WETSONTWERP
Om voorsiening te maak vir die instelling van die Bestemmingbemarkings­organisasie; om voorsiening te maak vir die samestelling, bevoegdhede en funksies daarvan; om voorsiening te maak vir die bevordering van toerisme en die verwante ekonomiese ontwikkeling van die Wes-Kaap; om die Wes-Kaapse Wet op Toerisme, 1997, te herroep; en om voorsiening te maak vir sake wat daarmee in verband staan.
AANHEF
AANGESIEN die Provinsiale Regering (''die Regering'') verbind is tot die ekono­miese ontwikkeling van die Provinsie Wes-Kaap (''die Provinsie'') tot voordeel van al sy mense;
EN AANGESIEN die Regering erken dat ekonomiese ontwikkeling in die Provinsie die beste gesteun kan word deur die maksimering van die geleenthede geskep deur toerisme-, beleggings-en uitvoerbevordering en verwante gebeurtenisse;
EN AANGESIEN daar erken word dat die Regering die verantwoordelikheid dra om ekonomiese welvaart te fasiliteer deur die ontwikkeling van 'n geskoolde arbeidsmag en infrastruktuur;
EN AANGESIEN die Regering erken dat toerisme die sleutel tot die ontsluiting van die Provinsie en sy mense se ekonomiese potensiaal is, en die behoefte aan hersiene institusionele reëlings ten opsigte van toerisme in die Provinsie erken;
EN AANGESIEN die Regering erken dat munisipaliteite die wetgewende en uitvoe­rende bevoegdheid ten opsigte van plaaslike toerisme het asook die reg om plaaslike toerisme te administreer;
EN AANGESIEN die Regering en provinsiale plaaslike regeringsliggame in die Provinsie 'n gedeelde visie het om 'n enkele bestemmingbemarkingsorganisasie in te stel, en gesamentlik verbind is tot die groei van toerisme en belangrike gebeurtenisse;
EN AANGESIEN die Regering sy verantwoordelikheid vir die ekonomiese ontwikkel­ing van die Provinsie en die fasilitering van die groei en transformasie van die provinsiale ekonomie om die belange van al die mense van die Provinsie te weerspieël, erken;
EN AANGESIEN die Regering, in 'n gees van samewerkende regering en in vennootskap met plaaslike en nasionale regering en die private sektor, 'n gedeelde visie het om 'n enkele bestemmingbemarkingsorganisasie in te stel en verbind is tot die groei van toerisme;
ORD DAAR DERHALWE BEPAAL deur die Provinsiale Parlement van die Provinsie Wes-Kaap, soos volg:--
INHOUD
HOOFSTUK 1
UITLEG
Woordomskrywings HOOFSTUK 2 INSTELLING VAN BESTEMMINGBEMARKINGSORGANISASIE
Aanstelling en samestelling van Raad
Ampstermyn van Raadslede, en vulling van vakatures
Beëindiging van lidmaatskap van Raad
Vergaderings en besluite van Raad HOOFSTUK 3 INSTELLING VAN KOMITEES
Aanstelling en samestelling van komitees
Ampstermyn van lede van komitees, en vulling van vakatures
Beëindiging van lidmaatskap van komitee HOOFSTUK 4 DELEGASIES EN BESOLDIGING
Delegasie van bevoegdhede, funksies en pligte
Toelaes van Raadslede
Besoldiging en ander diensvoordele van werknemers van Raad HOOFSTUK 5 BEVOEGDHEDE EN PLIGTE VAN RAAD
Bevoegdhede en pligte van Raad HOOFSTUK 6 HOOF-UITVOERENDE BEAMPTE
Hoof-uitvoerende beampte
Bevoegdhede en funksies van hoof-uitvoerende beampte HOOFSTUK 7 BEFONDSING EN FINANSIËLE BEHEER
HOOFSTUK 9
PLAASLIKE TOERISMEVERENIGINGS EN
BESOEKERINLIGTINGSNETWERKE
Akkreditering van plaaslike toerismeverenigings
Register van geakkrediteerde plaaslike toerismeorganisasies
Instelling van Besoekerinligtingsnetwerk
HOOFSTUK 10
Die Maatskappy
Regulasies
Herroeping van Wet 3 van 1997
Kort titel en inwerkingtreding
HOOFSTUK 1
UITLEG
Woordomskrywings
In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken-- ''BBO'' die Bestemmingbemarkingsorganisasie, ingestel ingevolge artikel 2; ''die Maatskappy'' die Kaapstadse Toerisme-en Gebeurtenismaatskappy ('n vereniging geïnkorporeer kragtens artikel 21) (registrasienommer 2003/0044604/08); ''georganiseerde plaaslike regering'' 'n organisasie erken ingevolge artikel 2 van die Wet op Georganiseerde Plaaslike Regering, 1997 (Wet 52 van 1997) om plaaslike regering in die Provinsie te verteenwoordig; ''hierdie Wet'' ook enige regulasie kragtens hierdie Wet gemaak; ''komitee'' 'n komitee van die Raad, ingestel ingevolge artikel 8; ''Minister'' die provinsiale Minister van die Wes-Kaap wat verantwoordelik is vir Toerisme of sy of haar verteenwoordiger, wat in alle gevalle, uitgesonderd artikel 4 (a), in oorleg met die uitvoerende Burgemeester optree; ''Minister verantwoordelik vir Finansies'' die provinsiale Minister van die Wes-Kaap wat verantwoordelik is vir Finansies; ''munisipaliteit'' enige munisipaliteit in die Provinsie, ingestel ingevolge die Strukturewet; ''Provinsiale Parlement'' die Provinsiale Parlement van die Provinsie bedoel in artikel 105 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996); ''Provinsie'' die Provinsie Wes-Kaap; ''Raad'' die beheerliggaam van die BBO, aangestel ingevolge artikel 4; ''Raadslede'' lede van die Raad by artikel 4 beoog; ''Stad'' of ''die Stad'' die Stad Kaapstad; ''Strukturewet'' die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 (Wet 117 van 1998); ''uitvoerende Burgemeester'' die uitvoerende Burgemeester van die Stad soos omskryf in die Strukturewet, enige regsopvolger, of enige behoorlik aangestelde benoemde; ''voorsitter'' die voorsitter van die Raad, aangestel om as voorsitter te dien ingevolge hierdie Wet; ''voorskryf'' by regulasie voorskryf.
