






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > Iintetho > Bemagtiging vir Plaaswerkers op Calitzdorp

Bemagtiging vir Plaaswerkers op Calitzdorp


YI: Cobus Dowry, Provincial Minister of Agriculture
KWI-: Calitzdorp
4 uFebruwari 2006

Geagte programdirekteur, Burgemeester Barry van die Kanaland Munisipaliteit, Onderburgemeester Baartman, Mnr Danie Niemand, Mnr Anthony Ewerts, Mnr Louis Saayman, Dames en here.

Dankie vir die geleentheid om vandag hier saam met u te wees om die begin van hierdie groente projek as 'n ware af te skop met die befondsing van die projek.
Elf jaar gelede het die regering begin om planne in werking te stel wat gehoor moes gee en uitvoering moes bring aan die selfopgelegde taak om toe te sien dat die grond en rykdom verdeel sal word tussen die wat dit besit, diegene wie dit help bewerk het, die wie 'n behoefte het om grond te besit, die wie 'n behoefte het om grond te bewerk maar nog nooit 'n geleentheid gehad het om dit te doen nie en daardie gemeenskappe wie se grond van hulle weggeneem is en aan wie dit terugbesorg moes word.
Ons het dit vir onsself ten doel gestel om vir eens en vir altyd toe te sien dat rasgebasseerde beperking op grondeienaarskap tot 'n einde sal kom deur die nodige middele en infrastruktuur te voorsien om dit moontlik te maak vir elke Suid-Afrikaner om die eienaar van sy of haar stukkie grond te word, hetsy om daarop te woon of om dit te bewerk in 'n poging om 'n bestaan daaruit te maak en ook in 'n poging om hongersnood en armoede te beveg.
Die vryheidsmanifes s dat die staat die kleinboere sal voorsien van implimente, saad, trekkers en damme om die grond te bewaar en die werkers te ondersteun terwyl vryheid van beweging gewaarborg sal

Dit is vir ons belangrik dat ons 'n nuwe generasie boere vestig wat toegerus sal word om volhoubaar te boer in 'n poging om nog meer werksgeleenthede te skep en sodoende 'n positiewe bydrae te lewer tot die bestryding van armoede. Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap het ook sekere aanpassings gemaak om suksesvol hierdie uitdagings te deel. Ons fokus baie ernstig op die voorsiening en voorligting; ondersteuning en fasilitering van opleiding van boere, met spesiale aandag aan opkomende boere in die implimentering van grondhervorming programme en landelike ontwikkelingsprojekte.

Ons het die afgelope jaar geweldig vordering gemaak ten opsigte van die uitbreiding van vaardigheidsopleiding aan plaaswerkers en hulpbronarm boere uit die historiese benadeelde gemeenskappe. So gaan ons later hierdie maand nog 'n opleidingsfasiliteit op Oudtshoorn open waar ons plaaswerkers en opkomende boere wil toerus vir die Landbou. Ook op hierdie manier is die ANC regering van die Wes-Kaap besig om op ;n doelgerigte manier die ongeregtighede van die verlede uit te wis.

Vir ons is "Waardigheid, billikheid en welvaart die pilare waarop IKAPA ELIHLUMAYO staan in ons strewe om 'n tuiste vir almal in die Wes-Kaap te skep. Dit is net onder die vaandel van die ANC wat ons werklik ernstig besig is om armoede te bestry, ongelykhede uitwis en sodoende die kwaliteit van lewe van al die mense verbeter.

Hierdie tuiste wat die ANC regering wil skep vir almal, beteken ook dat ons projekte soos hierdie in ons gemeenskappe wil vestig om u as plaaswerkergemeenskap deel te laat h aan ekonomiese welvaart. Dit beteken dat u wat by hierdie projek betrokke is op 'n waardige wyse ondersteun sal word om u regmatige plek binne die landbousektor te kan inneem.

Die Departement van Landbou onder die ANC regering in die Wes-Kaap spandeer op die oomblik 80% van sy jaarlikse begroting aan die bemagtiging van ons voorheen benadeelde gemeenskappe om te sorg dat ons, ons nuwe boere op die beste moontlike maniere gevestig kan kry en dat die plaaswekergemeenskap ook voordeel sal put uit die bevryding wat die nuwe Demokrasie moes bring.

U weet dat ons in Landbou 'n baie groot waardering het vir die belangrike rol wat plaaswerkers speel om landbou in die Provinsie aan die gang te hou en daarom doen ons op die oomblik alles in ons vermo om die omstandighede en kwaliteit van lewe van ons plaaswerkers te verbeter, sodat u nie soos tweedeklas burgers in hierdie land moet lewe nie. Dit het tyd geword dat die nuwe Suid-Afrika ook voor u deur moet kom stilhou en by u voodeur moet inkom.

Dit is onder die ANC regering van die Wes-Kaap dat ons nou 'n plan aanvaar het in die Kabinet om op 'n gestruktureerde wyse met die omstandighede van plaaswerkers te deel. Plaaswerkers is so belangrik vir ons dat ons 'n spesiale plan het waarvolgens ons u lewe wil verbeter.

Dit is dan ook hoekom ons projekte soos hierdie een finansiel ondersteun, waar u in samewerking met boere soos Mnr Louis Saayman, groente gaan plant vir u eie inkomste.

