






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > Iintetho > Nuwe generasie boere toegerus om volhoubaar te boer

Nuwe generasie boere toegerus om volhoubaar te boer


YI: Cobus Dowry, Provincial Minister of Agriculture
KWI-: Spier en Heldervalley
4 uOktobha 2004

Ons is opgewonde oor projekte soos hierdie, waarin daar die afgelope tyd baie toewyding en spanwerk ingegaan het om vir u, wat oor soveel jare nie die voorreg gehad het om as ware Suid-Afrikaners ook te mag aansit aan die tafel waartoe baie van u, met u sweet, bygedra het nie, nuwe geleenthede te skep.

Die landbou sektor in Suid-Afrika is van uiterste belang vir die ekonomiese groei en welvaart vir al ons mense, maar die bydrae van landbou word heeltemal onderskat. Die rol van landbou, om die ongeregtighede van die verlede daadwerklik aan te spreek, is seker een van di belangrikste, indien dit nie die heel belangrikste is nie. Landbou maak 'n wesenlike verskil aan ons almal se lewens.

Vir die Regering van die Wes-Kaap is die proses van Grondhervorming hoog op die prioriteitslys. Vir die Departement van Landbou is die programme wat daarmee gepaard gaan net so belangrik, aangesien ons wil h dat elke projek wat aangepak word, volhoubaar sal wees. Dit moet ons help om permanente werk te verskaf en u en u kinders se lewensomstandighede so te verbeter dat u met trots kan s u is volwaardige burgers van hierdie mooi provinsie.

Die geboorte van die nuwe Suid-Afrika 10 jaar gelede het ook vir landbou 'n nuwe uitdaging gebring. Landbou is vir jare deur 'n relatief klein groepie suksesvolle kommersile boere oorheers. Ons het nou van hierdie boere gevra om betrokke te raak by vestiging, ondersteuning en bemagtiging van nuwe opkomende boere uit voorheen benadeelde gemeenskappe. Hierdie proses is reeds opdreef in die Wes-Kaap en dit word elke dag moet groter toewyding aangepak.

Soos ek reeds vroer ges het, geniet grondhervorming die hoogste prioriteit in 'n poging om die ongelykhede van die verlede aan te spreek. Dit is belangrik dat ons 'n nuwe generasie boere vestig wat toegerus sal word om volhoubaar te boer in 'n poging om nog meer werksgeleenthede te skep en sodoende 'n positiewe bydrae te lewer tot die bestryding van armoede.

Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap het ook sekere aanpassings gemaak om suksesvol met hierdie uitdagings te handel. 'n Nuwe program; Boerevestiging en Ontwikkeling is geskep. Dit beteken dat die volledige pakket wat deur boere benodig word om volhoubaar gevestig te word, binne een program resorteer.

In die Landbou begroting het ons byna R70 miljoen beskikbaar gestel om seker te maak dat ons daarin slaag om van elke projek wat ons aanpak, 'n sukses te maak. Daar is tans 109 projekte waarby opkomende boere betrokke is en ons spandeer in die omgewing van R33 miljoen hieraan. Daar is huidiglik 28 voedselsekuriteits-projekte aan die gang, waarvan die meeste in die Kaapstad Metropool is.

Om seker te maak dat ons nuwe boere behoorlik toerus, is baie vordering die afgelope jaar gemaak met die uitbreiding van vaardigheidsopleiding aan veral plaaswerkers en hulpbronarm boere uit veral die historiese benadeelde gemeenskappe. Gedurende die afgelope jaar het ongeveer 2000 individue uit hierdie teikengroep opleiding ontvang. Vanjaar wil ons hierdie getal verhoog na ongeveer 2500 individue.

Dit bring my by u. As minister van landbou in die Wes-Kaap is ek baie opgewonde oor die oorhandiging wat vandag hier plaasvind. Hierdie poging tussen my departement en u organisasie moet vir u 'n bewys wees dat ons ernstig is om te sorg dat u ook n deel kry van dit waarvan ek tot nou toe gepraat het. Hiermee sluit ons vandag weer met mekaar' n ooreenkoms, wat nie net sekere verantwoordelikhede van ons vra, ten opsigte van die behoorlike omsien na die toerusting en die bemagtigings aspekte nie, maar ons s ook aan mekaar, ons sal saamwerk om van die Wes-Kaap 'n tuiste vir almal te maak.
Navrae: Alie vanJaarsveld
082 777 7262




UVIMBA-NKCUKACHA WEENTETHO


2009:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR     

2008:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2007:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2006:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2005:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2004:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2003:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2002:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     

2001:       uJAN      uFEB      uMAR      uAPR      uMAY      uJUN      uJUL      uAUG      uSEP      uOCT      uNOV      uDEC     




Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 5 uOktobha 2004



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





