Toetsing van amptelike saadmonsters
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die Departement van Landbou toets amptelike saadmonsters om te sorg dat hulle fisiese suiwerheid, ontkieming en kiemkrag goed is.
Monsters word slegs geneem van saadsoorte wat verklaar is ingevolge die Plantverbeteringswet, 1976, en slegs hierdie saadmonsters word vir gehalte getoets. Amptelike monsters word getoets in 'n poging om te sorg dat slegs saadlotte wat aan die bepalings van die Plantverbeteringswet, 1976 voldoen en wat korrek en eg geëtiketteer is, te koop aangebied word.
Bo
Stappe om te volg
Ouditeure in die streekskantore van die Departement van Landbou trek willekeurige monsters van handelsbeheer en ingevoerde saad van persone - d.w.s. organisasies, instansies, maatskappye, koöperasies en boere - wat saad verkoop.
Alle beskikbare saadlotte, d.w.s. sowel saad vir die handel as gesertifiseerde saad, word in aanmerking geneem.
Saadlotte word soos volg gekies vir monsterneming:
n willekeurige keuse van saadlotte verdagte saadlotte gewasse wat probleme oplewer.
Monsters word getoets om te kyk of hulle voldoen aan die bepalings van die Plantverbeteringswet, 1976, soos suiwerheid en goeie ontkieming of kiemkrag.
Die uitslag van die toetse word aan die ouditeure bekendgemaak.
As die uitslae toon dat die saad nie aan die vereistes van die Wet voldoen nie, kan dit uit die handel onttrek, of herettiketteer word.
Omdat hierdie saadtoetsingsdiens ingevolge nasionale wetgewing gelewer word, word daar nie 'n diensfooi gehef nie. As die persoon van wie die monster getrek is egter 'n saadtoetsverslag wil hê, moet hy die saadtoetstarief betaal wat deur die tesourie goedgekeur is. 'n Kwitansie sal hiervoor uitgereik word. Die bankbesonderhede is:
Takkode: 01-08-45
Rekeningnommer: 011244887
Onthou om die kwitansienommer te verstrek sodat dit met die uitgereikte faktuur gerekonsilieer kan word.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die Amptelike Saadtoetsstasie gebruik 'n voorrangstelsel vir toetsing. Aangesien die onderskeie gewasse verskillende toetstoestande verg, kan dit van 'n paar dae tot 'n paar weke duur om 'n toets te doen. Doen by die fasiliteit self navraag as jy meer inligting nodig het .
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Daar hoef geen vorms ingevul te word nie.
Bo
Kontakbesonderhede
