TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Landbou
Befondsing en Ondersteuning
Aansoeke vir Geldelike Bystand deur die Program vir Landbou-infrastruktuurontwikkeling (PLIO)
Aansoeke vir Geldelike Bystand deur die Program vir Landbou-infrastruktuurontwikkeling (PLIO)
BESKRYWING:
Die Program vir Landbou-infrastruktuurontwikkeling (PLIO) wil geskiedkundig benadeelde groepe, indiwidue en gemeenskappe in die landbousektor help.
Dit beteken dat die Departement van Landbou: Wes-Kaap geldelike steun gee vir harde landbou-infrastruktuur, wat sal help om die landbou-operasies te verbeter en deelname aan landbou sal versterk.
Spesifieke kriteria is van toepassing wanneer aansoek gedoen word om geldelike steun:
n Sakeplan of projekvoorstel moet in 'n spesifieke formaat ingedien word.
Net geskiedkundig benadeelde groepe, indiwidue en gemeenskappe kan aansoek doen.
Net harde landbou-infrastruktuur sal geldelik gesteun word, wat beteken dat geen arbeid, geen landbou-insette en geen opleiding gefinansier sal word nie.
Mense wat (selfs as hulle afgetree is) meer verdien as die regering se minimum loon, mense wat vir die regering werk en raadslede kom nie in aanmerking vir steun nie.
Die voorlegging moet inligting insluit oor die volgende:
die regsentiteit van die groep as grond gehuur word, 'n kontrak van nie minder nie as 5 jaar n aanduiding van geld wat voorheen ontvang is van enige regeringsdepartement tipe onderneming betrokkenheid van lede, hulle verantwoordelikhede en hoedanigheid lewensvatbaarheid van die projek: inkomste verwag, aantal werksgeleenthede geskep, toename in opbrengs opleiding wat lede ondergaan het prestasies uit die verlede en vertoning van vorige projekte en finansiering bewyse van geld wat beskikbaar is vir insetkoste totale bedrag geld wat vir projek vereis word ander vennote wat betrokke is by die projek.
Let asseblief daarop dat geld wat aangevra word in een boekjaar eers beskikbaar gemaak sal word in die volgende jaar.
Dit is 'n toelae, nie 'n lening nie en al die geld vir suksesvolle projekaansoeke hoef nie terugbetaal te word nie.
VOORSKRIFTE:
Vir meer inligting, sowel as die formaat vir die voorlegging, moet in verbinding getree word met die volgende mense.
Vir die:
Weskus Distriksmunisipaliteit
Sentrale Karoo Distriksmunisipaliteit
Skakel:
Tel: 021 808 5199
Vir die:
Skakel:
Tel: 021 808 5103
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Meganisering (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 12 Junie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
