TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Toesprake
Oorhandiging van Aandele Sertifikate
Oorhandiging van Aandele Sertifikate
Ek moet my verskoning aanbied vir die feit dat ek nie die volle program van vandag kon meemaak nie, maar ek moes op baie kort kennisgewing die Wes-Kaapse Landbou aan die Russiese president gaan bekendstel.
Die skepping van inkomste- en werkgeleenthede geniet 'n hoë prioriteit in ons strategieë, daarom is dit noodsaaklik dat daar altyd nuwe projekte soos hierdie aangepak sal word waar al die mense in die omgewing baat by sal vind. Ons het ook die hulp van ons kommersiële boere en entrepreneurs nodig om werksgeleenthede te skep. Hierdie Bemagtigingsprojek wat deur Pieter Coetzee van Assegaay Bosch Lodge aangepak is, gee aan baie van u die geleentheid om ook nou nuwe hoop op die toekoms te hê.
Die projek saam met Meadow feeds is 'n tipiese voorbeeld van die soort visie wat ons in die provinsie nodig het, wat nie net 'n invloed op u as bemagtigdes gaan hê nie, maar ook 'n groot invloed op die hele gemeenskap tot gevolg sal hê.
Die Klein Karoo se ekonomie kry 'n ekstra dimensie by met die toetrede van die veevoermaatskappy Meadow Feeds tot die streek.
Die toekomstige werksgeleenthede wat geskep gaan word, plus die feit dat opkomende sowel as kommersiële lusernboere 'n afsetpunt vir hul produk op hul voorstoep sal hê, maak die aankoop van die Ladismith voerverwerkingsaanleg nie net ekonomies nie, maar ook polities volhoubaar.
Die twee bemagtigingsprojekte is rondom die veevoerverwerkingsaanleg gestruktureer en is in twee maatskappye gevestig, naamlik Beavercreek Farms (Pty) Ltd. en Moose Valley Farms (Pty )Ltd. Die twee maatskappye besit elf plase en beslaan tans meer as 26% van die Buffelsrivier Besproeiingskema. Die grondwaarde van hierdie twee projekte beloop R46 miljoen en is deur Assegaay Bosch Ranch vanuit eie fondse gefundeer. Die First Rand Groep deur die filiaal Wesbank het die implemente ter waarde van 'n verdere R7 miljoen befonds.
Met die betrokkenheid van Meadow Feeds by die veevoeraanleg, beteken dit dat die aanleg voortaan 'n baie wyer inslag op die nasionale mark sal hê en nie net vir die meng van volstruisvoer aangewend sal word soos tans die geval is nie. Daarbenewens het Meadow Feeds 'n lusern-leweringsooreenkoms van 10 jaar met Assegaay Bosh Ranch en die aandeelhouers vanuit ons voorheen benadelde gemeenskap, in wie eienaarskap van die twee SEB maatskappye vestig, aangegaan. Die landbou infrastruktuur en ekonomieë van Ladismith en Van Wyksdorp is feitlik totaal deur die groot vloed van 1981 vernietig is. Veral besproeiingsgrond onder die Buffelsrivier Besproeiingskema is vernietig.
Teen die tyd dat Assegaay Bosch Ranch in 1998 landbougrond onder die Buffelsrivier begin aankoop het, was slegs sowat vyftig persent van die skema herstel. 'n Grootskaalse konstruksiepoging is aangepak en teen 2004 is een duisend driehonderd besproeiingsgrond hervestig en derhalwe die Buffelsrivier Besproeiingskema tot sy voormalige glorie herstel. Hierdie lande is vandag gevestig met grootmaat lusern, wingerd, olywe en 'n verskeidenheid vrugte.
Ek wil egter aan u as begunstigdes sê om te kan boer is nie 'n reg nie, dis 'n voorreg. Die besit van grond is wel 'n reg, maar wanneer ons hierdie twee nl. boerdery en grondbesit bymekaar bring, word dit 'n onderneming wat met groot verantwoordelikheid aangepak moet word en daarom is dit vir ons in die Wes-Kaapse departement van Landbou baie belangrik dat bemagtigingsprojekte geslaagd en volhoubaar moet wees.
Dit was vir my 'n voorreg om hierdie aandele sertifikate aan u te oorhandig en aan u alle sterkte toe te wens met u toekomstige planne. Ek wil die hoop uitspreek dat u in die toekoms van krag tot krag sal groei in u strewe om saam met die regering 'n tuiste vir al ons mense in die Wes-Kaap te skep.
Navrae:
Tel: 021 483 4930
TOESPRAAK-ARGIEF
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 12 September 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
