TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Ekonomiese Deelname
Die RED-deur - Ware Ondernemings-ontwikkelingsinisiatief
Publikasies
Openbare Inligting
OORSIG
DIENSTE
PUBLIKASIES
FASILITEITE
KONTAK
As jy mense in jou onderneming in diens neem, moet jy voldoen aan 'n reeks arbeidswette, waaronder dié wat geld vir:
Basiese Werksvoorwaardes
Werkloosheidsversekering
Beroepsgesondheid en -veiligheid
Onderhandelingsrade
Vaardigheidsontwikkeling
BASIESE VOORWAARDES VAN INDIENSNEMING
Die Wet op Basiese Voorwaardes van Indiensneming (WBVI) is van toepassing op alle werkers en sit die minimum standaarde uiteen vir enige werksverhouding, soos werksure. Lees 'n handige opsomming van die WBVI of besoek die Departement van Arbeid se webwerf vir meer inligting.
Relevante wetgewing:
Wet op die Basiese Voorwaardes van Indiensneming, 75 van 1997
Wet op Arbeidsverhoudinge, 66 van 1995
Alle werknemers en hulle werkgewers moet bydraes maak aan die Werkloosheidsversekeringsfonds. Kry meer inligting oor werkloosheidsversekering of besoek die Departement van Arbeid se webwerf .
Relevante wetgewing:
Wet op Werkloosheidsversekering, 63 van 2001
Wet op Werkloosheidsversekeringsbydraes, 4 van 2002
BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID
Werknemers kan vergoeding eis as hulle in die werkplek beseer word (onder sekere omstandighede) deur die regeringsgesondheids- en -veiligheidsprogram. Vind meer uit oor beroepsveiligheidsvereistes en vergoeding vir beroepsbeserings of besoek die Departement van Arbeid se webwerf vir besonderhede oor beroepsgesondheid en -veiligheid en inligting oor eise vir beroepsbeserings en -siektes.
Relevante wetgewing:
Wet op Beroepsgesondheids- en -veiligheid, 83 van 1993
Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 130 van 1993
Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 61 van 1997
REGISTRASIE VAN 'N ONDERHANDELINGSRAAD
Vakbonde en werkgewersorganisasies kan onderhandelingsrade vorm. Onderhandelingsrade hanteer gemeenskaplike ooreenkomste, los arbeidsgeskille op, bring verskeie skemas (fondse) op die been en kan selfs voorstelle maak oor arbeidsbeleid en -wette. Kry meer inligting op die Departement van Arbeid se webwerf.
Relevante wetgewing:
Wet op Arbeidsverhoudings, 66 van 1995
VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
Ondernemings moet hulle laat registreer by hulle Sektorale Onderwys- en Opleidingsgesag (SETA) vir die Vaardigheidsontwikkelingsheffing. Lees meer oor die Vaardigheidsontwikkelingsheffing of kry aanwysings oor hoe om te registreer en opleiding te kry op die Departement van Arbeid se webwerf.
Relevante wetgewing:
Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 97 van 1998 (soos gewysig)
Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 9 van 1999
MIV en vigs raak werknemers se welsyn en kan 'n uitwerking hê op produktiwiteit en winsgewendheid. Kry volledige inligting oor die opstel van werkplek MIV- en vigsbeleide en -programme .
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Wette en Beleid wat Klein Ondernemings Raak
Registrasie van Onderneming
Lisensies en Permitte
Belasting en Heffings
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 8 September 2008 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
