Aansoek om vrystelling vir bestaans- en kleinskaalse visvangs
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Bestaansvisvangs is van toepassing op kusgemeenskappe wat lewende mariene hulpbrone vir eie verbruik benut, maar vis ook plaaslik mag verkoop of ruilhandel daarmee mag bedryf. Bestaansvissers word tans - tot 'n beleid daargestel is - by wyse van vrystellings bestuur. As jy as 'n bestaansvisser toegang tot lewende mariene hulpbronne wil verkry, moet jy eers om 'n vrystelling aansoek doen, en die vrystelling moet goedgekeur wees voordat jy vis mag benut en oes, of vir lewensonderhoud en vir kleinskaalse doeleindes aan 'n aktiwiteit wat met visvangs verband hou, mag deelneem. Om jou visvangsreg te mag uitoefen, moet jy aansoek doen om 'n vrystelling, wat deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme of sy gedelegeerde gesag ingevolge artikel 81 van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne toegeken word.
Om jou vrystelling goedgekeur te kry, moet jou aansoek via die plaaslike, gevestigde Plaaslike Medebestuurskomitees ingedien word, en moet jou aansoek aan al die vereistes wat gestel is, voldoen. Alle mense word deur die Wet verbied om sonder 'n permit bestaansvisvangs of kleinskaalse visvangs te beoefen of daaraan deel te neem.
n Vrystelling moet jaarliks hernu word, en as jy nie die vrystellingsvoorwaardes nakom nie, kan die reg opgeskort, gekanselleer of ingetrek word.
Bo
Stappe om te volg
Doen deur die plaaslike medebestuurskomitees om 'n vrystelling aansoek sodra die vrystellings aan die einde van elke jaar verstryk.
Nuwe persone wat toetree, moet aan die vereistes vir bestaans- en kleinskaalse visvangs voldoen voor 'n vrystelling aan hulle uitgereik sal word.
n Aansoeker moet aandui by watter sektor of soort visvangs hy betrokke wil raak.
Persone wat reeds die houers van 'n vrystelling is, se status word nagegaan voordat 'n vrystelling vir die volgende jaar aan hulle uitgereik word. Indien hulle nie aan die gestelde vereistes voldoen nie, sal hulle name van die lys verwyder word.
Amptenare wat aan die departement verbonde is, sal 'n gemeenskapsbyeenkoms belê om vrystellings aan alle geregistreerde vissers uit te reik.
Voor die vrystellings uitgereik word, sal die amptenare van die departement verduidelik wat die vrystellingsvoorwaardes en die saklimiet behels.
Alle houers van vrystellings moet die lys onderteken om ontvangs van hulle vrystellings te erken.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Afhangende van hoeveel aansoeke ontvang is, kan dit 1 maand of langer duur om dit te verwerk.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Daar is geen vorms om in te vul nie.
Bo
Kontakbesonderhede
