Skakel waterdienste se blitslyn by 0860 10 30 54 om enige probleme met watergehalte, lekkasies en gebarste of verstopte pype aan te meld.
Waterbesparing is 'n leefwyse
Daar behoort geen bakterieë en chemiese stowwe teen konsentrasies wat 'n gevaar vir mense se gesondheid inhou, in drinkwater voor te kom nie."
Dit moet lekker wees om die water te drink."
Die verwydering van troebelheid en kleur uit die water en die afwesigheid van onaangename reuke en smake is van die grootste belang vir die drinkwatervoorraad."
DIE GEHALTE VAN DRINKWATER
WATERDIENSTE
Die watergehalte in die Stad Kaapstad is van 'n hoë gehalte. Dit kan daaraan toegeskryf word dat die meeste van die drinkwater in Kaapstad van onbesoedelde bergopvanggebiede afkomstig is. Die stad het ook uitstekende waterbehandelingsaanlegte.Meer as 320 000 chemiese en biologiese toetse word elke jaar uitgevoer op onbehandelde water wat die behandelingsaanlegte binnevloei en ook op behandelde water wat uit die behandelingsaanlegte na die verspreidingsnetwerk vloei.
Wetenskaplike Dienste Departement is toegerus met van die mees gevorderde water toetsing instrumente in die waterbedryf. Dit, tesame met 'n groep hoogs geskoolde en ervare wetenskaplikes en tegnici, waarborg dat die gehalte van die water wat aan die verbruikers voorsien word, aanvaarbaar is. Die Stad Kaapstad is verbind daartoe om gehalte kraanwater aan die verbruikers te voorsien. Alles word in die stryd gewerp om aan die hoogste internasionale standaarde vir drinkwater te voldoen.
Wetenskaplike Dienste doen veelvuldige toetse op watermonsters wat uit waterbehandelingsaanlegte, diensreservoirs en van verskeie punte in die verspreidingstelsel verkry word. Hierdie toetse moet aan die aanbevole riglyne van die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS 241) vir Drinkwater voldoen.
VRAE WAT DIKWELS GEVRA WORD
Hoe dikwels word water getoets?
Die gehalte van die water wat aan verbruikers verskaf word, word dwarsdeur die jaar weekliks by verskillende punte by die behandelingsaanlegte en in die verspreidingsnetwerk van die Kaapse Metropolitaanse gebied getoets.
Word Kaapstad se water herbenut?
Nee, ons drink nie herbenutte water nie, maar ons herbenut wel water vir ander gebruike soos vir nywerheids- en besproeiingsdoeleindes waarvoor drinkwater nie nodig is nie.
Hoekom is my water soms wit as ek die kraan oopdraai?
Dit is 'n onskadelike verskynsel en word veroorsaak deur lugborrels in die water. Die borrels word veroorsaak deur hoë druk in die verspreidingspypleiding wat water na jou huis vervoer. Laat die glas vir 'n rukkie staan en die gasborrels sal ontsnap.
Waarom proe en/of ruik my water snaaks?
Chloor wat by die water gevoeg word om bakterieë te vernietig, veroorsaak 'n 'swembadreuk'. 'n Skadelose stof, Geosmin, veroorsaak 'n grondreuk. Geosmin word afgeskei deur klein waterplante genaamd alge wat sekere tye van die jaar, bv. in die somer, in riviere en damme aangetref word.
Is daar chloor in my water en waarom word dit bygevoeg?
Chloor is 'n ontsmettingsmiddel en maak die bakterieë in water dood. Chloor is reeds sedert die einde van die negentiende eeu as ontsmettingsmiddel gebruik. Dit is toenemend wêreldwyd as 'n antibakteriële middel gebruik. Die aanwesigheid van chloor in water in pypleidings het sekere siektes wat deur water versprei word soos ingewandekoors, cholera en disenterie in baie wêrelddele voorkom en uitgewis.
In Suid-Afrika word dit by drinkwater gevoeg om te verhoed dat bakterieë weer groei in water reservoirs en die verspreidingstelsel wat water van die behandelingsaanlegte na jou huis vervoer. Die chloorvlakke as sodanig word gereguleer van die voorsieningspunt tot by die kraan in jou huis.
Moet ek eerder gebottelde water as kraanwater drink?
Daar bestaan geen rede waarom die mense in Kaapstad gebottelde water moet drink nie. Sommige mense verkies gebottelde water om gesondheidsredes of omdat hulle van die smaak hou. Chloor word by die bron by gebottelde water gevoeg, maar die ontsmettingsmiddel hou nie lank nie. As 'n ontsmettingsmiddel nie aanwesig is nie, kan die water besoedel word en kan bakterieë vermeerder terwyl dit opgegaar word. Dit gebeur veral na botteleering en terwyl die water op die winkelrak staan.
