TENDER VIR BAKKIES
Tenders word hiermee ingewag vir die verskaffing en aflewering van twee diesel bakkies, enjingrootte 2.4 tot 2.8 liter (kleur wit). Die bakkies moet voldoen aan al die standaard spesifikasies met of sonder diensplan ten volle toegerus (volhuis). Kwoteer met kappe of sonder kappe:
Voornemende tenderaars moet op die databasis van die Namakwa Distriksmunisipaliteit geregistreer wees (kontak Namakwa Infopreneurs by 027 718 1890 / 072 331 3137).
Voornemende tenderaars wat in die afgelope 5 jaar skuldig bevind is aan korrupsie, geldverduistering of wat doelbewus enige regerings-, munisipale-of ander openbare sektorkontrak afgeskeep of verbreek het of gefaal het om daaraan te voldoen, sal nie vir die tender oorweeg word nie.
Voornemende tenderaars (of enige van die direkteure) wie se munisipale tariewe, belasting of dienste vir drie maande by die Munisipaliteit, of enige ander Munisipaliteit of entiteit, agterstallig is, sal nie oorweeg word nie. 'n Munisipale rekening en bewys van belasting moet saam met die tender ingedien word.
Tenderaars moet 'n geldige en oorspronklike belastinguitklaringsertifikaat nie ouer dan ses maande van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), wat bevestig dat die verskaffer se belasting betaal is, insluit.
Tenderdokumente kan by die Namakwa Distriksmunisipaliteit se kantoor in Springbok afgehaal word.
Namakwa Distriksmunisipaliteit is nie verplig om die laagste of enigste tender te aanvaar nie. Tenders sal beoordeel word volgens die raamwerk van die Voorsieningskanaalbestuurbeleid van die Namakwa Distriksmunisipaliteit. Die 80/20 puntestelsel sal toegepas word soos vereis deur die Voorkeur Verkrygingsregulasies en die beleid van die Raad.
Tenders op die voorgeskrewe tenderdokument en in 'n verseëlde koevert duidelik gemerk " Tender 38/2008 Twee bakkies", moet die tenderbus by Namakwa Distriksmunisipaliteit te Springbok voor of op 15 Julie 2008 om 12:00 bereik, waarna dit in die openbaar oopgemaak sal word.
Tenders wat elektronies of per faks ingedien word sal nie aanvaar word nie.
Onvolledige tenders en die wat nie aan die vereistes voldoen nie, asook tenders wat na die bestemde tyd en datum ontvang word, sal nie oorweeg word nie.
Die tenderprys moet geldig wees vir'n tydperk van 60 dae na die sluitingsdatum vir die tenders en moet BTW insluit.
TEL: 027 712 8000 FAKS: 027 712 8040
