raad bepaal en gehef ingevolge die Tariefbeleidverordening;
water" drinkwater, tensy anders gemeld;
waterbesparing"die handeling om water doeltreffend te gebruik en te bespaar;
waterdienste" of enige gedeelte daarvan, die ontrekking, vervoer, behandeling en verspreiding van drinkbare water, water wat bedoel is om in drinkbare water omskep te word of water vir kommersiële en nywerheidsgebruik en sluit reinigingsdienste in;
waterdienstefasiliteit" enige grond met infrastruktuur daarop, wat deur die munisipaliteit aangebring of gebruik word, of 'n opvangsgebied wat vir die voorsiening van water gebruik word;
waterdienstetussenganger" 'n persoon wat ingevolge 'n kontrak verplig is om waterdienste aan 'n ander persoon te verskaf waar die verpligting om waterdienste te verskaf bykomend is by die hoofdoel van daardie kontrak;
waterinstallasie" die pype en watertoebehore geleë op enige perseel, waarvan die eiendomsreg by die eienaar daarvan berus, wat gebruik word of bestem is om gebruik te word vir waterverbruik op sodanige perseel en omvat dit 'n pyp en watertoebehore geleë buite die grens van die perseel, wat òf aansluit by 'n verbindingspyp ten opsigte van sodanige perseel òf wat met die toestemming van die munisipaliteit gelê is en omvat dit ook 'n verbruikersinstallasie, soos bedoel in die Wet op Waterdienste, Nr 108 van 1997; en watervoorsieningstelsel" die strukture, waterleidings, pype, kleppe, pompe, meters en ander apparaat wat daarmee verband hou, waarvan die eiendomsreg by die munisipaliteit berus en wat gebruik word by die voorsiening van water en omvat dit enige deel van die stelsel;
TOEPASSING VAN HIERDIE VERORDENING
Hierdie verordening is ook van toepassing op 'n staatsorgaan
Tensy die teendeel bewys word, word 'n oortreding van hierdie verordening wat op 'n perseel begaan word, geag 'n oortreding te wees deur die-
eienaar van die perseel, indien die oortreding betrekking het op die waterinstallasie, uitgesluit die gebruik van water in die installasie, en verbruiker, indien die oortreding betrekking het op die gebruik van water in die waterinstallasie .
n Eienaar het nie nodig om 'n waterinstallasie of deel daarvan aan te pas om aan hierdie verordening te voldoen nie, indien sodanige installasie in ooreenstemming was met enige toepaslike wet wat van toepassing was, voor die inwerkingtreding van hierdie verordening.
Water word voorsien kragtens die bepalings van hierdie verordening, maar waar die Direkteur: Water van mening is dat dit nie redelik moontlik of koste effektief is om aan elke verbruiker in 'n besondere gebied water te voorsien, op die manier soos deur hierdie verordening beoog nie, kan die Direkteur: Water, in oorleg met die amptenaar in beheer van gesondheidsdienste van die munisipaliteit, 'n alternatiewe manier van watervoorsiening bepaal.
Indien die Direkteur: Water ingevolge subartikel 'n alternatiewe manier van watervoorsiening bepaal het, sal hierdie verordening, sover nodig, van toepassing wees om water aan sodanige gebied te voorsien, onderworpe aan sodanige voorwaardes as wat die Direkteur: Water mag bepaal.
Indien die munisipaliteit besluit om gebruik te maak van 'n eksterne diensverskaffer vir die voorsiening van water, bly hierdie verordening van toepassing en bly die raad die regulerende owerheid.
Indien goedkeuring vir installasiewerk verleen is voor die datum waarop hierdie verordening in werking tree, of indien goedgekeurde werk op sodanige datum aan die gang is, moet sodanige werk voldoen aan die wette wat ten opsigte van sodanige werk in die Stad van krag was voor sodanige datum.
Die Direkteur: Water kan vir 'n tydperk van 90 dae na die datum waarop hierdie verordening in werking tree, goedkeuring verleen vir installasiewerk ooreenkomstig die wette wat ten opsigte van sodanige werk in die Stad van krag was voor sodanige datum.
Enige ooreenkoms vir die lewering van water, wat voor die inwerkingtreding van hierdie verordening aangegaan is tussen die munisipaliteit en 'n verbruiker, wat nie die eienaar van die betrokke perseel is nie, bly van krag totdat -
die verbruiker die perseel ontruim, of daar 'n verandering in eiendomsreg van die perseel is, waarna die munisipaliteit slegs 'n ooreenkoms met die eienaar van die perseel sal aangaan.
MAGTE VAN DIE DIREKTEUR: WATER
Indien die waterinstallasie op 'n perseel of gedeelte daarvan volgens die Direkteur: Water se mening so gebrekkig of in so 'n toestand is dat dit watervermorsing of onnodige watergebruik, besoedeling van die watertoevoer, of 'n gesondheids- of veiligheidsrisiko veroorsaak of waarskynlik sal veroorsaak, kan die Direkteur: Water die eienaar skriftelik gelas om binne 'n bepaalde tydperk aan die bepalings van hierdie verordening te voldoen.
Die Direkteur: Water moet met die amptenaar, wat aan die hoof van die munisipaliteit se gesondheidsdienste staan, oorleg pleeg in alle gevalle van 'n moontlike gesondheidsrisiko of besoedeling van die omgewing.
Indien die Direkteur: Water rede het om te glo dat 'n waterinstallasie in so 'n mate gebrekkig is dat dit 'n gesondheids- of veiligheidsrisiko vir okkupeerders van die perseel kan skep of veroorsaak, kan hy of sy gelas dat die waterinstallasie op koste van die eienaar getoets of ontsmet word.
DIENSVLAKKE
Die raad kan van tyd tot tyd en in ooreenstemming met nasionale beleid, maar onderworpe aan beginsels van volhoubaarheid en bekostigbaarheid, by openbare kennisgewing, die vlakke van dienslewering bepaal wat dit aan verbruikers kan voorsien.
Die raad kan by die bepaling van diensvlakke, tussen verskillende verbruikers, geografiese en sosio-ekonomiese gebiede onderskei.
Onderworpe aan die bepalings van subartikel kan die munisipaliteit, by die inwerkingtreding van hierdie verordening, die volgende diensvlakke daarstel-
gemeenskaplike watervoorsieningsdienste, wat -
die minimum vlak van dienslewering is;
ii bestaan uit 'n netwerk van staankrane of 'n vaste watertenk, bedien deur 'n netwerkpyp of tenkwa, wat geplaas is binne redelike loopafstand vanaf enige huishouding;
gratis aan verbruikers gelewer word, en deur die munisipaliteit onderhou word.
erfaansluitings wat nie aan enige waterinstallasie gekoppel is nie, wat-
bestaan uit 'n ongemeterde staankraan op 'n perseel wat nie aan 'n water-installasie gekoppel is nie;
ii gratis aangelê word, en iii deur die munisipaliteit onderhou word.
wat teen betaling van die voorgeskrewe fooie aangelê is;
ii wat teen betaling van die voorgeskrewe fooie gelewer word, en iii waarvan die waterinstallasie deur die eienaar onderhou word.
AANSTELLING VAN GEMAGTIGDE BEAMPTES
Die Stadsbestuurder kan gemagtigde beamptes aanstel.
DELEGASIE
Die Stadsbestuurder kan enige van sy of haar bevoegdhede of pligte ingevolge hierdie verordening aan enige amptenaar van die munisipaliteit delegeer.
Die Direkteur: Water kan enige van sy of haar bevoegdhede of pligte ingevolge hierdie verordening aan enige amptenaar van die munisipaliteit delegeer.
BETREDING VAN 'N WATERDIENSTEFASILITEIT
Enige persoon wat 'n waterdienstefasiliteit betree moet die opdragte van die Direkteur: Water ten opsigte van die gebruik van en toegang tot die terrein, wat by die ingang daarvan aangebring is, nakom.
Enige persoon wat versuim om gehoor te gee aan die inhoud van 'n kennisgewing wat by die ingang van 'n waterdienstefasiliteit aangebring is, is skuldig aan 'n misdryf.
DREIGENDE NOODGEVALLE EN TOESTANDE WAT DRINGENDE AANDAG VERG
Die Direkteur: Water kan, in geval van dreigende noodgevalle of toestande wat dringende aandag verg, enige redelike maatreëls tref om sodanige dreigende noodgevalle of toestande te voorkom of uit te skakel.
Wanneer dreigende noodgevalle of toestande, bedoel in subartikel , op privaatgrond plaasvind, kan die Direkteur: Water -
die eienaar by skriftelike kennisgewing gelas om sodanige maatreëls te tref as wat nodig mag wees om sodanige dreigende noodgevalle of toestande te voorkom of uit te skakel, of indien die eienaar nie opgespoor kan word nie of die eienaar versuim om dadelik te voldoen aan die vereistes van die Direkteur: Water, sodanige maatreëls te tref as wat nodig mag wees om sodanige dreigende noodgevalle of toestande te voorkom of uit te skakel.
Indien 'n noodgeval in 'n waterinstallasie ontstaan is die eienaar aanspreeklik vir koste wat die munisipaliteit aangegaan het.
Die Direkteur: Water moet die Stadsbestuurder sonder versuim in kennis stel van enige handeling verrig ingevolge subartikel (b).
Indien van oordeel dat sodanige handeling dringend nodig is om watervermorsing, skade aan eiendom, lewensgevaar of waterbesoedeling te voorkom, kan die Direkteur: Water-
sonder voorafgaande kennis die watertoevoer na enige perseel afsluit, en sodanige perseel betree en sodanige noodwerk op koste van die eienaar verrig as wat hy of sy nodig ag en ook by skriftelike kennisgewing die eienaar gelas om binne 'n vasgestelde tyd sodanige bykomende werk te verrig as wat hy of sy nodig ag.
