Beurse in Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
Beurse in Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
Watter Beurse in Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning en Stadsbeplanning bied die Provinsiale Regering aan?
Wat Dek die Beurs?
Sal Ek Iets Moet Terugwerk of -betaal?
Wie Kan Aansoek Doen om 'n Beurs?
Hoe Doen Ek Aansoek?
Waar Kan Ek Meer Inligting Kry?
Watter Beurse in Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning bied die Provinsiale Regerin aan?
Die Provinsiale Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning bied omtrent vyf beurse elke jaar aan vir voltydse studie op gebiede waar daar 'n tekort aan vaardighede is. In 2006 was daar byvoorbeeld beurse vir stadsbeplannings- en omgewingsbeamptes.
Wat Dek die Beurse?
Klasse, boeke, verblyf en vervoer vir die duur van die kursus. Die beurse is vir studie by een van die erkende technikons of universiteite in die Wes-Kaap. As jy 'n jaar druip, sal jy dit op jou eie onkoste moet herhaal, waarna die beurs weer ingestel sal word as jy slaag. Jy kan aansoek doen om bykomende geld (vir toerusting, ens) as jy jou behoefte kan motifeer.
Sal Ek Enigiets Moet Terugwerk of -betaal?
Die beurse word aangebied op 'n terugwerk-grondslag, met ander woorde, jy sal in die provinsie moet werk vir elke jaar wat jy 'n beurs ontvang het.
Wie Kan Aansoek Doem om 'n Beurs?
Om aansoek te doen om een van die beurse moet jy:
n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner wees n Inwoner van die Wes-Kaap wees n Geldelike nood moet kan bewys
Verkieslik van 'n geskiedkundig benadeelde agtergrond wees
Akademies sterk genoeg wees om aanvaar te word deur die betrokke tersiêre instelling
Hoe Doen Ek Aansoek?
Aansoeke open in ongeveer Oktober van die jaar wat die beursjaar voorafgaan. Advertensies waarin aansoeke gevra word sal verskyn in plaaslike koerante soos Die Burger, die Weekend Argus en sommige gemeenskapskoerante.
Waar Kan Ek Meer Inligting Kry?
Tel: 021 483 2734
