Openbare Deelname aan die Provinsiale Parlement
Openbare Deelname aan die Provinsiale Parlement
Die publiek word aangemoedig om deel te neem aan die verrigtinge van die Provinsiale Parlement. Jy kan deelneem deur:
in die verkiesings te stem die parlementêre verrigtinge waar te neem voorleggings te maak of vertoë te rig oor konsepwetgewing bywoning van en deelname aan openbare verhore.
WAT IN DIE PARLEMENT BESPREEK WORD
Jy kan vasstel watter kwessies op die parlementêre of komitee-sakelyste is deur 'n oog te hou op die Parlementêre Dagboek en Dokumente van die Huis. Openbare verhore word ook in die Parlementêre Dagboek geadverteer, asook in plaaslike koerante.
N BESOEK AAN DIE PARLEMENT
As jy die verrigtinge wil dophou, kan jy die Parlement besoek. Die tye en lokale van volle sittings, komiteevergaderings en openbare verhore word in die Parlementêre Dagboek aangedui. Die Parlement bied ook kort toere deur die gebou aan.
DIE MAAK VAN 'N VOORLEGGING
Jy kan geskrewe voorleggings aan die Parlement maak oor enige saak waaroor uitnodigings om voorleggings gerig is. Die voorleggings word na die betrokke komitee verwys, wat besluit of mondelingse getuienis aangehoor behoort te word.
n Voorlegging kan:
gepos per hand afgelewer of aanlyn ingedien word
Verken die Provinsiale Parlement se webwerf vir besonderhede oor die maak van voorleggings
PETISIES
Jy kan ook 'n geskrewe versoek of 'n klag in die vorm van 'n petisie by die Parlement indien. Die petisie kan onderteken word deur 'n enkele persoon of deur 'n groot groep mense.
Jy kan petisies aanlyn indien.
KONTAKBESONDERHEDE
Vir meer inligting kan jy ook met die Provinsiale Parlementêre Personeel in verbinding tree:
