






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > Iintetho > Plaaswerkers Organisasies Bereik Ooreenkoms

Plaaswerkers Organisasies Bereik Ooreenkoms


YI: Cobus Dowry, Provincial Minister of Agriculture
KWI-: Ondertekeningseremonie Plaaswerkers Kordineringsraad
18 uJulayi 2006

Geagte programdirekteur, agbare Burgemeester Maree, Burgemeester Clarence Johnson, Mnr Nosey Pieterse, Amptenare van die Departement van Landbou, ander Protokol waargeneem, Dames en Here, Ek het die afgelope twee jaar by 'n groot aantal byeenkomste opgetree waar ek met plaaswerkers, oor plaaswerkers, van plaaswerkers, en selfs namens Plaaswerkers gepraat het. Daar was ook verskeie geleenthede waar ons direkte erkenning verleen het aan plaaswerkers tydens plaaswerker van die jaar kompetisies.

Die meeste van u is bewus van my eie "commitment" ten opsigte van die welstand van plaaswerkers en die stappe wat ek saam met die regering van die Wes-Kaap geneem het om die Strategiese Plan vir die Plaaswerker Gemeenskap die lig te laat sien, en die vordering wat ons reeds gemaak het met die interdepartementele komitee, om uitvoering te gee aan die aanbevelings van die Strategiese plan.

Ek glo dat ons vandag nog 'n mylpaal bereik met die ondertekening van hierdie ooreenkoms. Daar is verskeie redes wat ek kan aanvoer hoekom dit so is, maar die belangrikste vir my, is die feit dat u besig is om aan te toon dat u nie soos 'n dobberende skippie op die oseaan wil wees nie, maar dat u soos 'n kragtige boot met 'n skipper aan die stuur, 'n koers ingeslaan het om toe te sien dat u by 'n bestemming kan aankom.

Dit is ongelukkig so dat plaaswerkers weens 'n legio van redes in so 'n diep groef verval het, waarin hulle so gewoond geraak het dat almal namens en vir hulle dink en praat, dat hulle die vermo verloor het om vir hulle eie regte op te staan. Dit is lankal tyd dat plaaswerkers ook self vir hulle eie regte opstaan en op 'n verantwoordelike wyse vir hulle regte sal veg. Hierdeur bedoel ek nie dat u 'n pad van konfrontasie moet inslaan nie, maar dat u uself sal organiseer om op 'n geordende wyse na sake wat u lewe raak, sal omsien.

Ek wil my verstout om te s dat u egter 'n slegte begin gehad het met diegene wat nie daarop ingestel was om die belange van plaaswerkers te dien nie, maar wat in die omstandighede van plaaswerkers 'n geleentheid gesien het om eie belang te soek en wat rondgeloop het met hulle eie agendas en dus van die staanspoor af die mense gefaal het vir wie 'n verteenwoordigende organisasie veronderstel is om te werk, naamlik, sy lede. U was besig om uself uitmekaar te skeur en gevolglik totaal oneffektief en irrelevant te wees. Die gevolg daarvan was dat u u eie saak skade berokken het en weereens aan plaaswerkers die beeld gegee het van 'n klomp onbeholpe skepsels wat nie regtig weet hoe om na hulle eie sake om te sien nie.

In die aanhef tot hierdie ooreenkoms erken u die u verdeel is en dat u daardeur oneffektief is en nie sake soos uitsettings, onbillike arbeidspraktyke en behuising na behore kan aanspreek nie. Dit is dan ook om hierdie rede dat ek met u in gesprek getree het om u huis in orde te kry en u behoorlik te organiseer sodat u almal in dieselfde koor sal sing wat suiwer klanke namens u lede sal voortbring.

Ek herinner u graag aan die volgende lewenswaarheid naamlik "united we stand; devided we fall."

Dit is slegs wanneer u in 'n verenigde front namens u lede sal optree, wat u 'n verskil sal kan maak aan die omstandighede en die uitdagings wat in hierdie dokument vervat is.

Ek wil u versoek om moeite te maak om op hoogte te kom van die inhoud van die Strategiese Plan vir Plaaswerkers, aangesien dit nie in sy wese verskil met die probleme wat u dokument aanspreek nie. Dit is nie nodig vir u om weer die wiel te ontdek nie, want die meeste van u was deel van die proses wat ons by die plan uitgebring het. Dit is u taak om saam met ons aan die implementering van die plan te werk, anders gaan ons nie ons gesamentlike doelwit bereik naamlik om die omstandighede van die totale Plaaswerker gemeenskap te verbeter nie

U het nie net 'n verantwoordelikheid ten opsigte van die regte van 'n bepaalde groep mense in die samelewing nie, maar u het ook 'n verantwoordelikheid ten opsigte van die sektor van die ekonomie waarin die plaaswerkers hulle brood moet verdien. U moet dus terselfdertyd so optree dat u ook Landbou in sy geheel kan dien en help uitbou en daarom moet u optrede altyd van so 'n aard wees dat u nie die beeld van Landbou sal skaad nie. Dit beteken ook dat u 'n verantwoordelikheid het om aan die verhouding tussen werkgewer en werknemer te bou. U moet nie produsente en boere as u vyand beskou nie. U moet weet en verstaan dat net soos wat boere hulle werkers nodig het, so het plaaswerkers boere nodig om 'n inkomste te h. Ek maak dit vandag u verantwoordelikheid om u te beywer vir beter werksomstandighede deur beter verhoudings.

Hierdeur s ek nie dat u nou soos 'n Bulldog sonder tande moet wees nie, maar u weet dat ons binne die Landbou familie eerder met mekaar om die tafel sit en praat as wat ons deur die koerante en die nuusmedia met mekaar gesels. U gaan baie verder kom deur konsultasie as wat u deur konfrontasie en sensasie gaan kom.

Ek wil 'n verdere beroep op u doen, naamlik dat hierdie dokument nie net 'n dooie stukkie papier sal wees met 'n paar handtekeninge daarop wat na die ondertekening vandag, iewers vergete gaan l nie, maar dat dit 'n lewende dokument sal wees wat u elkeen jaloers oor sal waak om seker te maak dat u die ondernemings wat hierin vervat is, gestand sal doen.

Ek wil afsluit deur u geluk te wens met die groot tree vooruit om die mense te dien wat agtergebly het in die nuwe Suid-Afrika en vir u te vra dat u dit in u harte sal inbrand dat u nie daar is om uself te dien nie, maar dat u daar is om saam met ons 'n bydrae te lewer om die kwaliteit van lewe van plaaswerkers te verbeter sodat hulle ook volwaardige huisgenote sal wees in die tuiste vir almal in die Wes-Kaap.


================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================================


Navrae:
Alie van Jaarsveld
Spokesperson
Ministry of Agriculture: Western Cape
Tel: 021 483 4930
Fax: 021 483 3890
Email: avjaarsv@pgwc.gov.za





UVIMBA-NKCUKACHA WEENTETHO


2009:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR     

2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2002:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2001:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     




Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 30 uSeptemba 2006



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





