TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Sake en Ekonomie
Inligting
Tegnologie vir Vroue in Sake-ondernemings
Tegnologie vir Vroue in Sake-ondernemings
BESKRYWING:
Die Tegnologie vir Vroue in Sake-ondernemings Program is in 1998 deur 'n vennootskap tussen die Departement van Handel en Nywerheid, die Departement van Minerale en Energie en die WNNR gestig om vroue in die sakewêreld te help vorder. Die program lê besondere klem op die gebruik van wetenskap en tegnologie om groei in ondernemings - veral klein-, medium- en mikro-ondernemings (KMMO's) - waar vroue aan die stuur staan, te bevorder.
Werksaamhede
Opleiding
Kontakte
WERKSAAMHEDE
Die werksaamhede van die TVIS sluit onder meer in:
die uitken van die tegnologiese behoeftes van vroue in aangewese marksektore in die sakewêreld die aanspreek van die uitgekende behoeftes deur tegnologiese ingrypings wat by 'n spesifieke projek pas om vroue in die sakewêreld en tegnologie diensverskaffers by mekaar uit te bring die uitken en skep van mark- en sakegeleenthede vir die mense wat voordeel uit die TVIS-program trek erkenning en viering van die sukses van vroue in die onderskeie sakesektore die uitken en voorsiening van steun aan leerders in die Wetenskap- en Tegnologie-velde die skep en opdatering van 'n databasis wat die nodige inligting oor TVIS se bedrywighede bevat die daarstel en opdatering van 'n TVIS-webblad om Suid-Afrikaanse vroue bloot te stel aan internasionale tendense in Wetenskap en Tegnologie demonstrasie en verspreiding van tegnologie ontwikkeling van aanvangsondernemings.
OPLEIDING
TVIS bied ook opleidingkursusse in spesifieke velde aan. Op die oomblik word die volgende kursusse aangebied:
Geleenthede vir Vroue en Entrepreneurs in Mynwese
Vroue in Visserye en Visverwerking
Inleiding tot rekenaars
Inligting- en Rekenaartegnologie in Ondernemings
TVIS bied jaarliks 'n toekenningsplegtigheid aan om erkenning te gee aan vroue entrepreneurs wat toepaslike tegnologië doeltreffend gebruik om hulle ondernemings se prestasie te verbeter. Die 2004 TVIS-toekenningplegtigheid word op 9 Augustus 2004 gehou.
Besoek die webwerf vir besonderhede oor die 2005-kompetisie
VOORSKRIFTE:
KONTAKTE
Besoek die webwerf vir meer inligting oor TVIS of skakel:Tel: 012 841 4990/4983
Faks: 012 841 4954
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Handel en Nywerheid (Die Regering van Suid-Afrika)
Departement van Minerale en Energie (Die Regering van Suid-Afrika)
VERWANTE INLIGTING
Inligting oor Nywerheidsektore (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 3 Augustus 2007 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
