Beurse in Maatskaplike Werk
Beurse in Maatskaplike Werk
Watter Beurse bied die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting aan?
Wat word deur die Beurs Gedek?
Sal Ek Enigiets moet Terugbetaal of Terugwerk?
Waar kan die Beurse Opgeneem Word?
Wie kan Aansoek Doen om 'n Beurs?
Hoe Doen Ek Aansoek?
Waar Kan Ek Meer Inligting Kry?
Watter Beurse Bied die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting Aan?
Die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting bied elke jaar 44 beurse aan vir voltydse studie in Maatskaplike Werk. Vier-en-twintig van dié beurse word spesifiek aangebied vir manlike Maatskaplike Werkstudente, terwyl 20 van hulle vir Maatskaplike Ontwikkeling-studiebeurse is wat toegestaan word deur die Maatskaplike Ontwikkeling- en die Gesondheid- en Welsyns-SETA.
Wat Word deur die Beurs Gedek?
Die beurse vir manlike maatskaplike werkstudente dek registrasiefooie, klasgeld, boeke en eksamengeld. Die Maatskaplike Ontwikkelingstudiebeurse dek klasgeld, boeke en waar dit regverdigbaar is, huisvesting.
Sal Ek Enigiets Moet Terugbetaal of Terugwerk?
Die beurse word aangebied op 'n terugwerk-basis, met ander woorde, jy sal 'n jaar lank as maatskaplike werker in die Wes-Kaap moet werk vir elke jaar van die beurs.
Waar Kan die Beurse Opgeneem Word?
Wie Kan Aansoek Doen vir 'n Beurs?
Om aansoek te doen vir een van die beurse moet jy:
n Suid-Afrikaanse burger of 'n permanente inwoner wees n Inwoner wees van die Wes-Kaap
In staat wees om geldelike nood te bewys
Verkieslik van 'n geskiedkundig benadeelde agtergrond wees
Aanvaar word by die relevante tersiêre instelling
Hoe Doen Ek Aansoek?
Beursgeleenthede word geadverteer in die Sunday Times en plaaslike koerante, en inligtingsbesprekings word gehou by tersiêre onderwysinstellings.
Waar Kan Ek Meer Inligting Kry?
Die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting
Tel: 021 483 6140
Tel: 021 483 2640
Tel: 021 483 5763
