Aansoek deur 'n opleidingsinstansie om 'n leerlingskap te begin
Beskrywing
Opleidingsinstansies moet besluit watter opleiding hulle kan verskaf. Hulle moet eers deur 'n Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid geakkrediteer word voor hulle opleiding mag verskaf. Opleidingsinstansies en werkgewers gaan 'n vennootskap aan om 'n leerlingskap te begin.
Kry meer inligting by die Departement van Arbeid.
Stappe om te volg
Opleidingsinstansies moet besluit watter soort leerlingskap hulle kan aanbied.
Opleidingsinstansies moet by 'n SETA geakkrediteer wees. Opleidingsinstansies sonder akkreditasie mag nie 'n leerlingskap begin nie.
Om geakkrediteer te word, moet 'n opleidingsinstansie n leerplan opstel wat aan die standaarde van die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid voldoen;
gesonde opvoedkundige, opleidings- en ontwikkelingspraktyke volg; en as 'n Opvoedkundige en Opleidingsontwikkelingspraktisyn registreer.
Sodra 'n opleidingsinstansie op 'n leerlingskap besluit, moet hy werknemers identifiseer wat praktiese ondervinding aan leerders kan verskaf.
Opleidingsinstansies en die werknemers wat praktiese opleiding verskaf, moet saamstem oor hoeveel leerders hulle gaan oplei;
die kriteria om leerders aan te wys; en hoe om die leerders te werf.
Leerders kan reeds in die werkgewer in diens wees, of hulle kan werkloos wees. Skakel met die naaste arbeidsentrum om vas te stel hoe die Departement van Arbeid jou behulpsaam kan wees om werklose leerders te werf.
Werkgewers, opleidingsinstansies en leerders moet 'n leerlingskapooreenkoms onderteken.
Opleidingsinstansies se opleiding moet begin op die datum waarop daar in die leerlingskapooreenkoms ooreengekom is.
Regsraamwerk
Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 , Sektorale Vasstelling Nr. 5
Diensstandaard
Dit kan tot 30 dae duur om 'n leerlingskap in te stel.
Koste
Die diens is gratis.
Vorms om in te vul
Doen by die Departement van Arbeid aansoek.
Kontakbesonderhede