HOOFSTUK 2
INSTELLING VAN DIE BESTEMMINGBEMARKINGSORGANISASIE
Daar word 'n regspersoon, bekend as die Bestemmingbemarkingsorganisasie, ingestel wat bevoeg is om in eie naam eisend en verwerend op te tree en om al die handelinge te verrig wat nodig is vir die verrigting van sy funksies en die uitvoering van sy pligte, en wat deur 'n Raad beheer word wat aan die Provinsiale Parlement van die Wes-Kaap verslag moet doen.
Sonder inkorting van munisipaliteite se regte betreffende plaaslike toerisme moet die BBO die Provinsie as 'n toeristebestemming ontwikkel en bevorder, en met die oog hierop moet hy die volgende doelwitte nastreef:
die bestuur, beplanning en rig van die bemarkingsaktiwiteite van alle sektore van die Provinsie se toerismebedryf, naamlik vergaderings, aansporings­maatreëls, konvensies, uitstallings, die bemarking van gebeurtenisse en vryetydsaktiwiteite, en besoekers-en steundienste;
die ontwikkeling van nuwe toerismeprodukte en bestemmings;
samewerking met ander liggame wat betrokke is by die bemarking van die .lmbedryf en handel en van belegging in die Provinsie;
die voorsiening van 'n medium wat samewerking, deelname, besluitneming en befondsing deur die openbare en private sektor binne die konteks van die Provinsie se toerisme as geheel fasiliteer;
die ooreenbrenging van bemarkingsaktiwiteite in alle toerismesektore in die Provinsie in oorleg met bestaande entiteite;
die fasilitering van die strewe na transformasie-en bemagtingingsdoelstell­ings in alle sektore van die Provinsie se toerismebedryf;
die kweek van verhoudings en die aangaan van ooreenkomste met allerlei openbare asook private organisasies ter bevordering van die BBO se doelwitte; en die koestering van hegte samewerking tussen die openbare en die private sektor in die strewe na toerismegroei tot voordeel van al die mense van die Provinsie.
Aanstelling en samestelling van Raad
 Behoudens subartikel moet die Minister, na oorleg met die Provinsiale Parlement se Staande Komitee wat verantwoordelik is vir toerisme en met georgani­seerde plaaslike regering, die Raadslede aanstel.
Ondanks die bepalings van artikel 6 (f) word al die lede van die Raad van Direkteure van die Maatskappy op die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet geag behoorlik aangestelde lede van die Raad te wees vir die eerste 12 maande van die BBO se bestaan.
Raadslede mag slegs aangestel word nadat die Minister by kennisgewing in die Provinsiale Koerant en in die ander media wat die Minister geskik ag, alle belang­hebbende partye genooi het om binne die tydperk in die kennisgewing gespesi.seer, die name voor te lê van persone wat na die mening van daardie belanghebbende partye kennis van die toerismebedryf het of bemarkingskundiges is of strategieseleier­skapseienskappe op die gebied van organisasietransformasie het, en geskikte persone is om aldus aangestel te word, met vermelding van die gronde vir hul mening.
Die Minister moet die noodsaaklikheid dat die Raad die breë demogra.ese en geogra.ese samestelling van die Provinsie sal verteenwoordig, behoorlik in ag neem.
Die Raad bestaan uit hoogstens 12 lede, naamlik--
een lid benoem deur die Minister wat op sy eie handel;
een lid benoem deur die uitvoerende Burgemeester;
twee lede benoem deur georganiseerde plaaslike regering, waarvan die een kategorie B-munisipaliteite verteenwoordig en die ander kategorie C-munisipaliteite; en hoogstens agt lede deur die publiek benoem in ooreenstemming met die proses uiteengesit in subartikel .
Die Minister moet na oorleg met georganiseerde plaaslike regering 'n voorsitter en 'n ondervoorsitter vir die Raad uit die geledere van die Raad aanwys.
Ampstermyn van Raadslede, en vulling van vakatures
 Raadslede word aangestel vir 'n tydperk wat ten tyde van hul aanstelling bepaal word maar wat hoogstens twee jaar is.
