EIENDOMSWAARDE- BEPALING
Help die Stad Kaapstad om die waarde van jou eiendom te bepaal
HIERDIE STAD WERK VIR JOU
HIERDIE STAD WERK VIR JOU
Soos alle munisipaliteite hef die Stad Kaapstad eiendoms-belasting om die diensleweringsprogramme te finansier. Hierdie eiendomsbelasting is gegrond op die markwaarde van die eiendom soos op die Stad se waardasierol aangedui.
Daar is ongeveer 725 000 formele eiendomme in die Stad Kaapstad waaronder residensiële, kommersiële en ander eiendomme. Ingevolge die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting moet hierdie eiendomme ten minste elke vyf jaar waardeer word om die veranderinge in hul markwaarde in berekening te bring. Dit verseker dat die waardasierol gereeld bygewerk word en dat eiendomsbelasting op 'n regverdige en billike wyse gehef word.
Die Stad doen elke jaar 'n aanvullende waardasie om eiendomswaardasie-inligting oor nuwe eiendomme en aanbouings en veranderinge aan bestaande eiendomme vir die waardasierol in te samel. Dit vereis dat waardeerders, personeel en die Stad se gekontrakteerde diensverskaffers eiendomme op 'n voortgesette grondslag besoek.
Hoe word eiendomswaardasies gedoen?
Die Stad Kaapstad gebruik 'n stelsel wat aan die standaarde van internasionale beste praktyk voldoen en die waarde van eiendomme word dus op 'n sistematiese, wetenskaplike en billike wyse bepaal.
Na 'n proses waartydens eiendomme besoek en waardes bepaal is, sal eienaars die geleentheid kry om die waardes wat aan hul eiendomme op die munisipale waardasierol toegeken is, te kontroleer. Die munisipale waardasierol sal ter insae wees op plekke en tye wat nog aangekondig sal word. As eienaars ontevrede is, kan hulle beswaar teen die waardasie aanteken en as die beswaar gehandhaaf word, kan die waardasie dienooreenkomstig hersien word.
Hierdie stelsel is in 2001/2002 vir die suksesvolle algemene waardasie gebruik waartydens 'n algemene waardasierol vir die nuwe Stad Kaapstad opgestel is.
Waarvoor word eiendomsbelasting aangewend?
Die munisipaliteit gebruik eiendomsbelasting om dienste te verskaf soos paaie, straatligte, vloedwaterinfrastruktuur en parke wat deur almal gebruik word en nie aangewend word om inkomste te verkry nie.
Eiendomsbelasting word gehef ooreenkomstig 'n eiendoms-belastingbeleid wat deur elke munisipaliteit na 'n proses van openbare deelname opgestel word. Hierdie beleid bepaal hoe verskillende kategorieë eiendomme ten opsigte van eiendoms-belasting hanteer word en watter kategorieë kortings ontvang. Die werklike bedrag wat deur elke eienaar betaal word, word as 'n sent-in-die-rand bereken, gegrond op die waarde van elke eiendom soos op die waardasierol aangedui. Dit word in die Stad se jaarlikse begroting gedoen wat elke jaar op 1 Julie in werking tree.
Hoe kan ek help?
Die Stad Kaapstad besoek eiendomme dwarsdeur die munisipaliteit om inligting vir aanvullende waardasies asook vir die volgende algemene waardasie wat vir 2006 geskeduleer is, in te samel. Eien-domswaardasiepersoneel kan jou eiendom meer as een keer besoek en jou gewaardeerde samewerking word gevra om hulle toegang tot die geboue op jou eiendom te verleen. Slegs as die stad toegang tot al die geboue op jou eiendom kan kry en akkurate inligting oor die eiendom kan insamel, is ons in staat om die eiendom se korrekte markwaarde te bepaal om sodoende eiendomsbelasting op 'n regverdige manier te hef.
Wat gebeur as ek nie die eienaar is nie?
Huurders is gewoonlik nie aanspreeklik vir eiendomsbelasting nie, maar dit hang van die voorwaardes van die huurooreenkoms af. Mense wat eiendomme huur of bewoon word egter versoek om hul samewerking gedurende die eiendomswaardasieproses te gee. Huurders en ander bewoners staan onder dieselfde verpligting as huiseienaars ten opsigte van verlening van toegang tot geboue op die eiendomme.
Wie sal die eiendom besoek?
Data-insamelaars en/of waardeerders sal eiendomme van Maandae tot Saterdae tussen 07:30 and 19:00 besoek ingevolge die bepalings van die Wet. Hulle sal duidelik uitkenbare beffies dra en sal ook identiteitskaarte hê met hul name en foto's daarop.
Alle data-insamelaars is opgelei en is gewerf omdat hulle ingeligte en verantwoordelike burgers is en geen kriminele rekords het nie. Hulle gedrag sal te alle tye hoflik wees as hulle by jou huis aanklop. Moenie mense op jou eiendom toelaat wat daarop aanspraak maak dat hulle data-insamelaars of waardeerders is, as jy hulle nie tot jou algehele bevrediging kan identifiseer nie.
