Meld 'n Gevaarlike Werkplek aan
Meld 'n Gevaarlike Werkplek aan
Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid gee werkers die reg op 'n gesonde en veilige werkomgewing. Dit vereis dat bestuur veiligheid-verteenwoordigers en veiligheidskomitees in die werkplek instel. Dit reël ook dinge soos toilette, kleedkamers, noodhulp, drinkwater, wasgeriewe, beskermingsklere, masjinerie, stapeling en verpakking, lere, brand, ventilasie, beligting, temperatuur, geraas en asbes.
Werkers se gesondheid- en veiligheidsregte
Die werker se pligte
Die werkgewer se pligte
Arbeidsinspekteurs
Gesondheidswerkers se plig om onveilige werktoestande aan te meld
WERKERS SE GESONDHEID- EN VEILIGHEIDSREGTE
Die Wet bepaal werkers se regte, waaronder die volgende:
Die reg tot inligting - bv. gesondheid- en veiligheidsgevare in die werkplek, en die gesondheid- en veiligheidsreëls en -prosedures
Die reg om aan inspeksies deel te neem
Die reg om op wetgewing kommentaar te lewer en vertoë te rig
Die reg om nie geviktimiseer te word nie - werkers kan bv. nie ontslaan word omdat hulle aan 'n werkplekinspeksie deelgeneem het, of 'n ongeluk aangemeld het nie.
Die Wet bepaal ook werkers en werkgewers se verantwoordelikhede.
DIE WERKERS SE PLIGTE
Die werkers moet:
vir hul eie gesondheid en veiligheid sorg;
leed aan ander persone verhoed;
met die werkgewer saamwerk om gesondheid en veiligheid te verbeter;
inligting aan 'n Arbeidsinspekteur voorsien;
veiligheidsklere dra of veiligheidtoerusting gebruik waar dit vereis word;
onveilige of ongesonde toestande so gou as moontlik by die werkgewer of gesondheids- en veiligheidsverteenwoordiger aanmeld;
n ongeluk so gou as moontlik by die werkgewer en die gesondheid- en veiligheidsverteenwoordiger aanmeld, en nie aan veiligheidstoerusting peuter nie.
DIE WERKGEWER SE PLIGTE
Die werkgewer moet seker maak die werkplek is veilig en gesond, en moet geen werker toelaat om potensieel gevaarlike werk te doen nie.
Inligting en opleiding t.o.v. gevare - werkgewers moet:
werkers oor gevare in die werkplek inlig;
verseker daar is waarskuwings en kennisgewings aan gevaarlike masjinerie, en werkers oplei in die veilige gebruik van gevaarlike masjinerie of stowwe.
Verminder gevare in die werkplek - werkgewers moet verseker dat toerusting behoorlik in stand gehou word;
waar nodig beskermingsklere en -toerusting voorsien;
gevare tot die minimum beperk voordat beskermingsklere uitgereik word;
seker maak 'n toesighouer hou toesig oor bedrywighede, en dwing veiligheidsvereistes af, en voorkomingsmaatreëls uiteensit om gevare te vermy.
Gesondheid- en veiligheidsverteenwoordigers - werkgewers moet:
veiligheidsverteenwoordigers kies (1 vir elke 20 werkers);
die veiligheidsverteenwoordigers se verantwoordelikhede verduidelik, en n veiligheidskomitee kies as daar meer as as 3 veiligheids-verteenwoordigers is. Dié komitee moet minstens elke drie maande vergader, en alle veiligheids- en gesondheidsaangeleenthede wat werkers raak, behartig.
Prosedures by ongelukke - werkgewers moet:
seker maak werkers kan indien nodig betyds uit die gevaar kom.
Aanmelding van ongelukke of voorvalle - werkgewers moet:
n verslag van alle ongelukke en veiligheids- of gesondheidsvoorvalle in die werkplek byhou, en bepaalde soorte ongelukke of voorvalle by die veiligheids-verteenwoordiger en die Departement van Arbeid aanmeld.
Die volgende werkplekongelukke moet binne sewe dae aangemeld word:
n esering wat tot mediese onkoste aanleiding gee.
n Besering wat meebring dat die werker langer as drie dae van die werk afwesig is.
Dit is 'n misdryf om dié soorte ongelukke nie aan te meld nie.
Om 'n beroepsbesering aan te meld, moet die werkgewer Deel A van vorm W.CI.2 invul.
Deel B van die vorm moet ingevul word deur die dokter of hospitaal wat die werker behandel.
Die werkgewer moet Deel A van die vorm stuur na:
Die Vergoedingskommissaris, Posbus 955, Pretoria, 0001
ARBEIDSINSPEKTEURS
Arbeidsinspekteurs moet verseker dat werkgewers en werkers hul pligte uitvoer. Arbeidsinspekteurs kan die werkplek besoek en vrae vra om vas te stel of die omgewing veilig en gesond is.
As die werkgewer nie sy verpligtinge nagekom het nie, kan die inspekteur daardie persoon beboet.
As 'n werker by die werk beseer word omdat die werkgewer 'n veiligheidsregulasie nie gevolg het nie, kan daardie werkgewer tot R100 000 beboet word, en/of twee jaar gevangenisstraf opgelê word.
GESONDHEIDSWERKERS SE PLIG OM ONVEILIGE WERKTOESTANDE AAN TE MELD
As 'n mediese praktisyn iemand ondersoek of behandel vir 'n siekte wat na sy/haar mening uit die werker se werk voortspruit, moet die mediese praktisyn die geval by die werker se werkgewer en die Departement van Arbeid aanmeld.
Skakel die Departement van Arbeid vir nadere inligting oor arbeidsinspekteurs:
Tel: 021 460 5911
Faks: 021 465 7318
