Jy en Onderhoud: Onderhoud is in die Belang van jou Kind 
Wat gebeur as die Ouers ander Kinders het?
Wat gebeur as die Ouers ander Kinders het?
n Ouer se plig om sy of haar kinders te onderhou duur voort selfs as die ouer by wie die kinders woon ander kinders het.
As die ouer wat nie by die kinders woon nie, bekommerd is oor die welstand van die kinders, is hy of sy steeds verplig om onderhoud te betaal, hoewel hy of sy 'n klagte by die maatskaplike diens owerhede kan indien of by 'n hof aansoek kan doen om die kinders by hom of haar te laat woon.
As die ouer wat nie by die ouers woon nie self ander kinders het, moet hy of sy steeds onderhoud betaal.
Hy of sy moet steeds onderhoud betaal selfs as hy of sy nou by 'n nuwe maat en daardie maat se kinders woon.
Daar mag egter 'n verandering wees in hoeveel onderhoud die ouer moet betaal as hy of sy nog kinders van hulle eie sou hê.
UMTHAMO: Jy en Onderhoud: Onderhoud is in die Belang van jou Kind
Onderhoud is in die Belang van jou Kind
Wie het die Plig om te Onderhou?
Wat is die Onderhoudstelsel?
Hoekom moet Onderhoud Betaal word?
Hoe word Onderhoud Betaal?
Moet ek steeds Onderhoud Betaal as ? ?
Wat gebeur as die Ouers ander Kinders het?
Hoe word die Onderhoudbedrag Bereken?
Wat gebeur as Onderhoud nie Betaal word nie?
Wat kan ek doen om die Kinders se Belange te Beskerm as dit by Onderhoud kom?
