Hernu Posbusse en Privaatsakke Aanlyn
Hernu Posbusse en Privaatsakke Aanlyn
Jy kan jou jaarlikse Posbus- of Privaatsakhuur hernu deur die Suid-Afrikaanse Poskantoor se veilige aanlynbetaalstelsel te gebruik.
Jy kan:
Jou hernuwingskennisgewings en belastingfakture vir beide Posbusse en Privaatsakke nagaan.
Betaal jou hernuwing aanlyn met die gebruik van 'n veilige kredietkaart-betaalstelsel.
Bestuur jou profiel en adres.
Aansoek doen om nuwe Posbus- of Privaatsakdienste.
E-pos- en SMS-aanmanings kry dat dit tyd is om te hernu.
Registreer nou en jy's gereed.
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het 'n maatskaplike verpligting om elke huishouding van 'n adres te voorsien. Dit lewer op die oomblik omtrent ses-miljoen posstukke per dag by amper drie-en-'n-half-miljoen straatafleweringspunte en byna twee-miljoen posbusse af. Daar is nog meer as twee-miljoen posbusse landwyd beskikbaar vir verhuring.Die Poskantoor se huidige afleweringsbeleid bepaal dat alle eerste posadresse gratis aan kliënte verskaf word, onder wie boere en eienaars van kleinhoewes.
Die volgende word beskou as 'n eerste posadres:
Alle gebiede waar daar straataflewering is (afgesien van of die kliënt dit wil gebruik of nie).
Adresbusse in gebiede waar daar geen straataflewering is nie.
Posbusse in gebiede waar straataflewering onmoontlik is, byvoorbeeld op plase.
Posbusse in gebiede waar daar geen straataflewering is nie, wat kliënte dwing om pusbusse te gebruik.
Die volgende word beskou as 'n tweede posadres:
As 'n kliënt woon in 'n gebied waar daar straataflewering is, maar verkies om 'n posbus te gebruik.
As 'n kliënt woon in 'n gebied waar posbusse verskaf word as 'n eerste posadres, maar verkies om gebruik te maak van 'n bykomende posbus.
Posbushuur is van toepassing van 1 Januarie tot 31 Desember van elke jaar en is betaalbaar voor 31 Desember. 'n Deel van 'n kalenderkwartaal word beskou as 'n volle kwartaal.
Wanneer 'n posbus gehuur word, word twee sleutels verskaf nadat 'n sleuteldeposito en die huurbedrag (waar van toepassing) betaal is. Die deposito word terugbetaal nadat die diens gekanselleer en beide sleutels aan die posmeester terugbesorg is. As 'n sleutel verlor e raak, moet die posmeester dadelik ingelig word sodat die posbus 'n nuwe slot kan kry. Die posbushuurder is verantwoordelik vir die koste van 'n nuwe slot en sleutels (vra die posmeester om meer inligting).
Staafkode jaarlikse hernuwingskennisgewings vir posbusse, adresbusse en privaatsakke word op 1 November in posbusse geplaas en moet voor 31 Januarie ingedien word by die naaste betaalkantoor. Kliënte kan nog die posbus hernu deur 'n jaarlikse hernuwingsvorm by die toonbank te kry, as hulle hul staafkode een verloor het. As die jaarlikse hernuwingskennisgewing nie ingedien word en die huurgeld (indien van toepassing) nie voor 31 Januarie (indien van toepassing) betaal word nie, sal die posbus gesluit word.
Die Poskantoor sal positems aanstuur, teen 'n minimale bedrag, vir kliënte wat trek van een plek na 'n ander as hulle die aansoekvorm voltooi vir die aanstuur van pos en dit indien by die naaste betaalkantoor.
Kontakbesonderhede:
