TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Opvoedkundig
Beurse
Onderwysbeurse (vir Onderwysers)
Onderwysbeurse (vir Onderwysers)
BESKRYWING:
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement bied beurse aan vir deeltydse studie vir onderwysers wat hulle kwalifikasies wil verbeter.
Die beurse is beskikbaar vir onderwysres met REQV 11, 12, 13 of 14, wat permanente werknemers is van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement. Dit dek die koste van klasse en boeke vir enige van die volgende twee-jaar, deeltydse kursusse:
n Nasionale Professionele Onderwysdiploma (NPDE) (oop vir aansoekers met REQV 11, 12 en 13)
n Gevorderde Onderwyssertifikaat (ACE) in Rekenaartoepassingstegnologie, Kuns en Kultuur, Natuurwetenskappe of Lewenswetenskappe (oop vir aansoekers met REQV 13 of 14)
NPDE-klasse word aangebied by die Universiteit van die Wes-Kaap of die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. ACE-sertifikate word uitgereik deur die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (Rekenaartoepassingstegnologie, Kuns en Kultuur) of die Universiteit van Stellenbosch (Natuurwetenskappe, Lewenswetenskappe).
Beurse word toegeken op 'n terugwerkstelsel, met ander woorde, jy moet in diens bly as in onderwyser in die Wes-Kaap vir elke jaar wat jy 'n beurs ontvang het.
VOORSKRIFTE:
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Wes-Kaap Onderwysdepartement (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Geldelike Bystand: Beurse en Lenings (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 17 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