Indien die amp van 'n Raadslid om enige rede vakant raak, kan die Minister na oorleg met georganiseerde plaaslike regering 'n persoon uit die kategorie van persone waaruit daardie lid oorspronklik as raadslid aangestel of benoem is, vir die onverstreke deel van die ampstermyn ooreenkomstig artikel 4 aanstel.
n Raadslid kan weer aangestel word, maar mag nie vir meer as drie opeenvolgende termyne dien nie: Met dien verstande dat die volgende tydperke nie in aanmerking geneem moet word wanneer die getal ampstermyne bereken word nie:
die twaalf-maande-tydperk bedoel in artikel 4 ; en enige onverstreke deel bedoel in subartikel .
Beëindiging van lidmaatskap van Raad
 Die amp van 'n Raadslid word vakant indien die lid--
insolvent of geestelik versteurd verklaar word deur 'n bevoegde hof;
uit sy of haar amp ontslaan word ingevolge subartikel ;
skuldig bevind word aan 'n misdryf en gevonnis word tot gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete, maar niemand mag geag word gevonnis te gewees het alvorens 'n appèl teen die skuldigbevinding of vonnis beslis is nie;
sonder verlof van die voorsitter afwesig is van drie opeenvolgende vergade­rings van die Raad;
sy of haar skriftelike bedanking by die voorsitter indien;
n lid van die Parlement, 'n Provinsiale Wetgewer, die raad van 'n munisipaliteit of die nasionale Kabinet of die Wes-Kaapse Provinsiale Kabinet word; of n werknemer van die Provinsie of 'n munisipaliteit word.
Vergaderings en besluite van Raad
 Die eerste vergadering van die Raad moet gehou word op 'n tyd en plek deur die Minister bepaal. Daarna moet die Raad vergader op die tye en plekke wat die voorsitter bepaal, maar die Raad moet minstens een keer elke drie maande vergader.
Die hoof-uitvoerende beampte moet binne sewe dae vanaf ontvangs van 'n skriftelike versoek wat deur minstens drie Raadslede geteken is, 'n spesiale algemene vergadering van die Raad belê.
Die kennisgewing waarkragtens 'n spesiale algemene vergadering van die Raad belê word, moet die sake van daardie vergadering meld, en geen ander sake mag op die spesiale algemene vergadering behandel word nie.
Die kworum vir 'n vergadering van die Raad is die meerderheid van al sy lede.
Die ondervoorsitter moet as voorsitter van die Raad optree wanneer die voorsitter afwesig is of nie in staat is om as voorsitter op te tree nie, en wanneer die voorsitter sowel as die ondervoorsitter afwesig is of nie in staat is om as voorsitter op te tree nie, moet die lede wat op daardie vergadering teenwoordig is, met 'n meerderheidstem een uit hul geledere kies om op daardie vergadering voor te sit.
Die besluit van 'n meerderheid van die lede wat op 'n vergadering van die Raad teenwoordig is, is 'n besluit van die Raad, en in geval van 'n staking van stemme oor enige saak het die persoon wat op die vergadering voorsit, 'n beslissende stem benewens sy of haar beraadslagende stem.
n Besluit wat deur die Raad geneem is op 'n tydstip dat daar 'n vakature in die Raad was, wanneer enige persoon wat nie geregtig was om as Raadslid te sit nie, wel as lid gesit het, is nie ongeldig nie indien--
a die besluit deur die meerderheid van al die Raadslede geneem is; en 15
b die lede wat die meerderheid uitgemaak het, geregtig was om as lede te sit.
Die Raad kan enige lid van 'n komitee wat nie 'n Raadslid is nie, toelaat om enige vergadering van die Raad waarop enige saak in verband met 'n funksie van daardie komitee behandel word, by te woon en kan daardie lid toelaat om aan die verrigtinge op so 'n vergadering deel te neem sonder om stemreg te hê.
Wanneer die Raad in sitting is, mag 'n lid nie deelneem aan die bespreking van, of deel hê in die neem van 'n besluit oor, enige saak waarin daardie lid of daardie lid se gade, vennoot, naasbestaande of werknemer enige persoonlike en regstreekse of onregstreekse geldelike belang het nie: Met dien verstande dat die Raad kan vereis dat enige lid wat so 'n belang verklaar het, homself of haarself moet onttrek aan die verrigtinge rakende daardie saak.
Enige lid van die Raad wat die bepalings van subartikel oortree, is skuldig aan 'n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens 12 maande.
Die notule van Raadsvergaderings moet geteken word deur die persoon wat op die volgende vergadering van die Raad voorsit.
Die Raad moet die Minister en die uitvoerende Burgemeester of hul behoorlik aangestelde benoemdes en die Provinsiale en Stadswerknemers verantwoordelik vir toerisme of hul onderskeie benoemdes toelaat om enige vergadering van die Raad by te woon en deel te neem aan die verrigtinge op daardie vergadering sonder om stemreg te hê.
HOOFSTUK 3
INSTELLING VAN KOMITEES
Aanstelling en samestelling van komitees
 (a) Die Raad kan, na oorleg met die Minister, komitees instel om die Raad behulpsaam te wees by die uitoefening van sy bevoegdhede, die verrigting van sy funksies en die uitvoering van sy pligte.
Enige komitees wat deur die Maatskappy se Raad van Direkteure aangestel is, word op die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet geag komitees te wees wat ingevolge hierdie artikel aangestel is, maar slegs vir die volgende 12 maande.