Hierdie tjek van R109 000.00 wat ons aan oorhandig is 'n teken van ons commitment om ook u lewe te verander. Ons vra vir u om met groot verantwoordelikheid en toewyding aan hierdie projek te werk sodat dit 'n suksesverhaal sal wees. U moet weet dat die vyande van die ANC regering sit en wag om te s dat ons ons geld mors om in projekte soos hierdie een te spandeer. U gaan nie net vir my help om hulle verkeerd te bewys nie, maar u gaan u self help om te wys dat bruin en swart mense op die platteland tot baie meer in staat is as wat hulle dink. U gaan ook bewys dat waar die baie gewillige boere, soos Mnr Saayman, saam met hulle plaaswerkers en ons hele plaaswerkergemeenskap hande vat om armoede te beveg, ons besig is om 'n Suid-Afrkaanse nasie te bou wat weet dat daar krag in eenheid l.

Daar is nog net effektief 24 dae oor voor die verkiesing en daarna verloop daar vyf jaar voordat kiesers weer die geleentheid kry om verteenwoordigers te kies wat al die mense moet verteenwoordig. Die ANC het begin bou aan die verbetering van die omstandighede van al die gemeenskappe en hierdie bouproses kan nie nou aan iemand anders oorgegee word nie. Indien ons nie daarin slaag om die meerderheid te kry nie, beteken dit dat ons nou ander mense die reg gee om 'n huis op ons fondasie te kom bou.

Ons weet mos die DA sal nie tevrede wees met ons fondasie nie en sal weer van voor af planne wil optrek om die huis te bou. Dit gaan ons outomaties weer terug sit na die tyd voordat ons 'n volwaardige demokrasie geword het.

Ek wil vir u vra om soos in 1994 hierdie verkiesing weer 'n ware verkiesing van die mense te maak. Ons moet vir mense wat miskien nog nooit in hulle lewe daaraan gedink het om vir die ANC te stem nie, wys dat die ANC ook aan blankes en kleurlinge behoort. Dat ons Suid-Afrika ewe lief het en dat ons 'n party is wat na al die mense wil omsien.

Elke verkiesing tot sover, hetsy nasionaal of op munisipale vlak is gekenmerk deur 'n uitslag wat duidelik langs rasselyne gebasseer is. Met ander woorde blankes en bruinmense het merendeels hul stem geplaas by die NNP of die DA en die swart stem was vir die ANC. Daarom moet u 'n spesiale poging aanwend om ook die blanke kiesers uit te nooi om vir die ANC te stem.

Die ontbinding van die NNP het nou dit moontlik gemaak om historiese bande te breek en vir blankes en veral die bruinmense van die Wes-Kaap om elkeen hulle eie persoonlike Rubicon oor te steek en met beslistheid en vasberadenheid te wys dat dit nie nodig is om elke keer te stem langs duidelik gedentifiseerde rasselyne nie.

Ek wil spesiaal vandag 'n uitnodiging tot witmense en kleurlinge rig wat s hulle gaan nie stem nie, want hulle het nie 'n party om voor te stem nie, om nie te twyfel oor hulle steun aan die ANC nie.

Wat is die opsies vir hierdie verkiesing? Die DA wie se opposisie stem vir ewig opposisie sal bly en wat slegs opponeer omdat hulle niks anders ken nie of om vir een van die ander kleiner partye te stem wie se kandidate onbekend is, wie nie 'n bewese rekord het nie en wie in ieder geval verskietende sterre is. Of om die logies en beredeneerde stap te neem en vir die ANC te stem.

As lid van 'n minderheidsgroep het ek self hierdie pad gestap. Ek was 'n trotse lid van die NNP wie op 'n stadium in samewerking met die DA was. Ek het die DA ervaar en beleef en vandag in die ANC voel ek tuis, ja ook as lid van 'n minderheidsgroep. As ons eerlik moet wees dan moet ons die ANC krediet gee vir ekonomiese bloei wat hierdie land vir dekades nog nie ervaar het nie, daar moet krediet wees vir die erkenning wat Suid-Afrika internasionaal geniet en die deure wat orals oopgegaan het. Ja daar is foute gemaak en daar sal in die toekoms nog foute gemaak word. As ons eerlik moet wees dan moet ons toegee dat daar munisipaliteite is waar daar verbeter kan word wat dienslewering aanbetref en die leierskap van die ANC is die eerste om dit te erken.

My uitnodiging is aan blankes en kleurlinge. Neem daardie beslissende stap en steek die Rubicon oor deur in u plaaslike munisipaliteit vir die ANC te stem. Dit sal u vir eens en vir altyd losmaak van die rasgebaseerde partye vir wie u in die verlede gestem het. Maar, belangriker en dit is waarskynlik die enkele belangrikste faktor. Blankes moet weer deel word van die hoofstroom van regering en nie vir ewig deel wees van opposisie wat slegs raas en blaas en niks konkreets kan of wil lewer nie. U kan dit regkry en help om Suid-Afrika 'n beter plek te maak vir almal in Suid-Afrika.
Navrae: Alie van Jaarsveld
Spokesperson
Ministry of Agriculture: Western Cape
Tel: (021) 483 4930
Fax: (021) 483 3890
Cell: 084 604 6701
E-mail: avjaarsv@pgwc.gov.za





UVIMBA-NKCUKACHA WEENTETHO


2009:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR     

2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2002:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2001:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     




Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 6 uFebruwari 2006



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





