Aansoek om 'n toelae vir 'n oudstryder     
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Oudstryder is iemand wat in die Eerste Wêreldoorlog , of in die Tweede Wêreldoorlog , of in die Koreaanse Oorlog diens verrig het.
Begunstigdes wat nie na hulleself kan omsien nie en gevolglik voltyds deur iemand anders gehelp moet word, kan bo en behalwe hulle maatskaplike toelaes ook vir 'n bystandstoelae aansoek doen.
Om vir hierdie toelae aansoek te kan doen, moet jy:
n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner van Suid-Afrika wees in Suid-Afrika woon op die tydstip wanneer die aansoek ingedien word jaar of ouer wees, of gestremd in die Eerste of die Tweede Wêreldoorlog of die Koreaanse Oorlog geveg het, of diens verrig het in die oorlog wat op 6 September 1939 begin het, en aan die vereistes van die middeletoets voldoen.
n Middeletoets word gebruik om die aansoeker se finansiële status te bepaal. Om 'n toelae te mag ontvang, moet jou finansiële peil laer as 'n sekere bedrag wees. In 2008 het die middeletoets vir 'n oudstryderstoelae vir 'n ongetroude persoon bepaal dat jy nie vir die toelae in aanmerking kom indien jou bates as ongetroude persoon meer as R451 200 werd is nie. 'n Huis wat aan jou behoort, word nie in berekening gebring indien jy daarin woon nie. Jou inkomste moet ook minder as R26 928 per jaar wees indien jy ongetroud is.
Indien jy getroud is, kom jy nie vir die toekenning in aanmerking indien jou en jou eggenoot se gesamentlike bates meer as R902 400 werd is nie. 'n Huis wat aan enigeen van julle twee behoort, word nie in berekening gebring indien julle daarin woon nie. Jou inkomste plus jou eggenoot se inkomste moet gesamentlik minder as R53 856 per jaar wees.
nie in 'n staatsinrigting versorg word nie geen ander maatskaplike toelae ontvang nie.
Die toelae kan op een van die onderstaande maniere uitbetaal word:
in konstant by 'n spesifieke betaalpunt op 'n spesifieke dag by wyse van 'n deposito in jou bankrekening in jou Postbank-rekening of via 'n inrigting . 
Bo
Stappe om te volg
Vul 'n aansoekvorm by jou naaste kantoor vir  kantoor in.
As jy te oud of te siek is om self by die kantoor te gaan aansoek te doen, moet jy iemand vra om namens jou 'n tuisbesoek aan te vra. Daardie persoon moet 'n brief van jou en 'n brief van 'n dokter saamneem wat verduidelik waarom jy die kantoor nie self kan besoek nie.
Vul jou aansoekvorm in 'n amptenaar van die departement se teenwoordigheid in.
Dien jou aansoekvorm saam met die onderstaande dokumente in:
jou Suid-Afrikaanse identiteitsdokument met die streepkode, indien jy 'n eggenoot het, ook jou eggenoot se ID
bewys van jou deelname aan die oorlog, soos 'n oorlogsertifikaat of jou oorlogsmedaljes indien jy jonger as 60 is, 'n mediese assesseringsverslag of 'n verslag wat verklaar dat jy nie in staat is om te werk nie.
Inligting oor jou huwelikstaat:
indien jy ongetroud is 'n beëdigde verklaring dat jy ongetroud is indien jy getroud is jou huweliksertifikaat indien jy geskei is jou egskeidingsbevel en indien jou eggenoot oorlede is jou eggenoot se doodsertifikaat.
Inligting oor jou inkomste en bates:
indien jy 'n werknemer is jou salarisstrokie indien jy werkloos is jou blou boekie van die Werkloosheidsversekeringsfonds of jou vorige werkgewer se ontslagsertifikaat indien jy 'n privaatpensioen ontvang: bewys van jou privaatpensioen indien jy 'n bankrekening het drie agtereenvolgende maandese bankstate en indien jy oor beleggings beskik inligting oor die rente en dividende wat jy daaruit verdien.
Sorg dat jy 'n kwitansie ontvang en bewaar dit as bewys dat jy 'n aansoek ingedien het.
Jy sal skriftelik in kennis gestel word of jou aansoek goedgekeur is.
Indien jou aansoek afgekeur word, sal die kantoor vir maatskaplike sekerheid jou skriftelik laat weet om watter redes jou aansoek afgekeur is.
As jy nie met die besluit saamstem nie, kan jy daarteen beswaar maak deur aan die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling of die Lid van die Uitvoerende Raad in die nasionale of provinsiale kantoor van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling te skryf en te verduidelik waarom jy nie saamstem nie.
Jy moet binne 90 dae na ontvangs van die kennisgewing met die uitslag van jou aansoek beswaar aanteken. 
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan 21 dae duur om jou aansoek te verwerk.
Indien jou aansoek goedgekeur word, sal jy vanaf die dag waarop jy aansoek gedoen het, betaal word.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
Helplyn: 0800 60 10 11