Die Raad kan komitees instel wat bestaan uit kundiges op die gebiede van, maar nie beperk nie tot--
vergaderings, aansporingsmaatreëls, konvensies en uitstallings;
gebeurtenisse;
nuwe toerismeprodukontwikkeling;
besoekerinligtingsdienste;
Komitees moet funksioneer onderworpe aan die opdragte deur die Raad bepaal.
n Komitee bestaan uit die getal lede deur die Raad bepaal, maar hoogstens 15, en elke komitee moet een lid van elke ander komitee as lid hê.
n Komitee moet 'n Raadslid of 'n behoorlik aangestelde benoemde as voorsitter hê.
Die Raad kan 'n komitee te eniger tyd ontbind.
Ampstermyn van lede van komitees, en vulling van vakatures
 'n Lid van 'n komitee beklee sy of haar amp vir 'n tydperk van hoogstens twee jaar, soos ten tyde van sy of haar aanstelling bepaal.
Indien die amp van 'n lid van 'n komitee om enige rede vakant raak, kan die Raad 'n persoon as lid van die komitee aanstel vir die onverstreke deel van die tydperk.
n Lid van 'n komitee wie se ampstermyn verstryk het, kan weer aangestel word, maar mag nie vir meer as drie termyne as lid van 'n komitee dien nie: Met dien verstande dat die onverstreke deel bedoel in subartikel nie in aanmerking geneem mag word wanneer die getal dienstermyne bereken word nie.
Beëindiging van lidmaatskap van komitee
Die bepalings van artikel 6 , met die nodige wysigings, is van toepassing op die ampsbeëindiging van 'n lid van 'n komitee.
HOOFSTUK 4
DELEGASIES EN BESOLDIGING
Delegasie van bevoegdhede, funksies en pligte
 Die Raad kan enige bevoegdheid, funksie of plig wat ingevolge hierdie Wet aan die Raad toegewys, opgedra of opgelê is, skriftelik delegeer aan enige Raadslid, aan enige komitee, of aan die hoof-uitvoerende beampte, wat daardie bevoegdheid, funksie of plig weer verder kan delegeer.
Die delegering van 'n bevoegdheid, funksie of plig kragtens subartikel verhinder nie die uitoefening van daardie bevoegdheid, die verrigting van daardie funksie of die uitvoering van daardie plig deur die Raad nie.
Die Raad kan te eniger tyd enige delegasie kragtens subartikel wysig of intrek, en kan sy bevoegdhede, funksies of pligte delegeer behoudens enige beperkings, voorskrifte of voorwaardes waarop die Raad besluit.
Die Raad kan enige besluit wat ingevolge 'n delegasie kragtens subartikel geneem is, in oënskou neem en wysig behoudens enige regte wat moontlik toegeval het en met deeglike inagneming van die bepalings van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Beregting, 2000.
Toelaes van Raadslede
'n Raadslid en 'n lid van 'n komitee moet aangestel word op daardie bedinge en voorwaardes, en kan daardie toelaes betaal word en uit die fondse van die Raad vergoed word vir daardie uitgawes wat gesamentlik deur die Minister met die instemming van die Minister verantwoordelik vir Finansies bepaal word.
Besoldiging en ander diensvoordele van werknemers van Raad
Die Raad kan in oorleg met die Minister en die Minister verantwoordelik vir Finansies--
die besoldiging, toelaes, bonusse, subsidies en pensioene en ander diens­voordele vir sy werknemers bepaal en aan hulle betaal; en grati.kasies vir sy werknemers en voormalige werknemers bepaal en aan hulle betaal, en vir die afhanklikes van sy werknemers en voormalige werknemers in die geval van afsterwe of van besering van daardie werkne­mers wat in die loop van hul diens voorgekom het.
HOOFSTUK 5
BEVOEGDHEDE EN PLIGTE VAN RAAD
Bevoegdhede en pligte van Raad
 Ten einde sy doelwitte te bereik kan die Raad--
in oorleg met die Minister en die Minister verantwoordelik vir Finansies onroerende eiendom huur, koop of andersins aanskaf, verhuur, verkoop, ruil of vervreem, met 'n verband of serwituut beswaar of enige saaklike reg daarop verleen;
roerende eiendom huur, koop of aanskaf, verhuur, verkoop, ruil of vervreem, verpand of enige ander saaklike reg daarop verleen;
met enige regering, provinsiale administrasie of plaaslike regering of enige ander raad of persoon, in die Republiek of elders, onderhandel of saamwerk in verband met enige aangeleentheid wat regstreeks of onregstreeks ten doel het om die Raad se doelwitte te verwesenlik;
ooreenkomste met 'n dergelike liggaam, binne die Republiek of elders, aangaan ter bevordering van toerisme in die onderskeie gebiede waarvoor die Raad en daardie liggaam ingestel is, en vir daardie doel kan die Raad of 'n lid of lede van die Raad reise binne en buite die Republiek onderneem;
in oorleg met die Minister kantore wat nodig of raadsaam is vir die effektiewe en behoorlike uitoefening van sy bevoegdhede, die verrigting van sy funksies en die uitvoering van sy pligte, oopmaak en administreer;
versekeringsdekking--
vir homself kry teen enige verlies, skade, risiko of aanspreeklikheid wat hy kan ly of waaraan hy hom kan blootstel; en ii vir die Raadslede, lede van komitees en werknemers kry teen liggaam­like besering, ongeskikmaking of afsterwe uitsluitlik en regstreek as gevolg van 'n ongeluk wat plaasvind wanneer hulle hul pligte as lede of werknemers verrig;
bankrekenings open en bedryf by 'n bank soos omskryf in die Bankwet, 1990 (Wet 94 van 1990);
