TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Geslote Tenders
BESKRYWING:
Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme nooi bieë uit vir bovermelde produksieproses vir die Departement se Jaarverslag vir 2005/2006.
Die vollengte Jaarverslag vir 2005/2006 sal uit drie afdelings bestaan, nl. Engels, Afrikaans en Xhosa. Elke afdeling sal opgemaak word uit ongeveer 230 bladsye. Die totale publikasie sal uit ongeveer 690 bladsye bestaan.
Voornemende tenderaars moet dus oor die kapasiteit beskik om teen 18 Augustus 2006 die ontwerp van die publikasie, insluitend die voor- en agterblad, te doen, die uitleg te doen, vertalings en drukwerk te reël vir die vollengte Jaarverslag.
Die bywoning van 'n inligtingsessie om 09:00 op 11 Mei 2006 is dus verpligtend. Die sessie sal gehou word op die 9de Verdieping, Raadsaal, Waldorf Arkade, Kaapstad.
n Voorgestelde ontwerp-uitleg (proefformaat) moet die voltooide tenderdokumente wat ingedien word, vergesel. Die voorgestelde teks en foto's vir die proefformaat sal by die inligtingsessie voorsien word.
Die proefformaat sal uit vier bladsye bestaan, naamlik:
n Dekblad met "Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Jaarverslag vir die jaar geëindig 31 Maart 2006" daarop
Een teksbladsy
Een bladsy met grafieke
Een bladsy met tabelle en 'n organogram.
Die volgende dokumente moet die tendervoorstelle vergeselle:
Proefformaat
Sertifikaat wat bywoning van die inligtingsessie bevestig
Bondige maatskappyprofiel
Aandelesertifikate
Die boddokumente is beskikbaar om afgehaal te word tussen 08:00 en 15:30 Maandae tot Vrydae vanaf die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, NBS Waldorf Arkade, 9de Verdieping, St Georges Wandelgang 80, Kaapstad. Die volgende dokumente moet saam met die boddokumente ingedien word: 'n dekblad van nie meer as een paragraaf nie wat u spesifieke veld(e) van kundigheid aandui; waarom u dink dat u geskik is vir die opdrag; 'n gedetailleerde CV en kontakbesonderhede van drie werkverwante verwysings wat kwalifiseer om op u werk kommentaar te lewer.
Ingevolge die Provinsiale Regering Voorkeurverkrygingsbeleid, sal HDI kandidate voorkeur geniet.
Die sluitingsdatum vir indiening van bieë is Maandag, 22 Mei 2006, stiptelik om 11:00.
Vir inhoud/tegniese navrae, skakel gerus me Agnes van den Berg by 021 483 9160.
KATEGORIE:
DIENSTE: Professioneel
TENDERWAARDE:
Bo R75,000
VERLANG OP:
SLUITINGSDATUM:
GEVRA DEUR:
EERSTE ADVERTENSIEDATUM:
TENDERDOKUMENTE BESKIKBAAR BY:
Geadresseerde:
Straatadres:
Posadres:
Navrae:
Tel:
Faks:
Kantoorure
Maan tot Vry:
POS TENDERDOKUMENTE AAN OF LEWER AF BY:
Geadresseerde:
Straatadres:
Posadres:
Navrae:
Tel:
Faks:
Kantoorure
Maan tot Vry:
VERLANG OP:
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 22 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