PLIG VAN DIE PUBLIEK
n Lid van die publiek, wat bewus word van enige dreigende noodgevalle of toestande wat dringende aandag verg of 'n toestand wat watervermorsing of -besoedeling tot gevolg kan hê, moet die Direkteur: Water onmiddellik daarvan inlig.
Enige persoon wat ingevolge subartikel handel en wie anoniem wil bly, kan versoek dat sy of haar naam nie in enige toekomstige regsaksie openbaar word nie.
VERHAAL VAN KOSTE
Enige persoon wat 'n bepaling van hierdie verordening oortree is aanspreeklik om enige verlies of skade wat die munisipaliteit as gevolg van sodanige oortreding ly, te vergoed.
Die munisipaliteit kan enige koste, wat dit redelikerwys aangegaan het om enige maatreël ingevolge hierdie verordening te tref, van enige persoon verhaal op wie 'n regsplig gerus het om daardie maatreëls te tref, insluitend-
die persoon aan wie 'n voldoeningskennisgewing beteken is;
die eienaar van die betrokke perseel, of die verbruiker.
Die Stadsbestuurder kan 'n lasgewing uitreik wat vereis dat die persoon, wat aanspreeklik is vir die koste, aangegaan ingevolge subartikel , daardie koste betaal op 'n datum gemeld in sodanige lasgewing en sodanige lasgewing dien as prima facie bewys van verskuldigde bedrag.
Indien 'n gemagtigde beampte bevind dat 'n bepaling van hierdie verordening oortree word, of dat 'n toestand ontstaan het wat moontlik kan lei tot 'n oortreding van hierdie verordening, kan sodanige gemagtigde beampte 'n voldoeningskennisgewing aan die verbruiker, die betrokke eienaar of die persoon wat die bepalings van hierdie verordening oortree, uitreik.
n Kennisgewing uitgereik ingevolge subartikel moet die volgende meld -
die bepaling van hierdie verordening wat oortree word of wat oortree sal word indien die toestand toegelaat word om voort te duur;
die maatreëls wat getref moet word om die toestand te herstel, en die tydperk waarbinne aan die kennisgewing voldoen moet word.
Indien die persoon, aan wie 'n voldoeningskennisgewing ingevolge subartikel beteken is, versuim om aan die vereistes van die kennisgewing te voldoen, kan die
Direkteur: Water, op koste van die verantwoordelike persoon, sodanige stappe neem as wat nodig mag wees om die toestand te herstel of enige ander noodsaaklike handeling verrig om voldoening te verseker.
VERANTWOORDELIKHEID OM HIERDIE VERORDENING NA TE KOM
Die eienaar is verantwoordelik vir nakoming van alle bepalings van hierdie verordening wat betrekking het op die waterinstallasie en die onderhoud daarvan.
Die verbruiker is verantwoordelik vir nakoming van alle bepalings van hierdie verordening wat betrekking het op die gebruik van water.
MISDRYWE EN STRAFBEPALING
Enige persoon wat-
n bepaling van hierdie verordening oortree of versuim om daaraan te voldoen;
versuim om te voldoen aan 'n kennisgewing wat ingevolge hierdie verordening uitgereik is; of versuim om te voldoen aan enige wettige opdrag wat ingevolge hierdie verordening gegee is; of n gemagtigde verteenwoordiger of werknemer van die munisipaliteit in die uitvoering van sy of haar pligte ingevolge hierdie verordening, hinder of dwarsboom, is skuldig aan 'n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete.
NIE-AANSPREEKLIKHEID
Die munisipaliteit is nie aanspreeklik vir enige skade aan eiendom, veroorsaak deur water wat by 'n aansluitingspasstuk wat oopgelaat is, uitvloei nadat die toevoer herstel is nie.
HERROEPING
Die verordeninge wat die raad of sy voorgangers ten opsigte van enige gedeelte van die Stad gemaak het word hiermee herroep in die mate uiteengesit in Bylae 1 hiertoe.
n Persoon wie se regte geraak word deur 'n besluit wat geneem is ingevolge 'n bevoegdheid of plig wat ingevolge hierdie verordening gedelegeer of gesubdelegeer is, kan teen daardie besluit appelleer, kragtens artikel 62 van die Wet op Plaaslike Regering, Nr 32 van 2000.
HOOFSTUK 2
BEPALINGS IN VERBAND MET DIE VOORSIENING VAN WATER
ONGEMAGTIGDE GEBRUIK VAN WATER
Niemand mag water uit die watervoorsieningstelsel gebruik nie-
tensy 'n ooreenkoms, waarna in artikel 19 of 20 verwys word, aangegaan is, of behalwe deur middel van 'n kommunikasiepyp, voorsien ingevolge artikel 26, of van 'n brandkraan voorsien ingevolge artikel 35, of behalwe deur middel van 'n gemeterde watervoorsieningspunt, aangebring deur die munisipaliteit.
AANSOEK VIR DIE LEWERING VAN WATER
Geen water uit die watervoorsieningstelsel word aan enige perseel voorsien nie, tensy die eienaar by die munisipaliteit daarvoor aansoek gedoen het en sodanige aansoek goedgekeur is.
n Aansoek om watervoorsiening wat deur die Direkteur: Water goedgekeur is vorm 'n ooreenkoms tussen die munisipaliteit en die eienaar en neem 'n aanvang op die datum gemeld in die aansoek.
Die eienaar is aanspreeklik vir alle fooie in verband met die voorsiening van water, soos bepaal ingevolge die Tariefbeleidverordening, totdat die toevoer op versoek van die eienaar onderbreek word of die ooreenkoms beëindig is ingevolge hierdie verordening, en word vir alle doeleindes, gedurende die bestaan van die ooreenkoms, geag die verbruiker te wees.
n Aansoek moet ten minste die volgende inligting bevat-
n verklaring dat die aansoeker bewus is van en vertroud is met die inhoud van die ooreenkoms;
aanvaarding deur die aansoeker van die bepalings van hierdie verordening en aanvaarding van aanspreeklikheid vir die koste vir watervoorsiening totdat die ooreenkoms beëindig word;
die naam van die aansoeker en sy of haar identiteitsnommer;
die adres of erfnommer van die perseel waaraan en waarop water voorsien moet word;
die adres waarheen rekeninge gestuur moet word;
die doel waarvoor die water gebruik gaan word;
die ooreengekome datum waarop watervoorsiening sal begin, en n onderneming deur die aansoeker om die munisipaliteit in kennis te stel van enige veranderinge aan bogenoemde inligting.
Water word voorsien kragtens die bepalings van hierdie verordening en die voorwaardes wat die Direkteur: Water mag stel.
Die eienaar moet, wanneer die doel of omvang van watergebruik waarvoor in subartikel (f) aansoek gedoen is, verander, die munisipaliteit onverwyld van sodanige verandering in kennis stel en 'n nuwe ooreenkoms met die munisipaliteit sluit.
SPESIALE OOREENKOMSTE VIR WATERVOORSIENING
Die raad kan 'n spesiale ooreenkoms aangaan om water aan 'n aansoeker buite die Stad te voorsien.
Indien die raad ingevolge 'n spesiale ooreenkoms onderneem om water aan 'n aansoeker buite die Stad te voorsien, kan dit die ander party toelaat om sodanige water aan ander persone te verkoop, onderworpe aan sodanige voorwaardes wat dit goed ag.
PYPE IN STRATE OF OPENBARE PLEKKE
Niemand mag sonder vooraf goedkeuring van die Direkteur: Water en onderworpe aan sodanige voorwaardes wat hy of sy bepaal, 'n pyp of soortgelyke komponent op, in of onder 'n straat of openbare plek of enige grond wat by die munisipalitieit berus of onder die munisipaliteit se beheer staan, aanlê of bou met die doel om water afkomstig van welke bron ookal te gelei nie.
FOOIE
Alle fooie wat betaalbaar is en in verband staan met watervoorsiening deur die munisipaliteit, moet in ooreenstemming wees met die Tariefbeleidverordening.
n Eienaar kan 'n ooreenkoms vir watervoorsiening beëindig deur die munisipaliteit minstens sewe dae vooraf skriftelik kennis te gee van die voorneme om dit te doen.
Die Direkteur: Water kan, deur minstens veertien dae vooraf skriftelik kennis te gee, 'n eienaar inlig oor die beëindiging van sy of haar ooreenkoms vir watervoorsiening indien-
hy of sy geen water gedurende die voorafgaande ses maande gebruik het nie en nie reëlings tot bevrediging van die Direkteur: Water getref het vir die voortsetting van die ooreenkoms nie, of hy of sy versuim het om die bepalings van hierdie verordening na te kom en, na uitreiking van 'n kennisgewing, in gebreke bly om sodanige versuim reg te stel, of hy of sy versuim het om enige fooie verskuldig en betaalbaar is, te betaal.
Die Direkteur: Water kan 'n ooreenkoms vir watervoorsiening opsê indien 'n verbruiker die perseel waarop die ooreenkoms betrekking het, ontruim het.
INMENGING MET DIE WATERVOORSIENINGSTELSEL
Niemand behalwe die munisipaliteit mag, tensy ingevolge hierdie verordening gemagtig -
infrastruktuur vir die voorsiening van water bestuur, bedryf of onderhou nie; of n aansluiting aan die watervoorsieningstelsel maak nie.
BELEMMERING VAN TOEGANG TOT DIE WATERVOORSIENINGSTELSEL
Niemand mag enige werknemer van die munisipaliteit verhinder om toegang tot die watervoorsieningstelsel te verkry of sy of haar toegang daartoe belemmer nie.
VOORSIENING VAN VERBINDINGSPYP
Niemand mag met enige ontwikkeling op enige perseel begin tensy die Direkteur: Water 'n verbindingspyp en meter aangelê het nie.
Indien 'n ooreenkoms vir watervoorsiening gesluit is, maar geen kommunikasiepyp (of kommunikasiepyp van 'n toepaslike grootte) vir die perseel aangelê is nie, moet die eienaar op die voorgeskrewe vorm aansoek doen vir die installering van 'n verbindingspyp en die voorgeskrewe fooi betaal.
