TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Omgewing
Omgewingsbestuur en -Bewaring
Huishoudelike Herwinning
Huishoudelike Herwinning
BESKRYWING:
Wat is Geskik vir Herwinning?
Hoe om Afval te Herwin
Watter Papier Kan Ek Herwin?
Watter Glas Kan Ek Herwin?
Herwinning van Metaal
Herwinning van Plastiek
Hoe om Elektroniese Afval te Herwin
Wat is Geskik vir Herwinning?
Hier sal verduidelik word watter papier, plastiek, metaal en glas hersirkuleer kan word. Nie alle huishoudelike afvalprodukte is geskik vir herwinning nie. Dié gids sal jou help om te besluit wat om te neem na jou naaste huishoudelike herwinnings-aflaaidepot , en wat in die afvalblik moet gaan.
Nie alle huishoudelike hersirkuleringsaflaaipunte aanvaar alle soorte herwinningsmateriale nie. Dit is die beste om eers te bel om uit te vind wat jy kan bring en om te hoor wanneer hulle oop is omdat dit van tyd tot tyd kan verander.
Hoe om Afval te Hersirkuleer a. Spoel uit
Was en droog enige kos- en drankhouers soos wynbottels, kosblikkies en bierblikke af.
Moenie jou herwinbare materiaal in die asblik gooi met die gedagte dat jy dit later sal uitvis nie. Hou eerder 'n afsonderlike blik (of sak) uit elk vir papier, glas, metaal en plastiek en gooi die afval direk daarin.
c. Laai af
Wanneer jou glas-, papier-, metaal- en plastieksakke vol is, laai hulle af by die Herwinningsdepot naaste aan jou. Elke depot het sy eie aflaaistelsel: sommige depots het aangewese gebiede vir sekere materiale, terwyl ander mense op die perseel het wat jou sal help om jou afval te sorteer. As jy onseker is, bel vooraf om te vra.
Herwinning van Papier en Karton
Die volgende tipes papier kan hersirkuleer word:
Wit kantoorpapier
Tydskrifte en boeke (glanstydskrifte en insetsels wat op glanspapier gedruk is kan herwin word, mits niks gelamineer is nie)
Koerantpapier
Riffelkarton
Die volgende kan nie hersirkuleer word nie.
GEEN gelamineerde of wakspapier nie (soos dié wat dikwels gebruik word in bokse wat gebruik word vir tamaties of piesangs)
GEEN tetrapakke nie (vrugtesap en melkhouers wat lyk of hulle van papier gemaak is, maar uitgevoer is met foelie en plastiek)
GEEN deurslagpapier nie
GEEN plakkers nie
Herwinning van Glas
Die volgende glas kan herwin word:
Wynbottels
Kosbottels (wat gebruik word vir konfyt, mayonnaise, tomatiesous, ens.)
Gloeilampe, ruitglas, spieëls en Pyrex kan herwin word, maar behoort apart gehou te word omdat hulle van verskillende soorte glas gemaak word
Nota: Spoel uit en droog bottels af wat die oorblyfsels bevat van kos en dranke. Jy kan die papieretikette op die glas los.
Herwinning van Metaal
Die volgende metaal kan herwin word maar let op die items wat met 'n sterretjie gemerk is
Aluminium-koeldrankblikkies
Kosblikkies (dit behoort uitgespoel te word. Dit help as jy ook die papieretiket afhaal)
Deksels van glashouers
Aluminium foelie en foelieverpakking
Klein metaalitems (soos krammetjies, skuifspelde)
Verf- en aerosolblikke (hou die etikette op die blikke omdat die inhoud beskou word as gevaarlik en herwinnaars moet weet wat daarin was)
Ou motoronderdele*
Geroeste tuinmeubels*
Nie-yster metale (enigiets wat gemaak is van koper, aluminium, brons, vlekvrye staal)*
NOTA: Baie min herwinningsdepots aanvaar dié metaalitems. Bel eers om seker te maak.
Herwinning van Plastiek
Die volgende plastiekitems kan herwin word:
Kos- en drankhouers harde platiek soos houers wat gebruik word vir roomys, melk, sap, gebottelde water, koeldrank, botter en magarien
Huishoudelike skoonmaakmiddels (harde plastiek soos dié wat gebruik word vir skoonmaakmiddels soos Handy Andy, bleikmiddels, opwasmiddels, wasgoedsagmaakmiddels)
Plastieksakke (sagte plastiek soos dié wat gebruik word om tydskrifte toe te draai, ses-pakke bier of pakke toiletpapier)
GEEN kleefplastiek kan herwin word nie.
Herwinning van Elektroniese Afval
Dié toestelle kan herwin word. As jy onseker is, bel eers die depot om uit te vind.
Elektroniese goedere (byvoorbeeld selfone, rekenaars, of hulle werk of nie)
Elektriese huishoudelike toestelle (byvoorbeeld yskaste, roosters, of hulle werk of nie)
VERSKAF BY:
Herwinningsdepots
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Besoedeling- en Afvalbestuur (Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 6 Junie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
