Gratis basiese munisipale dienste
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Gratis basiese munisipale dienste is dienste wat die Regering aan arm huishoudings verskaf sonder dat hulle daarvoor hoef te betaal. Hierdie dienste sluit water, elektrisiteit, sanitasie en vullisverwydering in. Hierdie dienste word deur munisipaliteite gelewer en behels 'n minimum hoeveelheid elektrisiteit, water en sanitasie; genoeg om in die basiese behoeftes van 'n arm huishouding te voorsien. Beleid oor die lewering van basiese sanitasie en vullisverwydering moet egter nog deur die betrokke sektorale departemente, naamlik Waterwese en Bosbou en Omgewingsake en Toerisme , gefinaliseer word.
Gratis basiese water
Gratis basiese water behels 'n basiese hoeveelheid van minstens 6 kl water per huishouding per maand. Hierdie hoeveelheid mag van munisipaliteit tot munisipaliteit verskil, en daarom moet jy jou munisipaliteit kontak om uit te vind presies wat hulle diens van gratis basiese water behels. As jy meer water gebruik as die gratis voorraad waarop jy geregtig is, moet jy vir die ekstra hoeveelheid betaal.
Gratis basiese elektrisiteit
Die hoeveelheid gratis basiese elektrisiteit is 50 kWh per huishouding per maand indien jy op 'n energienetwerkstelsel aangesluit is . Hierdie hoeveelheid elektrisiteit sal genoeg krag lewer vir basiese beligting, basiese waterverhitting met 'n ketel, basiese strykwerk, en die gebruik van 'n klein swart-wit televisie en 'n radio.
Gebruikers wat voorafbetaalde elektrisiteitsmeters het, sal kan sien wanneer die gratis elektrisiteit opgebruik is, en hulle sal dan uit hulle eie sak meer elektrisiteit moet aankoop. Gebruikers met gewone of kredietmeters sal nie so maklik kan sien wanneer hulle hulle kwota gratis elektrisiteit opgebruik het nie. Hulle sal aan die einde van die maand 'n rekening kry vir die bykomende elektrisiteit wat hulle gebruik het.
Verbuikers wat nie tot elektrisiteit via die energienetwerkgrid toegang het nie, se munisipaliteite kan hulle moontlik voorsien van 'n energiestelsel wat nie aan die elektrisiteitsnet gekoppel is nie. Tree met jou munisipaliteit in verbinding om uit te vind watter alternatiewe energiebronne hulle verskaf.
Om water en elektrisiteit in jou huis of op jou besigheidsperseel te laat aansluit, moet jy in verbinding tree met die munisipaliteit van die gebied waarin jou nuwe huis of sakeonderneming geleë is.
In sekere gebiede voorsien die nasionale energieverskaffer, Eskom, die elektrisiteit regstreeks.
Gratis basiese sanitasie
Die regering het die program vir gratis sanitasie nog nie in werking gestel nie. Die Departement van Waterwese is besig om 'n raamwerk vir die lewering van gratis basiese sanitasie te ontwikkel. Sodra die strategie afgerond is, sal die plaaslike owerhede wat sanitasiedienste lewer, die program in werking stel.
Gratis basiese vullisverwydering
Die regering het nog nie die gratis vullisverwyderingstelsel in werking gestel nie. Die Departement van Omgewingsake en Toerisme ontwikkel tans 'n raamwerk vir die lewering van 'n gratis basiese vullisverwyderingsdiens. Sodra die strategie voltooi is, sal die plaaslike owerhede wat vullisverwyderingsdienste lewer, die diens in werking stel.
Betaling vir munisipale dienste
Daar is twee betalingsopsies vir munisipale dienste:
Vooruitbetaalde rekeninge n Vooruitbetaalde rekening beteken dat jy op eie koste eenhede aankoop en slegs soveel eenhede mag gebruik as wat jy gekoop het. Indien jy al die eenhede opgebruik het en nog meer nodig het, moet jy nog eenhede bykoop.
Gelewerde rekeninge
Gelewerde rekeninge laat u toe om enige hoeveelheid elektrisiteit of water te gebruik. Jou munisipaliteit sal maandstate aan jou pos wat aandui watter hoeveel elektrisiteit en water jy gebruik het en hoeveel die bedrag geld is wat u daarvoor moet betaal.
Bo
Stappe om te volg
Tree met jou plaaslike munisipale kantoor in verbinding.
Bring die volgende dokumente saam:
n gewaarmerkte kopie van jou identiteitsdokumen bewys dat jy 'n residensiële perseel bewoon of 'n sakeperseel gebruik
Vul 'n aansoekvorm in.
Betaal die voorgeskrewe fooi.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die verwerking van jou aansoek begin op die dag waarop jy jou aansoek om behoeftigheidsteun indien. Jou aansoek sal beoordeel word en daar sal besluit word of jy vir gratis basiese dienste in aanmerking kom of nie. Jy sal, na gelang van jou munisipale stelsel, geregistreer word as iemand wat vir Gratis Basiese Dienste in aanmerking kom, en dienooreenkomstig óf krediet óf die nodige steun ontvang.
Bo
Koste
Water : Die eerste 6 000 liter per huishouding per maand is gratis, en bykomende watergebruik word teen die munisipale tarief gefaktureer.
Elektrisiteit : 50kWh per maand vir 'n stelsel wat op 'n netwerk gebaseerde is.
Bo
Vorms om in te vul
Aansoek om behoeftigheidsteun Hierdie vorm is by die meeste munisipaliteite te kry. Vra by jou munisipaliteit inligting oor hoe om vir behoeftigheidsteun aansoek te doen.
Bo
Kontakbesonderhede