Die Direkteur: Water bepaal -
die deursnit van die kommunikasiepyp aan die hand van die inligting wat die aansoeker ten tye van die aansoek verstrek het;
die ligging van die kommunikasiepyp;
die eindpunt van die kommunikasiepyp binne die grens van die grond waarvan die eiendomsreg by die raad berus of ten opsigte waarvan die munisipaliteit 'n servituut of ander reg het, die soort koppeling wat vir die aansluiting gebruik moet word, en die materiaal waarvan daardie gedeelte van die waterinstallasie, tussen die kommunikasiepyp en die eienaar se afsluitklep, waarna in artikel 36 verwys word, gemaak moet word en hoe sodanige gedeelte aangelê moet word.
Die Direkteur: Water kan, indien aansoek gedoen word vir die lewering van water aan 'n perseel, wat sodanig geleë is dat dit 'n uitbreiding van die watervoorsieningstelsel verg, alvorens water aan die perseel gelewer kan word, die uitbreiding magtig, onderworpe aan sodanige voorwaardes wat hy of sy bepaal.
Die eienaar moet op eie koste die koppeling tussen die waterinstallasie en die kommunikasiepyp of pype wat die perseel bedien, aanbring, tensy anders aangedui deur die Direkteur: Water.
Die eienaar moet die gedeelte van die waterinstallasie, waarna in subartikel (e) verwys word, sodanig heg dat dit nie kan beweeg nie.
Tensy die Direkteur: Water andersins toestem mag slegs een kommunikasiepyp aan 'n perseel voorsien word, ongeag die getal wooneenhede, sake-eenhede of verbruikers op sodanige perseel.
Die Direkteur: Water mag, onderworpe aan sodanige voorwaardes wat hy of sy bepaal, toestem tot die aansluiting by 'n hoofwaterpyp, elders as wat geredelik beskikbaar is vir die voorsiening van water aan die perseel; met dien verstande dat die eienaar verantwoordelik is vir enige uitbreiding van die waterinstallasie tot by aansluitingspunt wat die Direkteur: Water aangedui en goedgekeur het en dat die eienaar op sy of haar koste sodanige serwitute oor ander eiendomsregte wat nodig mag wees, moet bekom.
Tensy die sertifikaat van voldoening, waarna in artikel 53 verwys word, deur die munisipaliteit ontvang is, sal water nie aan 'n waterinstallasie deur middel van 'n kommunikasiepyp, wat vir doeleindes van bouwerk aangelê is, gelewer word nie, en indien so 'n sertifikaat nie ontvang is nie mag die Direkteur: Water sonder benadeling van die munisipaliteit, die watertoevoer aan die waterinstallasie afsny of inkort.
Indien die Direkteur: Water van mening is dat die grootte van die bestaande kommunikasiepyp 'n onvoldoende hoeveelheid water aan 'n perseel lewer, kan hy of sy by skriftelike kennisgewing die eienaar gelas om die voorgeskrewe fooie te betaal vir die verwydering van die bestaande kommunikasiepyp en die aanlê van 'n kommunikasiepyp van 'n toepaslike grootte.
a Die Direkteur: Water kan by skriftelike kennisgewing die eienaar van 'n perseel wat in verskillende wooneenhede verdeel is, gelas om op eie koste en binne die vermelde tydperk­
die waterinstallasie wat enige een eenheid bedien aan te pas sodat dit apart en onafhanklik is van die waterinstallasie wat enige ander eenheid bedien;
ii aansoek te doen vir 'n kommunikasiepyp wat elke eenheid bedien, en iii die waterinstallasie, waarna in paragraaf i verwys word, te koppel aan die kommunikasiepyp waarna in paragraaf ii verwys word.
b Die Direkteur: Water kan die eienaar van die eenheid, waarna in paragraaf ai verwys word, skriftelik kennis gee om ingevolge artikel 19 aansoek te doen vir die voorsiening van water.
Indien die Direkteur: Water van voorneme is om 'n kommunikasiepyp te vervang moet die eienaar nie minder nie as tien werksdae skriftelik kennis kry van die datum waarop die koppeling tussen die waterinstallasie en die nuwe kommunikasiepyp sal plaasvind.
Wanneer 'n perseel met 'n aantal kommunikasiepype bedien word, kan die Direkteur: Water gelas dat die eienaar die getal aansluitingspunte verminder en die waterinstallasie dienooreenkomstig aanpas.
AANSLUITINGS TUSSEN PERSELE
n Eienaar moet verseker dat daar geen aansluitings is nie tussen die waterinstallasie op die perseel en die waterinstallasie op 'n ander perseel, tensy die eienaar vooraf skriftelik goedkeuring van die Direkteur: Water het en voldoen het aan alle vereistes wat die Direkteur: Water gestel het.
VOORSIENING EN PLASING VAN AFSLUITKRAAN
Die Direkteur: Water moet 'n afsluitkraan tussen elke meter en hoofwaterpyp aanbring.
Die eienaar moet, op eie koste en vir sy of haar eie gebruik, 'n afsluitkraan aanbring-
in die geval van 'n meter wat op die perseel aangebring is, by 'n geskikte plek aan sy of haar kant van die meter;
in die geval van 'n meter wat buite die perseel aangebring is, by by 'n geskikte plek onmiddellik binne die grens van sy of haar perseel, met dien verstande dat, indien die eienaar sou versuim om dit te doen, die Direkteur: Water 'n afsluitkraan kan voorsien en aanbring op koste van die eienaar.
Niemand mag sonder die goedkeuring van die Direkteur: Water met die afsluitkraan aan die kommunikasiepyp, peuter nie.
ALGEMENE VOORSIENINGSVOORWAARDES
Die voorsiening van water deur die munisipaliteit vorm nie 'n onderneming om te enige tyd of te enige punt in die watervoorsieningstelsel -
n ononderbroke toevoer;
n spesifieke drukking of vloeitempo in die toevoer,of n spesifieke standaard van waterkwaliteit, te handhaaf nie, met dien verstande dat as die watertoevoer vir langer as 24 uur onderbreek word, die munisipaliteit sal poog om 'n alternatiewe watertoevoer so spoedig moontlik te verskaf.
Die Direkteur: Water kan bepaal op watter maksimum hoogte water vanuit die watervoorsieningstelsel voorsien sal word.
n Eienaar wat 'n ononderbroke toevoer, spesifieke drukking of vloeitempo of spesifieke standaard van waterkwaliteit op die perseel verlang, moet self reëlings daarvoor tref.
Die munisipaliteit kan sonder vooraf kennisgewing die watertoevoer na enige perseel onderbreek.
Indien die waterverbruik op 'n perseel, na die mening van die Direkteur: Water, die watervoorsiening aan 'n ander perseel nadelig raak, kan die Direkteur: Water sodanige beperkings as wat hy of sy nodig ag op die eersgenoemde perseel toepas om te verseker dat die ander perseel 'n redelike watertoevoer ontvang en moet hy of sy die eienaar en/of gebruiker van eersgenoemde erf van sodanige beperkings in kennis stel.
BEPERKING OF AFSNY VAN TOEVOER
Behoudens enige ander reg wat die munisipaliteit mag hê, kan die Munisipale Bestuurder by versuim van die verbruiker om 'n fooi verskuldig, ingevolge die
Tariefbeleidverordening, te betaal, die eienaar skriftelik in kennis stel van die voorneme om die watertoevoer op 'n bepaalde datum te beperk of af te sny en om die watertoevoer op of na die bepaalde datum te beperk of af te sny.
Behoudens enige ander reg wat die munisipaliteit mag hê, kan die Direkteur: Water 'n eienaar wat hierdie verordening oortree en wat nagelaat het om sodanige oortreding te herstel, binne die tydperk gemeld in 'n skriftelike kennisgewing wat op hom of haar beteken is, skriftelik in kennis stel van die voorneme om sy of haar watervoorsiening op 'n spesifieke datum te beperk of af te sny.
Die verbruiker/eienaar moet die voorgeskrewe fooi vir die beperking of afsnyding en die heraansluiting van die watertoevoer betaal; met dien verstande dat die watertoevoer nie herstel sal word voor alle sodanige fooie betaal is nie.
n Verbruiker wie se toegang tot watervoorsieningsdienste ingekort of afgesny was en dit opsetlik heraansluit, sal na skriftelike kennisgewing afgesny word.
ONDERBREKING VAN TOEVOER OP VERSOEK VAN EIENAAR
Die Direkteur: Water kan op skriftelike versoek van die eienaar van 'n perseel, wat vakant of onbewoon is, en op die verlangde datums -
die watertoevoer na die perseel afsny of beperk, en die watertoevoer herstel.
Die eienaar moet by goedkeuring van die versoek, bedoel in subartikel , die voorgeskrewe fooie betaal.
VERWYDERING VAN WATERAANSLUITING
Die Direkteur: Water kan 'n waterinstallasie by die verbindingspyp afsluit en die verbindingspyp verwyder indien-
die ooreenkoms vir watervoorsiening ingevolge artikel 23 beëindig is en die Direkteur: Water geen aansoek vir 'n verdere watertoevoer aan die perseel, wat deur die pyp bedien word, binne 'n tydperk van 90 dae na sodanige beëindiging, ontvang het nie, of die gebou op die betrokke perseel gesloop is, of die eienaar of okkupeerder onwettig ingemeng het met die watervoorsieningstelsel wat die betrokke perseel bedien.
METING VAN WATER WAT VOORSIEN WORD
Water wat aan 'n perseel voorsien word moet deur 'n meter vloei, wat aangebring is tussen die kommunikasiepyp en waterinstallasie, en op 'n plek wat die Direkteur: Water bepaal, met dien verstande dat dit nie nodig is om 'n meter aan te bring nie in die geval van-
n outomatiese sprinkel brandinstallasie;
n brandinstallasie ten opsigte waarvan maatreëls getref is om ongemagtigde water-aftapping, vir ander doeleindes as brandbestryding, op te spoor, of omstandighede soos deur die Direkteur: Water bepaal.
n Meter en verwante toebehore, voorsien en aangebring deur die munisipaliteit, is en bly die eiendom van die munisipaliteit en mag vervang word wanneer die Direkteur: Water dit goedvind.