boeke, gidse, kaarte, publikasies, foto's, .lms, video's en dergelike materiaal met betrekking tot toeristeattraksies en dienste in die Provinsie wat ter inligting van persone in die Republiek of elders bedoel is, opstel, maak, publiseer en verkoop of gratis beskikbaar stel;
inligting met betrekking tot toerisme in die Provinsie insamel, evalueer en verwerk, en die inligting beskikbaar stel aan persone wat by die toerismebed­ryf betrokke is;
advies en leiding oor bemarking gee aan persone wat by die toerismebedryf in die Provinsie betrokke is;
met die oog op die effektiewe bemarking van en die verskaffing van inligting aangaande enige diens, fasiliteit of produk wat in verband met toerisme aangebied word, onderskeidende tekens en bewoording wat die Raad goed ag, bepaal en publiseer en die gebruik daarvan reguleer;
persone in diens neem en die diens van persone beëindig;
in oorleg met die Minister en die Minister verantwoordelik vir Finansies, enige persioen-of voorsorgfonds of mediese skema tot voordeel van die BBO se werknemers instel, bestuur en administreer, of so 'n fonds of skema deur 'n ander persoon of liggaam laat administreer;
met enige opvoedkundige instelling onderhandel en saamwerk in verband met die instelling, voortsetting of uitbreiding van kursusse vir die opleiding van persone vir loopbane in die toerismebedryf;
aansporingskemas en gradering-, klassi.sering-en akkrediteringstelsels aan­beveel en daardie skemas en stelsels administreer;
die gebruik van handelsname deur die BBO goedkeur; en enige ander handelinge verrig wat tot die verwesenliking van die Raad se doelwitte kan bydra.
Ten einde sy doelwitte te bereik moet die Raad--
saamwerk met die provinsiale regering en munisipaliteite om die toerismeontwikkeling-en bemarkingstrategieë van die Provinsie en munisi­paliteite te implementeer;
transformasiedoelwitte met die bedryfsaktiwiteite van die Raad integreer;
saamwerk met ander nasionale en provinsiale openbare entiteite, veral dié wat getaak is met handels-en beleggingsbevordering; en saamwerk met sektor-spesi.eke liggame soos dié in die wynbedryf en die .lmbedryf ter bevordering van provinsiale attraksies.
HOOFSTUK 6
HOOF-UITVOERENDE BEAMPTE
Hoof-uitvoerende beampte
 Behoudens subartikel moet die Raad, in oorleg met die Minister en na 'n openbare adverteringsproses, 'n geskikte persoon met kennis van en ondervinding in bestuur, bemarking en toerisme as die hoof-uitvoerende beampte van die BBO aanstel.
Die hoof-uitvoerende beampte moet ingevolge 'n vastetermyn-, prestasiegebonde kontrak vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar aangestel word en kan by verstryking van daardie tydperk weer aangestel word.
Indien die hoof-uitvoerende beampte afwesig is of om enige rede nie in staat is om sy of haar funksies te verrig nie, of wanneer daar ook al 'n vakature in die kantoor van die hoof-uitvoerende beampte is, moet die Raad 'n ander persoon aanstel om as hoof-uitvoerende beampte van die BBO op te tree tydens die hoof-uitvoerende beampte se afwesigheid of onvermoë of totdat 'n hoof-uitvoerende beampte ingevolge subartikel aangestel is.
n Waarnemende hoof-uitvoerende beampte moet vir die duur van sy of haar aanstelling die funksies van die hoof-uitvoerende beampte verrig.
Ondanks die bepalings van subartikel word die hoof-uitvoerende beampte van die Maatskappy, soos op die datum van inwerkingtreding van hierdie Wet, geag die behoorlik aangestelde hoof-uitvoerende beampte van die BBO te wees vir die onverstreke termyn van die hoof-uitvoerende beampte se diensooreenkoms met die Maatskappy.
Bevoegdhede en funksies van hoof-uitvoerende beampte
Benewens die bevoegdhede, funksies en pligte wat ingevolge die bepalings van hierdie Wet of deur die Raad aan die hoof-uitvoerende beampte opgedra word, moet die hoof-uitvoerende beampte--
toesien dat die BBO sy funksies ingevolge hierdie Wet verrig;
in bevel wees van die ander werknemers van die Raad;
verantwoordbaar wees aan die Raad;
toesien dat behoorlik notule gehou word op vergaderings van die Raad en komitees;
vergaderings van die Raad bywoon; en n kopie van die notule daarvan binne 14 dae vanaf 'n Raadsvergadering voorlê aan die Minister en die uitvoerende Burgemeester en enige ander beamptes deur die Provinsie en die Stad benoem.
HOOFSTUK 7
 Die fondse van die BBO bestaan uit--
geld wat deur die Provinsiale Parlement vir dié doel bewillig word;
geld wat deur die raad van 'n munisipaliteit vir dié doel bewillig word; en geld wat deur enige persoon of instelling aan die BBO geskenk word.
Aanvaarding deur die BBO van geld by subartikel (b) of (c) beoog is onderworpe aan enige toepaslike bepalings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet 1 van 1999) en enige regulasies ingevolge daarvan.
Die Raad se .nansiële beheer, verantwoordbaarheid en verantwoordelikheid en sy verslagdoeningspligte word gereguleer deur die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999, en enige regulasies of voorskrifte ingevolge daardie Wet uitgereik.