Indien jy twyfel oor die geloofwaardigheid van 'n data-insamelaar, skakel asseblief die telefoonnommer op die data-insamelaar se ID-kaart om te verseker dat hy/sy gemagtig is om jou eiendom te besoek.
Wat sal die data-insamelaars en waardeerders doen?
Hulle sal data en inligting oor waardasie insamel wat gebruik sal word om die markwaarde van eiendomme te bepaal. Hoe meer akkuraat, korrek en volledig die inligting is, hoe akkurater kan die markwaarde bepaal word. Ten einde dit te kan doen, sal die waardeerders of data-insamelaars die geboue op jou erf meet en sketse maak, of die besonderhede van sketse wat hulle reeds het, bevestig. Hulle sal ook aantekeninge maak van sekere waardebepalende kenmerke wat in aanmerking geneem moet word om die korrekte waarde te bepaal.
Dit behels onder meer:
Die area/omvang van die geboue
Die soort konstruksie van die huis of gebou
Die gehalte en toestand van die huis of gebou
Waar die huis geleë is, bv. op 'n besige straat
Die soort uitsig
Die aantal slaapkamers, leefareas en badkamers
Of daar 'n swembad is?
Of daar 'n oumawoonstel is?
Of daar 'n motorhuis is?
Of daar 'n tuin is?
Of die eiendom vir sake- of residensiële doeleindes gebruik word?
Hierdie inligting sal daartoe bydra om die korrekte markwaarde van die huis te bepaal, d.i. wat 'n gewillige koper 'n gewillige verkoper op die ope mark sal betaal. Alle inligting wat deur die data-insamelaars aangeteken word, is vertroulik en sal as sulks hanteer word.
Wat gebeur as ek nie tuis is nie?
As jy nie tuis is as die data-insamelaars besoek aflê nie, sal hulle 'n kaartjie los om jou in kennis te stel dat hulle daar was en jou versoek om hulle te skakel om die besoek te herskeduleer. Dit is belangrik dat die data-insamelaars toegang kry tot die geboue op jou eiendom, so wend asseblief 'n doelbewuste poging aan om so gou as moontlik 'n gepaste tyd te reël.
Indien die data-insamelaars nie toegang tot jou huis kan kry nie, sal die finale waarde van jou eiendom op beskikbare inligting gegrond word.
Wat van nie-residensiële eiendom?
Stad Kaapstad waardeer alle soorte eiendom waaronder nie-residensiële eiendomme soos sakepersele, fabrieke, sportgeriewe en skole.
Die waardasie van hierdie eiendomme is 'n voortgesette proses. Ten einde te help bepaal wat die markwaarde van hierdie eiendomme is, sal 'n vraelys aan die eienaars gestuur word met 'n reeks vrae oor huur, bewoningskoers en ander kenmerke wat tot die markwaarde kan bydra.
Data-insamelaars en waardeerders sal nie-residensiële eiendomme besoek om inligting in te samel en data te evalueer om die markwaarde vir die waardasierol te bepaal.
Vir verdere inligting n Oproepsentrum is opgerig om eiendomsbelastingbetalers en lede van die publiek wat vrae oor die eiendomswaardasie het, te ondersteun.
Vir algemene navrae skakel die Oproepsentrum op 086 010 3089 van 08:00 tot 16:00, Maandae tot Vrydae.
Die oproepsentrum se personeellede is baie goed ingelig en kan jou navrae op Engels, Afrikaans en Xhosa beantwoord.
Baie dankie vir jou geduld en samewerking gedurende die data-insamelingsproses. Let asseblief daarop dat as deel van ons gehalteversekeringsproses, bykomende besoeke aan jou eiendom nodig mag wees. Hierdie besoeke sal gedoen word deur dieselfde data-insamelaars en/of ander mense wat die Stad Kaapstad se Waardasiekantoor verteenwoordig.
Ons waardeer jou hoflikheid in hierdie verband.
Eienaars kan ongeveer twee maande nadat die data-insamelaar die eiendom besoek het, die data by Stad Kaapstad se Waardasiekantoor kontroleer.
EIENDOMSWAARDASIE
Hierdie nommer, 086 010 3089, is die nommer van Stad Kaapstad se oproepsentrum vir die insameling van eiendomsdata. Hierdie oproepsentrum is van Maandae tot Saterdae, van 07:30 tot 19:00 in werking.
Vir algemene navrae, skakel Stad Kaapstad se oproepsentrum by 086 010 3089. Hierdie oproepsentrum is van Maandae tot Vrydae, van 8:00 tot 16:00 in werking.
Meld asseblief enige verdagte aktiwiteit of mense wat hulle voordoen as data-insamelaars aan. Dit is in belang vir jou eie veiligheid en dié van jou bure.
EIENDOMSWAARDASIE
n Voorbeeld van 'n ID-kaart
EIENDOMSWAARDASIE
HIERDIE STAD WERK VIR JOU