Die munisipaliteit kan'n meter en verwante toebehore aanbring op enige plek in­
die waterinstallasie wat die perseel bedien, en die verbindingspyp wat die perseel bedien.
n Meter wat ingevolge subartikel (a) voorsien is, bly die eiendom van die munisipaliteit.
Indien die munisipaliteit 'n meter en verwante toebehore ingevolge subartikel (a) in die waterinstallasie aanbring -
moet die eienaar 'n plek vir die meter, wat die Direkteur: Water moet goedkeur, voorsien;
moet die eienaar te alle tye onbeperkte toegang daartoe verseker;
is die eienaar verantwoordelik vir die beskerming daarvan en aanspreeklik vir die koste van enige skade daaraan, uitgesluit skade as gevolg van normale verweer;
moet die eienaar toesien dat geen aansluiting aan die pyp, tussen die meter en die kommunikasiepyp wat die perseel bedien, waarin die meter aangebring is, gemaak word nie;
moet die eienaar voorsiening maak vir die dreinering van water wat mag lek uit die pyp waarin die meter aangebring is, tydens werk aan die meter deur die munisipaliteit, en mag die eienaar nie enige koppelstuk, masjien of ander toerusting, wat na die mening van die Direkteur: Water skade aan die watervoorsieningstelsel en meter veroorsaak of waarskynlik sal aanrig, in die waterinstallasie gebruik of toelaat dat dit gebruik word nie.
Slegs die munisipaliteit mag-
n meter en verwante toebehore ontkoppel van die pyp waaraan dit verbind was;
n seël op 'n meter breek, of op enige ander wyse inmeng met 'n meter en verwante toebehore.
Enige persoon wat subartikel oortree moet die munisipaliteit vergoed vir die koste van sodanige hoeveelheid water, wat na die oordeel van die Direkteur: Water voorsien is.
Indien die munisipaliteit 'n meter en verwante toebehore, ingevolge subartikel (b) aanbring, is 'n dienspyp nie nodig nie en die waterinstallasie word dan geag te begin by die koppeling met die kommunikasiepyp, welke koppeling 150 mm binne die grens moet wees van die grond, waarvan die eiendomsreg by die munisipaliteit berus of ten opsigte waarvan dit 'n serwituut of ander reg het.
Die Direkteur: Water kan op koste van die eienaar 'n meter of toestel wat volume beheer aanbring of laat aanbring vir elke deel, sake of wooneenheid op enige perseel, om die hoeveelheid water wat aan elke deel, sake of wooneenheid gelewer word, te bepaal.
Die Direkteur: Water moet onderhoud doen aan enige deel van 'n dienspyp, wat strek vanaf die verbindingspyp van die perseel na 'n meter en verwante toebehore geleë binne sodanige perseel, ongeag of daardie deel van die pyp deel uitmaak van die waterinstallasie, met dien verstande dat die eienaar die Direkteur: Water vrye toegang tot die pyp en/of meter moet gee en verantwoordelik is vir die herstel van die terrein na afhandeling van herstelwerk.
n Okkupeerder van 'n perseel moet in die geval waar 'n meter ingevolge subartikel (a) aangebring is, onmiddellik wanneer 'n lek in die dienspyp of aan die meter en verwante toebehore bemerk word, die munisipaliteit aldus inlig.
Indien toegang tot 'n meter, wat ingevolge subartikel (a) aangebring is, vir doeleindes van lesing geweier word, kan die Direkteur: Water -
by skriftelike kennisgewing, die eienaar van die perseel inlig van die voorneme om 'n ander meter op die verbindingspyp op koste van die eienaar aan te bring;
n rekening lewer vir die hoeveelheid water wat op sodanige perseel verbruik is, soos gemeet deur die meter op die verbindingspyp, en die koste van die meter wat in onbruik is van die eienaar verhaal.
Indien toegang tot 'n meter, wat ingevolge subartikel (a) aangebring is, vir doeleindes van lesing geweier word, is die eienaar vir die duur van sodanige weiering aanspreeklik vir die koste van die water wat vermors word as 'n lek op die meter en verwante toebehore sou ontstaan of waarneembaar is op daardie deel van die dienspyp binne die perseel, soos gemeet deur 'n meter aangebring ingevolge subartikel (a).
n Eienaar wat ingevolge artikel 47 by die munisipaliteit 'n plan indien vir goedkeuring van 'n struktuur op die grens van die perseel, en die bestaande meter ingevolge subartikel (a) aangebring is, moet by goedkeuring van sodanige plan en teen betaling van die voorgeskrewe fooie aansoek doen vir die verwydering van die meter op sy of haar perseel en die aanbring van 'n nuwe meter op die verbindingspyp n Eienaar wat ingevolge artikel 47 'n plan indien vir die goedkeuring van wysigings of uitbreidings aan 'n bestaande ongemeterde brandinstallasie, moet na oorweging van die aangepaste installasie en by goedkeuring van sodanige plan en teen betaling van die voorgeskrewe fooie aansoek doen dat die munisipaliteit 'n meter, volgens die grootte en tipe wat die Direkteur: Water voorskryf, aanbring as deel van die aansluiting tot die perseel.
n Eienaar wat ingevolge artikel 47 'n plan indien vir die goedkeuring van wysigings of uitbreidings aan 'n bestaande gemeterde waterinstallasie, moet na oorweging van die aangepaste installasie en by goedkeuring van sodanige plan en teen betaling van die voorgeskrewe fooie aansoek doen dat die munisipaliteit 'n meter, volgens die grootte en tipe wat die Direkteur: Water voorskryf, aanbring as deel van die aansluiting tot die perseel.
Indien die Direkteur: Water vereis dat voorsiening gemaak word vir aparte wateraansluitings vir 'n drinkwaterinstallasie en 'n brandinstallasie op dieselfde perseel, kan standaardwatermeters vir sodanige aansluitings gebruik word.
Indien die Direkteur: Water vereis dat 'n gesamentlike huishoudelike waterinstallasie en brandinstallasie, wat brandkrane insluit, 'n perseel bedien, moet 'n kombinasie meter of soortgelyke meter wat lae vloeitempo registreer op sodanige aansluiting angebring word.
n Aparte kommunikasiepyp moet aangelê en gebruik word vir elke outomatiese sprinkelstelsel.
Wanneer die eienaar of die persoon in beheer van die bestuur van enige perseel waarop daar 'n aantal wooneenhede is, 'n watertoevoer na die perseel verlang sodat elke eenheid 'n afsonderlike watertoevoer kan kry, kan die Direkteur: Water na sy of haar mening-
n enkel meter, vir die perseel as 'n geheel of enige getal sodanige wooneenhede, of n afsonderlike meter, op die grens van die eiendom waarvan die eiendomsreg by die munisipaliteit berus, vir elke wooneenheid of enige getal wooneenhede, voorsien en aanbring.
Indien die Direkteur: Water 'n enkel meter aangebring het, soos bedoel in subartikel 20a, moet die eienaar of die persoon in beheer of bestuur van die perseel, na gelang van die geval, aan elke pypvertakking vanaf die kommunikasiepyp na die onderskeie wooneenhede -
n afsonderlike meter aanbring; en/of n afsluitkraan aanbring, en sal teenoor die munisipaliteit aanspreeklik wees vir betaling van die voorgeskrewe fooie vir water voorsien aan die perseel, deur middel van sodanige enkel meter, ongeag die onderskeie hoeveelhede water wat die verskillende verbruikers, wat deur sodanige meter bedien word, verbruik het.
HOEVEELHEID WATER WAT VOORSIEN WORD
Vir doeleindes van meting van die hoeveelheid water wat gedurende enige tydperk deur 'n meter voorsien word, word dit geag, tensy die teendeel bewys kan word, dat-
die hoeveelheid aangedui word deur die verskil tussen die metings wat aan die begin en einde van sodanige tydperk geneem is;
die meter tydens sodanige tydperk akkuraat was; en die inskrywings in die boeke van die munisipaliteit korrek is, met dien verstande dat indien water voorsien word aan, of geneem word sonder dat dit deur 'n meter vloei, die hoeveelheid sodanige water wat die Direkteur: Water beraam, geag word korrek te wees.
WATERVOORSIENING MET 'N MUNISIPALE BRANDKRAAN
Die Direkteur: Water kan onderworpe aan sodanige voorwaardes as wat hy of sy mag voorskryf, 'n tydelike watertoevoer vanuit 'n brandkraan toelaat.
n Persoon wat 'n tydelike watertoevoer ingevolge subartikel verlang, moet daarvoor aansoek doen op die wyse voorgeskryf in artikel 19.
HERVERKOOP VAN WATER
Geen persoon aan wie water ingevolge hierdie verordening voorsien word, mag sodanige water herverkoop nie, behalwe-
waar dit toegelaat word ingevolge 'n spesiale ooreenkoms, waarna in artikel 20 verwys word, of met die voorafgaande skriftelike goedkeuring van die Direkteur: Water.
Indien die Direkteur: Water goedkeuring, waarna in subartikel (b) verwys word, verleen het, kan hy of sy die maksimum prys waarteen water herverkoop mag word, soos bepaal deur die raad, aandui bykomend tot sodanige ander voorwaardes wat hy of sy goed ag.
Die goedkeuring, waarna in subartikel (b) verwys word, kan te enige tyd ingetrek word.
FOUTIEWE METERS
Indien 'n verbruiker rede het om te vermoed dat 'n meter foutief is, kan hy of sy teen betaling van die voorgeskrewe fooie aansoek doen dat die meter getoets word.