Die Raad moet aan enige munisipaliteit wat fondse vir die BBO verskaf en enige ander munisipaliteit wat aldus versoek, die verslae of state in artikel 55 (d) van die Wet op Openbare Finansiële Beheer, 1999 bedoel, voorlê binne die tydperk in daardie artikel bedoel.
HOOFSTUK 8
 Die Raad moet saamwerk met en deelneem aan enige instellings (deur die Provinsie tot stand gebring) ter bevordering van belegging, die handel, die .lmbedryf en ander verwante sektore, ten einde inter-institusionele samewerking te bevorder met betrekking tot--
gesamentlike beplanning;
gesamentlike monitering en evaluering; en gesamentlike verslagdoening, wat sal verseker dat hul strategieë en operasies ooreenstem.
Die BBO, die Provinsie en enige munisipaliteit wat betrokke is by die funksies van die BBO moet toesien dat die bepalings oor samewerkende bestuur in artikel 41 (h) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, ten volle nagekom word.
HOOFSTUK 9
PLAASLIKE TOERISMEVERENIGINGS EN
BESOEKERINLIGTINGSNETWERKE
Akkreditering van plaaslike toerismeverenigings
n plaaslike toerismeorganisasie of enige dergelike toerismeorganisasie wat deur 'n munisipaliteit ingestel is, akkrediteer; en akkrediteringskriteria formuleer en voorskryf vir die akkreditering van 'n plaaslike toerismevereniging of enige dergelike toerismeorganisasie.
Register van geakkrediteerde plaaslike toerismeorganisasies
Die BBO moet 'n register byhou van alle geakkrediteerde plaaslike toerismeor­ganisasies of enige dergelike organisasies wat deur 'n munisipaliteit ingestel is.
Instelling van Besoekerinligtingsnetwerk
Die BBO kan 'n Besoekerinligtingsnetwerk, gebaseer op patrone en aanvraag, instel en akkrediteer ooreenkomstig die kriteria wat die Raad bepaal.
HOOFSTUK 10
 Die Wes-Kaapse Toerismeraad, ingestel ingevolge die Wes-Kaapse Wet op Toerisme, 1997 (Wet 3 van 1997) (hierna die Wes-Kaapse Toerismeraad genoem), word ontbind.
Die BBO is die regsopvolger van die Wes-Kaapse Toerismeraad.
Met ingang van die datum waarop hierdie Wet in werking tree--
word die bates, laste en rekords van die Wes-Kaapse Toerismeraad na die BBO oorgedra;
word personeel wat in diens van die Wes-Kaapse Toerismeraad is, na die BBO oorgeplaas ooreenkomstig die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995).
Die Maatskappy
 Met ingang van die datum waarop hierdie Wet in werking tree en onderworpe aan die vooraf verkreë goedkeuring van die lede van die Maatskappy word die personeel, bates, laste en rekords van die Maatskappy na die BBO oorgeplaas en oorgedra en word die BBO die regsopvolger van die Maatskappy.
Die personeel van die Maatskappy word ooreenkomstig die Wet op Arbeidsver­houdinge, 1995 oorgeplaas.
Regulasies
Die Minister kan na oorleg met georganiseerde plaaslike regering regulasies maak betreffende enige aangeleentheid waarmee die Minister ingevolge hierdie Wet kan handel, en enige aangeleentheid wat die Minister nodig ag om die doelwitte van die
BBO en hierdie Wet te bereik: Met dien verstande dat regulasies met .nansiële implikasies in oorleg met die Minister verantwoordelik vir Finansies gemaak moet word.
Herroeping van Wet 3 van 1997
Die Wes-Kaapse Wet op Toerisme, 1997 (Wet 3 van 1997) word herroep.
Kort titel en inwerkingtreding
Hierdie Wet heet die Wes-Kaapse Wet op Toerisme, 2003, en tree in werking op 'n datum wat deur die Premier by proklamasie in die Provinsiale Koerant bepaal word.
VERDUIDELIKENDE MEMORANDUM
Inleiding
Die oogmerk van die Wetsontwerp op Wes-Kaapse Toerisme is om die Wet op Wes-Kaapse Toerisme van 1997 (Wet 3 van 1997) te herroep, ten einde voorsiening te maak vir die oprigting van 'n Bestemmingsbemarkingsorganisasie (BBO) om die Wes-Kaap as 'n toerismebestemming te bemark. Die Wetsontwerp bevorder die beginsels van koöperatiewe staatsbestuur en erken die belangrike rol wat die Stad Kaapstad, as 'n toegangspoort tot die Provinsie, speel. Die Wetsontwerp weerspieël die huidige vennootskap tussen die Provinsie en die Stad Kaapstad, maar maak voorsiening daarvoor dat alle plaaslike regeringstrukture kan deelneem, indien hulle wil. Dit weerspieël ook die noodsaaklikheid dat die regering en die private sektor moet saamwerk om toerisme tot hul gemeenskaplike voordeel te bevorder. Dit erken die ontwikkelingsrol van die regering, sowel as die private sektor se vryemark-motivering. Toerisme kan egter slegs .oreer indien dié twee aspekte versoen word. Die bedoeling is om te kapitaliseer op die sterk punte waaroor die private en die openbare sektor beskik.