Die voorgeskrewe fooie waarna in subartikel verwys word, word -
deur die munisipaliteit behou, indien gevind word dat die meter kragtens subartikel en nie foutief is nie, of aan die aansoeker terugbetaal, indien gevind word dat die meter foutief is.
n Meter ten opsigte waarvan die regulasies betreffende watermeters, uitgevaardig ingevolge die Wet op Handelsmetrologie en Standaarde, Nr 77 van 1973, van toepassing is, sal geag word foutief te wees indien, by toetsing ingevolge die regulasies, bevind word dat die persentasie afwyking by 'n oor- of onder registrasie meer is as wat toelaatbaar is vir 'n meter in gebruik ingevolge gemelde regulasies.
n Meter ten opsigte waarvan die regulasies, gemeld in subartikel nie van toepassing is nie, sal geag word foutief te wees indien bevind word dat die persentasie afwyking by 'n oor- of onder registrasie meer is as wat toelaatbaar is volgens SABS 1529:1999, Deel 4 en SANS 1525:1999, Deel 1, soos gewysig.
BERAMING VAN HOEVEELHEID WATER GELEWER MET FOUTIEWE METER
Wanneer gevind word dat 'n meter ingevolge artikel 373 of 4 foutief is, kan die Direkteur: Water die hoeveelheid water wat aan die verbruiker gelewer is, gedurende die tydperk waarin die meter na sy of haar oordeel foutief was, beraam volgens die gemiddelde daaglikse verbruik gedurende-
die tydperk tussen twee opeenvolgende meterlesings nadat die meter vervang is, of n tydperk in die vorige jaar wat ooreenstem met die tydperk waartydens die meter foutief was, of die tydperk van drie opeenvolgende meterlesings voordat die meter foutief geword het, welke ookal die Direkteur: Water die mees toepaslike ag.
Indien die hoeveelheid water wat aan 'n verbruiker gelewer is, gedurende die tydperk waarin 'n meter foutief was, nie beraam kan word soos bedoel in subartikel nie, kan die Direkteur: Water die hoeveelheid skat volgens enige beskikbare metode.
Die verbruiker moet ingelig word welke metode, soos bedoel in subartikel en , die Direkteur: Water gaan gebruik om die hoeveelheid water te skat wat aan hom of haar gelewer is, en ook die geleentheid kry om 'n voorlegging aan die Direkteur: Water te maak voordat 'n finale skatting gemaak word.
AANPASSING VAN HOEVEELHEID WATER GELEWER MET FOUTIEWE METER
Die hoeveelheid water wat met 'n foutiewe meter gelewer is, sal aangepas word in die tydperk, soos bedoel in artikel 38.
By die aanpassing van die hoeveelheid water volgens subartikel , word dit geag dat dieselfde hoeveelheid water tydens elke vier-en-twintig uur tussenpose, in die tydperk, soos bedoel in subartikel , gelewer is.
n Eienaar is nie geregtig op 'n vermindering van die fooie betaalbaar vir water wat in 'n waterinstallasie as gevolg van sigbare lekke, vermors of verspil word nie.
SPESIALE METING
Indien die Direkteur: Water, vir ander redes as om die fooie vir waterverbruik te beraam, die hoeveelheid water wat in 'n gedeelte van die waterinstallasie gebruik word wil meet, kan hy of sy die eienaar skriftelik in kennis stel van die voorneme om 'n meettoestel by 'n punt in die waterinstallasie aan te bring wat hy of sy mag aanwys.
Die aanbring van 'n meettoestel, waarna in subartikel verwys word, die verwydering daarvan en die herstel van die waterinstallasie na sodanige verwydering sal op koste van die munisipaliteit uitgevoer word.
Die bepalings van artikels 33 (b) en 34 , waar van toepassing, geld ten opsigte van die meettoestel wat ingevolge subartikel aangebring is.
Die munisipaliteit kan na ontvangs van 'n skriftelike versoek van die eienaar en onderworpe aan 'n reëling vir die betaling van die voorgeskrewe fooie, die meter lees, op 'n tyd en dag wat verskil van die waarop dit normaalweg gelees word, om die hoeveelheid water wat gelewer is te bepaal.
HOOFSTUK 3
WATERBEPERKINGS EN WATERBEWARING
WATERBEPERKINGS
Die raad kan, wanneer daar 'n skaarste aan water vir verspreiding en voorsiening aan verbruikers is, of vir enige ander goeie rede, deur middel van openbare kennisgewing­
waterverbruik in die Stad of 'n deel daarvan -
in die algemeen of vir spesifieke doeleindes;
ii gedurende spesifieke tye van die dag of op spesifieke dae; en iii op 'n spesifieke metode, verbied of beperk, en beperkings bepaal en oplê op die hoeveelheid water wat gedurende 'n gespesifiseerde tydperk verbruik mag word;
beperkings instel, of 'n verbod plaas op die gebruik of wyse van gebruik of die aard van toerusting deur middel waarvan water gebruik of verbruik word, of op die aansluiting van sodanige toerusting by die waterinstallasie, en die spesiale tariewe ten opsigte van waterbeperkings, bepaal ingevolge die Tariefbeleidverordening, instel.
Die raad kan die toepassing van die bepalings van 'n kennisgewing bedoel in subartikel tot 'n spesifieke gebied en/of kategorië van verbruikers, persele en aktiwiteite beperk en kan op redelike gronde afwykings, vrystellings en verslappings van enige van sodanige bepalings magtig, met dien verstande dat daar nie afgewyk mag word nie van die tariewe waarna in subartikel (d) verwys word.
Die Direkteur: Water kan gelas dat 'n verbruiker op eie koste sodanige maatreëls tref, waaronder die aanbring van meters en toestelle vir die beperking van watervloei, wat volgens sy of haar oordeel nodig is om nakoming van die kennisgewing bedoel in subartikel te verseker
Die Direkteur: Water-
mag, by versuim om te voldoen aan die bepalings van 'n kennisgewing bedoel in subartikel , die watertoevoer na enige perseel inkort of, vir sodanige tydperk wat hy of sy dit wenslik ag, beperk, en moet die watertoevoer wat ingevolge paragraaf (a) opgeskort is herstel slegs nadat die fooie vir die afsluiting en heraansluiting betaal is.
Die bepalings van hierdie artikel geld ook ten opsigte van water wat die munisipaliteit direk aan verbruikers buite die Stad voorsien, ondanks enigiets tot die teendeel vervat in die voorwaardes van sodanige voorsiening, tensy anders bepaal in die kennisgewing bedoel in subartikel .
Enige persoon wat die bepalings van 'n kennisgewing, gepubliseer ingevolge subartikel oortree, begaan 'n misdryf.
VERMORSING VAN WATER
Niemand mag, na die oordeel van die Direkteur: Water, opsetlik, nalatiglik of verkwisterig -
water vanuit aansluitingspasstukke uitlaat of toelaat dat water so uitgelaat word nie;
toelaat dat pype of watertoebehore lek nie;
ongeskikte of foutiewe watertoebehore gebruik of toelaat dat dit gebruik word nie;
die oorloop van water laat voortduur nie, of n onoordeelkundige gebruik van water laat voortduur nie.
n Eienaar moet enige deel van die waterinstallasie, wat in so'n toestand van verval is dat dit na die mening van die Direkteur: Water 'n gebeurlikheid gemeld in subartikel tot gevolg het of sal hê, herstel of vervang.
Indien 'n eienaar nalaat om te voldoen aan die bepalings van subartikel , kan die Direkteur: Water sodanige maatreëls tref as wat hy of sy dienstig ag en die koste van die eienaar verhaal.
a Elke verbruiker moet verseker dat die toerusting of materiaal wat aan die waterinstallasie gekoppel is, water doeltreffend benut.
b Die Direkteur: Water kan by skriftelike kennisgewing die gebruik van enige toerusting in 'n waterinstallasie, wat na sy of haar oordeel nie doeltreffend is nie of verkwistend is, verbied.
Wanneer die gebruik van toerusting ingevolge subartikel (b) verbied is, mag sodanige toerusting nie weer in gebruik gestel word nie totdat die doeltreffendheid daarvan herstel is en die Direkteur: Water 'n skriftelike aansoek in die verband goedgekeur het.
WATERBESPARING EN WATERAANVRAAGBESTUUR
Elke eienaar en verbruiker moet voldoen aan die goeie waterbesparings-en wateraanvraagbestuurspraktyke, uiteengesit in Bylae 2 van hierdie verordening.
HOOFSTUK 4
REGISTRASIE
Die raad kan by openbare kennisgewing, vereis dat waterdienstetussengangers of klasse tussengangers by die munisipaliteit registreer op 'n wyse in die kennisgewing gemeld.
VERSKAFFING VAN WATERDIENSTE
n Waterdienstetussenganger moet verseker dat waterdienste, ingesluit basiese waterdienste soos deur die raad bepaal, verskaf word aan diegene aan wie die tussenganger verplig is om dit te verskaf.
Die gehalte, hoeveelheid en volhoubaarheid van waterdienste verskaf deur 'n waterdienstetussenganger moet minstens dieselfde wees as die standaarde wat die munisipaliteit aan verbruikers bied.
FOOIE VIR DIE VERSKAFFING VAN WATERDIENSTE
n Waterdienstetussenganger mag nie vir waterdienste bedrae vorder teen 'n tarief wat nie aan enige norme en standaarde wat die Direkteur: Water voorskryf, voldoen nie.
n Waterdienstetussenganger moet gesubsideerde water, soos deur die raad ingevolge die Kredietbeheer en Skuldinvorderingsbeleidverordening bepaal en deur die munisipaliteit aan verbruikers gelewer, teen 'n tarief lewer wat dieselfde of minder is as die waarteen die munisipaliteit sodanige dienste lewer.
HOOFSTUK 5
GOEDKEURING VAN PLANNE
PROSEDURE VIR DIE GOEDKEURING VAN PLANNE
Indien `n eienaar `n nuwe waterinstallasie wil installeer, moet hy of sy eers die skriftelike goedkeuring van die Direkteur: Water daartoe verkry op planne wat vir ondersoek voorgelê moet word; met dien verstande dat goedkeuring nie nodig sal wees vir die herstel of vervanging van `n bestaande pyp of watertoebehore, anders as `n vasstaande warmwatersilinder en gepaardgaande beskermingsapparaat, in welke geval slegs `n kennisgewing vereis word.
Aansoek om die goedkeuring gemeld in subartikel moet op die voorgeskrewe vorm gedoen word en moet vergesel wees van-
die voorgeskrewe fooi, en die voorgeskrewe aantal afskrifte van tekeninge van die voorgestelde werk, soos gemeld in artikel 49.
Die bepalings van subartikels en is nie van toepassing op `n geregistreerde kontrakteur wat `n vasstaande warmwatersilinder en die gepaardgaande beskermingsapparaat vervang nie.
Goedkeuring wat ingevolge die bepalings van subartikel gegee is sal, onderhewig aan artikel 48, verval aan die einde van `n tydperk van 24 maande na die eerste dag van die maand waarin die goedkeuring gegee is.
VERLENGING VAN TYDPERK VAN GOEDKEURING
Die Direkteur: Water kan, op skritelike aansoek van die eienaar, voordat die oorspronklike tydperk verval het en onderhewig aan die betaling van die voorgeskrewe fooi, van tyd tot tyd die die geldigheid van die goedkeuring gegee ingevolge artikel 47 vir `n tydperk wat nie 12 maande per geleentheid oorskry nie, verleng, onderhewig aan sodanige voorwaardes as wat hy of sy mag goeddink.
TEKENINGE
Tensy die Direkteur: Water skriftelik anders bepaal het, moet tekeninge op velle wees wat nie kleiner is nie as A4 en moet inligting voorsien in die vorm wat vereis word deur Klousule 4.1.1 van die SANS 10252: 2004, Deel 1, `n afskrif waarvan by die Direkteur: Water verkry kan word.
Indien die besonderhede van die waterinstallasie op meer as een verdieping dieselfde is, hoef sulke besonderhede slegs ten opsigte van een verdieping geteken te word.
Indien meer as een waterinstallasie in `n gebou installeer moet word, kan sulke installasies op dieselfde tekening aangetoon word, met dien verstande dat hulle duidelik aangedui word.
n Skedule wat die getal van elke tipe aansluitingspasstuk en die grootte daarvan aandui, moet met elke tekening of stel tekeninge voorsien word.
AFSKRIFTE VAN TEKENINGE MOET OP DIE PERSEEL BESKIKBAAR WEES
Totdat die Direkteur: Water die sertifikaat van voldoening wat ingevolge die bepalings van artikel 53 ingedien moet word, ontvang het, moet `n volledige stel goedgekeurde tekeninge te alle tye op die perseel beskikbaar wees.
ONGEMAGTIGDE WERK
Indien ongemagtigde werk teenstrydig met die bepalings van artikel 47 gedoen is, kan die Direkteur: Water skriftelik vereis dat die eienaar van die perseel binne `n bepaalde tydperk aan die bepalings van daardie artikel voldoen en, indien die werk nog nie voltooi is nie, om sodange werk te staak en kan voorts van die eienaar vereis om alle werk wat nie aan die bepalings van hierdie verordening voldoen nie, te verwyder.
HOOFSTUK 6
INSTALLASIE DEUR LOODGIETERS
PERSONE WAT TOEGELAAT WORD OM INSTALLASIE-EN ANDER WERK TE DOEN
Niemand wat nie gekwalifiseer en geakkrediteer is nie ingevolge die bepalings van die Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, Nr 58 van 1995, mag-
installasiewerk waarvoor goedkeuring ingevolge artikel 47 benodig word, doen nie;
n vasstaande warmwatersilinder of die gepaardgaande beskermingsapparaat vervang nie;
n waterinstallasie, brandinstallasie of opgaartenk, inspekteer, ontsmet en toets nie, of n apparaat wat terugvloei verhoed, ingevolge die bepalings van artikel 59 diens, herstel of vervang nie.
Die Direkteur: Water kan `n register van sodanige gekwalifiseerde loodgieters hou.
Verantwoordelikhede van `n eienaar n Eienaar moet verseker dat die installasiewerk wat op sy eiendom gedoen word, deur `n gekwalifiseerde loodgieter uitgevoer word en aan die bepalings van hierdie verordening voldoen.
Indien installasiewerk teenstrydig met die bepalings van artikel 52 gedoen word, kan die Direkteur: Water by skriftelike kennisgewing van die eienaar van die betrokke perseel vereis dat sodanige werk gestaak word totdat hy of sy `n gekwalifiseerde loodgieter aangestel het om-
die werk te inspekteer en enige deel wat nie aan die bepalings van hierdie verordening voldoen nie, reg te stel;
die werk te toets en te ontsmet ingevolge die bepalings van artikel 54, en te verseker dat `n sertifikaat van voldoening, wat dit stel dat die werk wat gedoen is aan die bepalings van hierdie verordening voldoen, aan die Direkteur: Water voorgelê word.
HOOFSTUK 7
ONTSMETTING
ONTSMETTING VAN WATERINSTALLASIES, INSLUITENDE OPGAARTENKE
n Eienaar moet toesien dat `n nuwe waterinstallasie met water van die watervoorsieningstelsel gespoel word tot helder water by alle aansluitingstoebehore uitloop.
Indien die pype van `n waterinstallasie wat aan die hoofwaterpyp gekoppel is besmet raak, moet dit ontsmet word in ooreenstemming met SANS 10252:2004, Deel 1.
Die eienaar van `n perseel waarop `n opgaartenk installeer is moet, ten minste elke vyf jaar, toesien dat so `n tenk dreineer, inspekteer en ontsmet word in ooreenstemming met SANS 10252: 2004, Deel1.
Nieteenstaande die bepalings van subartikel ­
kan die Direkteur: Water, indien hy of sy van mening is dat die water in die opgaartenk of in die waterinstallasie wat deur so `n tenk bedien word, nie geskik is vir gebruik nie, by skriftelike kennisgewing van die eienaar vereis dat die tenk onverwyld dreineer en inspekteer word, en indien `n tenk oorstroom, of op enige manier onderwerp is aan `n toestand wat die inhoud daarvan kon besoedel, moet die eienaar onverwyld toesien dat die tenk dreineer en inspekteer word.
Voordat `n tenk of die waterinstallasie wat dit bedien bedoel in subartikel , weer in werking gestel word, moet dit skoongemaak en ontsmet word in ooreenstemming met SANS 10252: 2004, Deel1.
HOOFSTUK 8
ALGEMENE VEREISTES VIR WATERINSTALLASIES
VOORSIENING EN ONDERHOUD VAN WATERINSTALLASIES
`n Eienaar moet die waterinstallasie op eie koste voorsien en onderhou en moet, behalwe-
in die geval van `n koppeling aan die kommunikasiepyp, of waar dit ingevolge die bepalings van artikel 21 toegelaat word, verseker dat die installasie binne die grense van die perseel geleë is.
Voordat werk in verband met die onderhoud van `n gedeelte van die waterinstallasie wat buite die grense van die perseel geleë is, `n aanvang mag neem, moet die eienaar die skriftelike goedkeuring van die Direkteur: Water of die eienaar van die grond waarop sodanige gedeelte geleë is, verkry.
SKEDULE VAN AANVAARBARE PYPE EN WATERTOEBEHORE
Niemand mag `n pyp of watertoebehore in `n waterinstallasie installeer of gebruik nie, tensy dit gelys is in die Skedule van Aanvaarbare Pype en Watertoebehore, of andersins as in ooreenstemming met die voorwaardes, soos vervat in Bylae 3.
Nieteenstaande die bepalings van subartikel , kan die Direkteur: Water vir `n bepaalde gebruik in `n spesifieke installasie, die installasie van `n pyp of watertoebehore wat nie by die skedule ingesluit is nie, toelaat.
Die Direkteur: Water kan, ten opsigte van `n pyp of watertoebehore wat by die skedule ingesluit is, sodanige voorwaardes as wat hy of sy mag goeddink, stel ten opsigte van die gebruik of die metode van installasie daarvan.
Die Direkteur: Water kan te eniger tyd `n pyp of watertoebehore uit die skedule verwyder indien die pyp of watertoebehore-
nie meer voldoen aan die kriteria waarop die insluiting daarvan baseer was nie, of na sy of haar mening, nie meer toepaslik is vir die doel waarvoor dit aanvaarbaar gevind is nie.
Afskrifte van die huidige skedule is beskikbaar by die kantoor van die munisipaliteit gedurende werksure.
n Pyp of watertoebehore sal nie by die skedule waarna in subartikel verwys word ingesluit word nie, tensy dit die standaardisasiemerk van die SABS ten opsigte van die toepaslike SANS spesifikasie wat deur die Buro uitgereik is, dra;
n sertifiseringsmerk, uitgereik deur die SABS, dra wat sertifiseer dat die pyp of watertoebehore voldoen aan `n SABS Merkspesifikasie of `n voorlopige spesifikasie wat deur die SABS uitgereik is, op voorwaarde dat geen sertifiseringsmerke vir `n tydperk wat twee jaar oorskry, uitgereik sal word nie;
ingesluit is by die lys van watertoebehore wat deur JASWIC aanvaar is, of vir die Direkteur: Water aanvaarbaar is.