Die Wetsontwerp toon die Wes-Kaapse Provinsiale Regering se verbintenis tot die ekonomiese ontwikkeling van die provinsie, tot voordeel van al die mense. Dit verbind die regering tot die ekonomiese ontwikkeling van die provinsie deur die geleenthede wat deur toerisme en belegging, sowel as die bevordering van uitvoer en aanverwante kwessies geskep word, ten beste te benut. Dit erken dat die regering 'n belangrike rolspeler in die fasilitering van ekonomiese welvaart deur die ontwikkeling van 'n opgeleide arbeidsmag en infrastruktuur is. Toerisme word erken as synde belangrik vir die ontsluiting van die ekonomiese potensiaal van die provinsie en sy mense. Die Wetsontwerp maak voorsiening vir die transformasie van institusionele reëlings met betrekking tot toerisme. Dit maak voorsiening vir die verwesenliking van die visie wat die provinsiale en plaaslike regerings, sowel as die private sektor deel, van 'n enkele bemarkingsorganisasie wat aan die ontwikkeling van toerisme en belangrike geleen­thede gewy is. Die Wetsontwerp erken dat munisipaliteite oor wetgewende en uitvoerende gesag ten opsigte van plaaslike toerisme beskik en maak ook vir hul deelname aan die BBO voorsiening.
Hoofstuk 1
Die eerste hoofstuk van die Wetsontwerp maak voorsiening vir die vertolking en omskrywing van terme, soos in die Wetsontwerp gebruik.
Hoofstuk 2
Die tweede hoofstuk spreek vraagstukke aan wat verband hou met die oprigting van die Bestemmingsbemarkingsorganisasie (BBO), wat die Kaapse Toerisme­organisasie genoem sal word, sodra konsensus met die Stad Kaapstad bereik word. Die BBO sal die bestaande Wes-Kaapse Toerismeraad vervang. Anders as die toerismeraad, wat regulerende, ontwikkelings-en bemarkingsfunksies t.o.v. toerisme vervul het, sal die BBO slegs op die bemarking van die provinsie, sowel plaaslik as internasionaal, fokus. Die verantwoordelikheid vir die regulering en ontwikkeling van toerisme word aan die regeringsdepartement opgedra. Die Wetsontwerp spreek die probleme van duplisering en fragmentering aan, aangesien dit voorsiening maak vir die skepping van 'n wetgewende raamwerk, wat op vennootskap en samewerking tussen plaaslike en provinsiale regering en die private sektor gegrond is. Dit bevorder samewerking tussen alle agentskappe wat vir die bemarking van die provinsie verantwoordelik is. Dit maak voorsiening vir dialoog tussen die BBO en die regering. Dit dra die duidelik omskrewe oogmerke van die BBO oor, naamlik om bemarking­saktiwiteite van alle sektore van die Wes-Kaapse toerismebedryf te bestuur, beplan en lei, om nuwe produkte en bestemmings te ontwikkel, om hul strategieë in te skakel met dié van ander liggame wat by die bemarking van die provinsie betrokke is, om samewerking tussen die openbare en private sektore, deelname, besluitneming en befondsing binne die konteks van toerisme as geheel te fasiliteer, om bemarkingsak­tiwiteite in alle sektore van toerisme in lyn te bring, om die nastreef van breë transformasiedoelwitte binne alle sektore van toerismebemarking te fasiliteer, om verhoudings te bevorder met ander organisasies wat die BBO se doelwitte nastreef en om samewerking tussen die openbare en private sektore te bevorder, ten einde die uitbreiding van toerisme, tot voordeel van die al mense van die provinsie, na te streef.
Die vennootskap en verbintenis tot transformasie word weerspieël in die voorgest­elde aanstellingsproses, verteenwoordiging in die Raad en die maatstawwe vir aanstelling as lede van die Raad. Die aanstellingsproses beklemtoon die belangrike rol wat die Stad Kaapstad, georganiseerde plaaslike regering en die Provinsie sal speel. Die hoofstuk handel ook met die ampstermyn van die raadslede, hul kwali.kasies vir aanstelling, ontruiming van ampte en die vul van vakatures, asook prosedurele aangeleenthede soos vergaderings en besluite.
Hoofstuk 3
Die derde hoofstuk handel met die aanstelling en samestelling van komitees. Die komitees maak voorsiening vir breër deelname deur belanghebbendes ter bereiking van die Raad se doelwitte. Hulle maak daarvoor voorsiening dat deskundiges in spesi.eke velde insette lewer omtrent strategieë en sakeplanne van die BBO. Die voorgenome komitees hou verband met die sektore wat deur die BBO gedek sal word (kongresse, aansporing, produkontwikkeling, geleenthede, ontspanning, inligtingsdienste vir be­soekers en die ontwikkeling van nuwe produkte). Dit sluit ook bykomende onderste­uningskomitees vir die Raad in, maar word nie beperk tot dié wat genoem is nie. Hierdie hoofstuk handel met die samestelling van die komitees, ampstermyn van die lede, ontruiming van ampte en die vul van vakatures.
Hoofstuk Vier
Die vierde hoofstuk handel met die delegering van bevoegdhede, funksies en pligte van die Raad. Dit maak daarvoor voorsiening dat die Raad party van sy bevoegdhede aan die komitees of die BBO kan delegeer. Die verleen ook bevoegdhede aan die BBO en aan komitees om verder te subdelegeer. Dit verleen bevoegdhede aan die Raad om enige delegasie te eniger tyd te wysig of herroep. Hierdie hoofstuk handel met die toelaes vir raadslede, vergoeding en ander diensvoordele van die werknemers van die Raad.