ONTWERPKRITERIA VIR WATERINSTALLASIES
n Eienaar moet verseker dat-
waterinstallasies voldoen aan SANS 10252: 2004, Deel 1, of soos dit gewysig mag word;
warmwatersilinder installasies voldoen aan SANS 10254: 2004, of soos dit gewysig mag word;
sonverhittingstelsels voldoen aan SANS 10106: 1972, of soos dit gewysig mag word;
die stoor van `n minimum hoeveelheid water wat gebruik word vir doeleindes anders as brandbestryding of lugversorging, voorsien word in ooreenstemming met Tabel 1;
die stoor van `n minimum hoeveelheid water wat gebruik word om toilette en urinale op kommersiële en industriële persele te spoel, voorsien word in ooreenstemming met Tabel 2;
die ontwerp van opgaartenke in ooreenstemming is met SANS 10252: 2004, Deel 1 en met artikel 58;
die gebruik van pype wat water aan enige installasie voorsien in ooreenstemming is met SANS 10252: 2004, Deel 1 en met Bylae 3, of soos dit gewysig mag word;
daar direk stroomaf van die isoleerklep waarna in artikel 28 (a) en (b) verwys word, `n nie-terugkeerklep van `n soortgelyke grootte as die dienspyp installeer word, en waar die doeltreffendheid van funksionele kleppe of aansluitingspasstukke benadeel kan word deur die deurgang van vaste stowwe wat dit kan verstop of beskadig, `n aanlyn filtreerder aangebring word in `n posisie wat onderhoud vergemaklik.
Die Direkteur: Water kan, op aansoek van die eienaar en by betaling van die voorgeskrewe fooi, die druk in die watervoorsieningstelsel met betrekking tot sy of haar perseel oor so `n tydperk as wat die eienaar mag versoek, bepaal en die eienaar daarvan in kennis stel.
Indien die Direkteur: Water van mening is dat `n pyp of watertoebehore van `n bepaalde tipe ontoepaslik is vir gebruik in sekere omstandighede, kan hy of sy by skriftelike kennisgewing aan die eienaar­
die gebruik daarvan verbied, of vereis dat aanvaarbare beskermingsmaatreels ingestel word.
Niemand mag watertoebehore of apparaat wat die watervoorsieningstelsel of `n ander waterinstallasie beskadig of moontlik kan beskadig as gevolg van drukstuwings, by `n waterinstallasie aansluit nie.
TABEL 1
Tipe verbruiker Stoorruimte benodig
Hospitale, klinieke, verpleeginrigtings, ouetehuise en ander geboue waaruit okkupeerders nie geredelik verwyder kan word in die geval van `n onderbreking in watervoorsiening nie. 250 liters vir elke bed wat die gebou ontwerp is om te akkommodeer.
Onderwysinrigtings 40 liters tot 50 liters per persoon
Meervuldige wooneenhede wat die hoogte soos bepaal in artikel 29 oorskry, of wat meer as drie verdiepings het, watter ookal die laagste is. 135 liters per wooneenheid.
Hotels, losieshuise en hostelle. 90 liters per persoon wat die gebou ontwerp is om te akkommodeer (insluitende personeel).
Restaurantkombuise (volle maaltyd voorbereiding) 8 to 12 liters per maaltyd wat voorberei word.
TABEL 2
Tipe verbruiker Stoorruimte benodig
Kommersiële persele (ingesluit winkels en kantore) 70 liters vir elke 100 vierkante meters van die totale vloeroppervlakte
Fabrieke 5 liters per persoon
Superwinkels (soos hipermarkte) 125 liters per toiletpan of 600mm urinaal
Onderwysinstellings 5 liters per persoon
Enige persoon wat `n opgaartenk installeer, moet dit in so `n posisie installeer dat die binne- en buitekante daarvan geredelik inspekteer, skoongemaak en onderhou kan word, behalwe as dit `n betonreservoir is wat ondergronds is of gedeeltelik in die grond ingesink is en ontwerp, opgerig en getoets is in ooreenstemming met SANS 10100-1 en SANS 1200-G, en waar slegs die binnekant toeganklik is vir inspeksie- en skoonmaakdoeleindes.
Niemand mag sonder die skriftelike toestemming van die Direkteur: Water, `n tenk wat begrawe of in die grond geplaas is, gebruik of toelaat dat dit gebruik word, vir die ontvangs van water wat deur die munisipaliteit voorsien word nie.
Enige persoon wat `n opgaartenk gebruik om water van `n drinkbare kwaliteit op te gaar, moet verseker dat-
dit van `n ontwerp is wat besmetting verhoed en in ooreenstemming is met die vereistes soos gestel deur die Direkteur: Water;
die oorloop- en ventilasiepype van `n tenk wat besmetting verhoed, afgesper is om toegang van insekte, diere en ander bronne van besoedeling te verhoed, en n tenk wat besmetting verhoed, in geheel omhul is met geen ander toegang na die binnekant nie, behalwe vir `n toegangspaneel in die kant daarvan om inspeksie en skoonmaak toe te laat, en wat op so `n hoogte is dat die tenk nie gebruik kan word tensy die inspeksiepaneel se deksel in plek is nie.
Tensy dit skriftelik deur die Direkteur: Water gemagtig is, moet elke kookketel, stoomketel of ander apparaat wat stoom opwek, gas produseer, gasenjin of olie enjin of enige ander apparaat waarmee of ten opsigte waarvan of waarin water wat deur die munisipaliteit voorsien word, gebruik word, deur middel van `n koue water voertenk wat `n lugslot gebruik om die inkomende hoofwaterpyp water vanaf die inhoud van die tenk af te sluit, voorsien word.
VOORKOMING VAN WATERBESOEDELING
n Eienaar moet maatreels wat deur die Direkteur: Water goedgekeur is instel en onderhou om toegang te verhoed van `n stof wat `n gesondheidsgevaar mag skep of die drinkbaarheid van water nadelig mag beinvloed, in die watervoorsieningstelsel, en enige deel vn die waterinstallasie op sy of haar perseel.
Die Direkteur: Water moet in elke geval die toepaslike mate waarvolgens terugvloeiing verhoed moet word, goedkeur.
HOOFSTUK 9
BRANDINSTALLASIES
BRANDINSTALLASIES
n Eienaar moet verseker dat slangtolle en brandkraaninstallasies voldoen aan SANS 10252:2004, Deel 1, en outomatiese sprinkelstelsels voldoen aan SANS 10287: 2000
Die Direkteur: Water kan `n aansoek om `n brandbestrydingsinstallasie by die munisipaliteit se hoofwaterpyp aan te skakel, toestaan of weier.
Geen water sal aan `n brandbestrydingsinstallasie voorsien word sonder `n sertifikaat van goedkeuring wat ingevolge artikel 53 uitgereik is en die installasie aan die vereistes van hierdie verordening voldoen nie.
Indien die Direkteur: Water van mening is dat `n brandbestrydingsinstallasie wat hy of sy toegelaat het om aan die munisipaliteit se hoofwaterpyp te laat koppel, nie in goeie werkende toestand gehou word of andersins nie behoorlik onderhou word nie, of gebruik word vir doeleindes anders as brandbestryding, kan hy of sy vereis dat die installasie van die hoofwaterpyp ontkoppel word of dit ontkoppel op koste van die eienaar.
Wanneer dit ookal nodig is om die druk in `n brandbestrydingstelsel te verhoog, moet die eienaar `n dubbele pypstelsel installeer; een vir brandbestrydingsdoeleindes en een vir algemene huishoudelike gebruik.
Alle pype en passtukke moet instaat wees om `n druk wat 1800 kPa oorskry te hanteer, indien sodanige druk verwag kan word as die druk verhoog word en moet instaat wees om hulle integriteit te behou in brandtoestande.
n Aparte kommunikasiepyp moet installeer en gebruik word vir elke sprinkel brandblusstelsel.
Die Direkteur: Water bepaal of outomatiese sprinkelstelsels gemeter moet word.
HOOFSTUK 10
VERSKEIE BEPALINGS INSAKE NIE-DRINKBARE WATER
GEBRUIK VAN WATER UIT ANDER BRONNE AS DIE MUNISIPALE WATERVOORSIENING
Niemand mag water wat uit `n ander bron as die munisipale watervoorsiening afkomstig is, vir huishoudelike doeleindes gebruik, of toelaat dat dit gebruik word nie, tensy die betrokke water deur die Direkteur: Water vir daardie doel goedgekeur is en daar aan die voorwaardes soos deur die Direkteur: Water bepaal, voldoen is nie.
Niemand mag water wat uit `n ander bron as die munisipale watervoorsiening verkry is, aan enige waterverspreidingstelsel koppel tensy die vooraf skriftelike goedkeuring van die Direkteur: Water verkry is nie en dan slegs in ooreenstemming met die voorwaardes soos bepaal deur die Direkteur: Water.
Enige eienaar van `n perseel waarop `n waterbron geleë is, moet binne 14-dae nadat `n versoek daartoe gerig is, die Direkteur: Water van sodanige besonderhede as wat verlang mag word, voorsien.
n Eienaar soos beoog by subartikel , moet op versoek, op eie koste die Direkteur: Water van sodanige sertifikate van wateranalise en bakteriologiese ondersoek as wat verlang mag word, voorsien.
Die Direkteur: Water kan enige toestemming wat ingevolge subartikel verleen is, herroep indien die Direkteur: Water van mening is dat­
n voorwaarde wat ingevolge daardie subartikel ingestel is, nie nagekom word nie, of die water nie meer aan die vereistes soos deur die Direkteur: Water gestel, voldoen nie.
Die bepalings van hierdie artikel stel nie `n persoon vry van die nakoming van die toepaslike bepalings van die Nasionale Waterwet, 1998 (Wet 36 van 1998) of enige ander tersaaklike nasionale wetgewing nie.
PUTTE, BOORGATE, SYFERGATE EN UITGRAWINGS
Elke eienaar van `n perseel moet verseker dat enige put, boorgat, syfergat of uitgrawing wat op sy of haar perseel geleë is-
sodanig beveilig is dat dit nie `n gesondheidsgevaar sal skep nie, en nie op so `n manier gevul, of met materiaal opgevul is, dat dit kan veroorsaak dat `n aanliggende put, boorgat of ondergrondse waterbron besoedel of besmet word nie.
KENNISGEWING VAN SINK OF GRAWE VAN BOORGATE, PUTTE EN SYFERGATE
Niemand mag `n boorgat, syfergat of `n put sink of uitgrawe, of toelaat dat dit gesink of uitgegrawe word nie, tensy die Direkteur: Water ten minste 14 dae vooraf skriftelike kennis van die voorneme om dit te doen, gegee is.