Hoofstuk Vyf
Hierdie hoofstuk handel met pligte en bevoegdhede van die Raad. Dit maak voorsiening vir samewerking en konsultasie met die regering tydens besluitneming. Pligte en bevoegdhede hou verband met kwessies soos verkryging van eiendom, die aangaan van ooreenkomste met ander organisasies in die openbare en private sektore, die opening van kantore buite die provinsie, verkryging van versekeringsdekking, opening van bankrekeninge, aankope, inwin van inligting, administrasie van pensioen­fondse en ander voordele, onderhandelings met opleidingsorganisasies oor aangeleen­thede wat met toerisme verband hou, aanbeveling van aansporingskemas, gradering, akkreditering, goedkeuring vir die gebruik van handelsname en die nakoming van enige verpligtinge wat tot die bereiking van die Raad se doelwitte mag bydra. Dit stel voor dat die BBO met die plaaslike en provinsiale regering saamwerk om die strategieë vir die ontwikkeling en bemarking van toerisme uit te voer. Dit sal medewerking tussen die BBO en die regering fasiliteer. Dit stel voor dat die BBO met ander nasionale en provinsiale openbare liggame saamwerk, in besonder dié wat hul vir die bevordering van handel en belegging beywer. Dit behoort ook met spesi.eke liggame in die wyn­en rolprentbedrywe saam te werk.
Hoofstuk Ses
Hierdie hoofstuk maak voorsiening vir die aanstelling van die Hoof Uitvoerende Beampte. Dit belig die proses wat gevolg moet word, asook bepalings en voorwaardes van toepassing op die aanstelling en dit verleen bevoegdhede aan die Raad om iemand aan te stel om in die HUB se plek waar te neem indien hy of sy nie in staat is om sy of haar funksies te verrig nie. Dit stel voor dat die Hoof Uitvoerende Beampte van die Kaapstadse Toerisme-en Geleenthedemaatskappy geag word behoorlik aangestel te wees as die HUB van die BBO vir die onverstrykte termyn van die HUB se diensooreenkoms met die maatskappy. Dit sit die bevoegdhede en funksies van die HUB uiteen, synde onder andere om te verseker dat die BBO sy funksies verrig, rekenpligtigheid teenoor die Raad en die voorsiening van sekretariële steun aan die Raad.
Hoofstuk Sewe
Hierdie hoofstuk handel met kwessies in verband met .nansiële beheer, soos gereël deur die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies van 1999 (Wet 1 van 1999) en enige regulasies en riglyne wat kragtens daardie Wet uitgevaardig word.
Hoofstuk Agt
Hierdie hoofstuk maak voorsiening vir die inskakeling van alle bemarking­sagentskappe wat deur die regering gefundeer word, ten einde institusionele samewerk­ing te verseker. Dit beklemtoon die noodsaaklikheid daarvan dat daardie instellings gesamentlike beplanning, koöperatiewe begroting, gesamentlike kontrole en evaluering en gesamentlike verslaggewing toepas. Dit maak voorsiening vir volledige nakoming van die bepalings van die Grondwet ten opsigte van koöperatiewe staatsbestuur.
Hoofstuk Nege
Hierdie hoofstuk handel met die noodsaaklikheid daarvan om plaaslike toerismev­erenigings en inligtingsnetwerke vir besoekers in die provinsie te akkrediteer. Dit word gedoen om te verseker dat eenvormigheid en professionalisme ten opsigte van gehaltestandaarde en dienste binne die provinsie gehandhaaf word. Dit verleen bevoeghede aan die BBO om maatstawwe te formuleer en voor te skryf vir die akkreditering van plaaslike toerismeverenigings en enige ander organisasies wat deur die plaaslike regering opgerig word. Dit maak ook voorsiening vir die oprigting en akkreditering van inligtingsnetwerke vir besoekers, gegrond op patrone en aanvraag, ooreenkomstig die maatstawwe wat deur die Raad vasgestel is.
Hoofstuk Tien
Hierdie hoofstuk maak voorsiening vir die herroeping van die Wes-Kaapse Wet op Toerisme van 1997 (Wet 3 van 1997) en die ontbinding van die Wes-Kaapse Toerismeraad. Dit beveel aan dat die BBO die regsopvolger van die Wes-Kaapse Toerismeraad moet wees. Dit beveel aan dat die Wes-Kaapse Toerismeraad se bates, laste en rekords aan die BBO oorgedra word. Dit stel voor dat die personeel in diens van die Raad na die BBO oorgeplaas word, ooreenkomstig die Wet op Arbeidsver­houdinge.
Dit stel ook voor dat die Kaapstadse Toerisme-en Geleenthedemaatskappy ontbind word en die bates en laste daarvan aan die Raad oorgedra word. Die personeel moet ooreenkomstig die Wet op Arbeidsverhoudinge na die BBO oorgeplaas word. Dit verleen bevoegdhede aan die Minister en die Uitvoerende Burgemeester om ná oorlegpleging met georganiseerde plaaslike regering, regulasies uit te vaardig in verband met enige aangeleentheid waarmee die Minister ingevolge hierdie Wet handel.
Dit meld dat die Wet in werking sal tree op 'n datum wat die Premier deur middel van 'n proklamasie in die Staatskoerant sal vasstel.