Die kennisgewing bedoel in subartikel moet die voorgestelde plek en doel waarvoor die water gebruik gaan word, stel.
Indien water wat verkry word van `n boorgat, of ander bron, op enige perseel gebruik word vir `n doel wat aanleiding daartoe gee dat sodanige water of `n gedeelte daarvan in die munisipaliteit se rioolstelsel gaan uitloop, moet die eienaar `n meter wat aan die munisipaliteit se spesifikasie voldoen, in die pyp wat van sodanige boorgat of ander bron lei na die punt of punte waar dit in die riool inloop, installeer.
Die raad kan, by openbare kennisgewing, van die eienaar van enige perseel waarop `n boorgat geleë is of, indien die eienaar nie so `n perseel bewoon nie, die okkupeerder, vereis dat kennis gegee word van die bestaan van `n boorgat op sodanige perseel en om sulke inligting omtrent die boorgat wat die raad mag vereis, te voorsien.
Die Direkteur: Water kan, indien hy of sy dit nodig ag, vereis dat `n studie op koste van die eienaar gedoen word ten einde vas te stel watter impak die voorgestelde put, boorgat of syfergat op die welstand van die gemeenskap mag hê.
VOORSIENING VAN NIE-DRINKBARE WATER DEUR DIE MUNISIPALITEIT
Die Direkteur: Water kan op aansoek ingevolge artikel 19, nie-drinkbare water aan `n verbruiker voorsien teen sodanige voorwaardes as wat hy of sy mag bepaal.
Enige water wat ingevolge die bepalings van subartikel voorsien word, mag nie vir huishoudelike doeleindes of enige ander doeleindes wat na die mening van die Direkteur: Water aanleiding mag gee tot `n gesondheidsgevaar, gebruik word nie.
VRYWARING TEN OPSIGTE VAN DIE KWALITEIT VAN NIE-DRINKBARE WATER
Geen waarborg, hetsy uitdruklik of stilswygend, is van toepassing op die suiwerheid of die toepaslikheid vir die doel waarvoor die voorsiening toegestaan is op enige nie­drinkbare water wat deur die munisipaliteit voorsien word nie.
Die gebruik van nie-drinkbare water is uitsluitlik op die risiko van die verbruiker, en die munisipaliteit is nie verantwoordelik vir enige gevolglike skade of verlies wat direk of indirek mag voortspruit uit die gebruik daarvan nie.
WAARSKUWINGSKENNISGEWINGS
n Eienaar van `n perseel waarop nie-drinkbare water gebruik word, moet verseker dat alle aansluitingspasstukke en alle apparaat wat water voorsien of gebruik duidelik met `n weerbestande kennisgewing gemerk is wat aandui dat sulke water nie vir huishoudelike doeleindes geskik is nie.
In `n gebied waar behandelde riooluitvloeiel gebruik word, moet die verbruiker op opsigtelike plekke weerbestande kennisgewings aanbring wat aandui dat die water nie geskik is vir huishoudelike doeleindes nie.
Elke waarskuwingskennisgewing wat ingevolge subartikels en vereis word, moet in die drie amptelike tale van die Provinsie wees.
Bylae 1
Kraaifontein Munisipaliteit Waterverordening: PK 842/1960, soos gewysig
Kraaifontein Munisipaliteit Addisionele Watervoorsieningsverordening: PK 848/1979, soos gewysig
Kuilsrivier Munisipaliteit Addisionele Watervoorsieningsverordening: PK 216/1978, soos gewysig
Weskus Skiereiland Munisipaliteit Watervoorsieningsverordening: PK 14/1997
Bylae 2
WATERAANVRAAGBESTUUR
Niemand mag sonder die vooraf skriftelike toestemming van die Direkteur: Water, met drinkwater `n tuin, sportveld, park, of ander grasbedekte gebied tussen die ure
:00 en 16:00 natmaak nie.
Waar `n tuinslang gebruik word om `n tuin, park of sportveld deur middel van `n drinkbare waterbron nat te maak, moet `n beheertoestel soos `n sproeier aan die tuinslang gekoppel word.
Niemand mag sonder die vooraf skriftelike toestemming van die Direkteur: Water, drinkwater gebruik om `n hardgemaakte oppervlak of plaveisel af te spuit nie.
n Tuinslang wat gebruik word vir die was van voertuie, bote en woonwaens moet met `n outomatiese self-sluitende apparaat toegerus wees.
Outomatiese opvulstelsels met dobberkleppe wat van `n drinkwaterbron gevoer word na swembaddens en tuinpoele is nie toelaatbaar nie.
Kommersiële motorwasserye moet `n minimum van 50% van die water wat gebruik word met die bedryf van die stelsel, hergebruik.
Handewasbakke in openbare fasiliteite moet toegerus wees met aanvraag tipe krane.
Storte in openbare fasiliteite moet toegerus wees met aanvraag tipe kleppe.
Drinkwater mag nie gebruik word om bousand en ander boumateriaal te benat ten einde te verhoed dat dat dit wegwaai nie.
Aftapkrane op staanpype moet op `n hoogte van ten minste 450mm, gemeet bokant grondvlak, wees.
Die maksimum stroomsneheid van enige kraan wat in `n handewasbak aangebring is, mag nie meer as 6 liters per sekonde wees nie.
Die maksimum stroomsnelheid van enige stortkop mag nie meer as 10 liters per minuut wees nie.
Toiletbakke mag nie `n groter kapasiteit as 9,5 liters hê nie.
Geen outomatiese spoelbak of storttenk mag gebruik word om `n urinaal te spoel nie.
Binne twee jaar na die afkondiging van hierdie verordening, moet alle outomatiese spoelbakke wat aan urinale gekoppel is, vervang word met hand geaktiveerde stelsels of apparate wat die spoelstelsel in werking stel slegs nadat die urinaal gebruik is.
Aansluitingspasstukke wat aan die buitekante van geboue, wat nie woonhuise is nie, installeer word, moet-
n self-sluitende apparaat bevat, of toegerus wees met `n verwyderbare handvatsel, of gesluit kan word om ongemagtigde gebruik te verhoed, of van `n aanvraagtipe wees wat die hoeveelheid water by elke gebruik beperk.
Water Oudit
Grootmaat waterverbruikers (daardie verbruikers wat meer as 3650 kiloliters per jaar gebruik), uitgesluit die wat uit veelvuldige wooneenhede bestaan, moet jaarliks `n wateroudit doen. Die oudit moet uitgevoer word nie later nie as twee weke na die einde van die munisipaliteit se finansiële jaar. Die ouditverslag moet beskikbaar wees vir inspeksie deur amptenare van die Departement van Waterwese en Bosbou, die Waterraad (waar van toepassing) en die munisipaliteit.
Die oudit moet die volgende behels-
die hoeveelheid water wat gedurende `n finansiële jaar verbruik is;
ii die bedrag betaal vir water vir die finansiële jaar;
iii die getal persone wat op die perseel of standplaas woon;
die getal persone wat permanent op die perseel of standplaas werk;
n vergelyking van die bogemelde faktore met daardie wat ten opsigte van die vorige drie jare rapporteer is (waar beskikbaar);
vi seisoensveranderinge in aanvraag (maandelikse verbruik);
vii besonderhede van besoedelingsmonitering metodes;
viii besonderhede van huidige maatreëls wat getref word om aanvraag van water te bestuur;
ix besonderhede van planne om wateraanvraag te bestuur;
n vergelyking van die bogemelde faktore met daardie wat in elk van die vorige drie jare gerapporteer is (waar beskikbaar), en xi n skatting van die waterverbruik van die verskillende komponente wat in gebruik is.
Niemand mag toelaat dat water wat in enige toerusting as `n hitte-uitruilingsmedium gebruik word, voortdurend vermors word nie, behalwe as dit gebruik word om `n voorgeskrewe vlak van opgeloste soliede dele in `n hersirkuleringsapparaat te onderhou.
Bylae 3
PYPE WAT GEBRUIK WORD OM DRINKWATER TE GELEI
Koperpype
Klas 0 en Klas 1 koperpype mag nie vir ondergrondse doeleindes aangewend word nie, tensy dit beskerm word met `n hulsel.
Klas 0 koperpype mag nie gebuig, oopgebuig of aan die ente verleng en tot `n hulsel omvorm word vir kappilêre tipe soldering nie.
Koperpype mag nie met brons gesweis of met silwer soldeer word nie.
Plastiekpype mag nie gebruik word in brandinstallasies of gekombineerde huishoudelike- en brandinstallasies bokant die grondoppervlak nie.
Plastiekpype wat drinkwater gelei, moet beskerm word teen sonlig.
Plastiekpype mag nie in `n posisie gebruik word waar deursypeling van gas of ander chemiese stowwe die water wat daarin vervoer word, mag besmet nie, tensy dit doeltreffend met `n ondeurdringbare hulsel beskerm word.
Waar plastiekpype gebruik word om warm water vanaf `n vasstaande warmwatersilinder installasie te gelei, moet die eerste 1,5 meters van die pypleiding van koper vervaardig wees.
Swart Staalpype
Swart sagtestaalpype en sy gepaardgaande passtukke mag nie gebruik word om water in huishoudelike installasies te gelei nie, tensy dit toepaslik aan die binnekant behandel en bedek is nie, en mag ook nie in die brandinstallasie gedeelte van `n gesamentlike installasie gebruik word op so `n manier dat dit die drinkbaarheid van die water in die gedeelte wat vir huishoudelike gebruik bedoel is, nadelig affekteer nie.
Gegalvaniseerde sagtestaalpype en waterpasstukke mag nie gebruik word in installasies wat aan die munisipaliteit se hoofwaterpyp gekoppel is en met water daarvandaan voorsien word nie.
Enige pyp wat water vanaf die munisipaliteit se hoofwaterpyp gelei, mag nie as `n integrale deel van `n betonstruktuur installeer word nie.
