TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Opvoedkundig
Sektor Onderwys en Opleiding
Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (SOOO's) en die Heffing vir Vaardigheidsontwikkeling
Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (SOOO's) en die Heffing vir Vaardigheidsontwikkeling
BESKRYWING:
Die benadering wat op vaardigheidsontwikkeling ingestel is, mik daarna om 'n raamwerk te voorsien om werkplek- en sektorale strategieë te ontwikkel en te implementeer ten einde die vaardighede van werkers te verbeter.
Deel van die strategie is die heffing vir die ontwikkeling van vaardighede, wat 'n som geld is wat werkgewers aan die S.A. Inkomstediens moet betaal vir die ontwikkeling van vaardighede by hul werknemers.
Die heffings wat aan die SAID betaal word, word in 'n spesiale fonds gestort. Tagtig persent van die geld in hierdie fonds word onder die verskillende Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (SOOO's) versprei, en die ander 20% word in die Nasionale Vaardigheidsfonds gestort. Die SOOO's betaal toekennings aan werkgewers wat 'n fasiliteerder vir vaardigheidsontwikkeling in diens neem. Die Nasionale Vaardigheidsfonds befonds projekte vir die ontwikkeling van vaardighede wat nie onder die beheer van die SOOO's val nie.
Werkgewers kan 50% of meer van die heffings terugkry wat hulle aan die SAID betaal het. Dit is geld wat van die SOOO of die Nasionale Vaardigheidsfonds afkomstig is, en gebruik word vir opleiding en vir die ontwikkeling van die vaardighede van hul eie werknemers.
Die Nasionale Vaardigheidsowerheid beoordeel die implementering van die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie.
VOORSKRIFTE:
Wie Moet die Heffing Betaal?
Hoeveel Moet Jy Bydra?
Hoe Betaal Jy?
Hoe Kan Jy 'n Toekenning vir die Ontwikkeling van Vaardighede Bekom?
Kontakbesonderhede
WIE MOET DIE HEFFING BETAAL?
As 'n werkgewer moet jy elke maand die heffing vir vaardigheidsontwikkeling betaal, indien:
jy jou werknemers by die SAID vir belastingdoeleindes (LBS) geregistreer het, en/of jy meer as R250 000 per jaar aan salarisse aan jou werknemers betaal (selfs al is hulle nie by die SAID vir LBS-doeleindes geregistreer nie).
HOEVEEL MOET JY BYDRA?
Jy moet 1% bydra van die totale bedrag wat jy aan salarisse aan werknemers betaal het (met inbegrip van betaling vir oortyd, verlofbetaling, bonusse, kommissie en rondesombetalings).
HOE BETAAL JY?
Om te betaal, moet jy by die SAID registreer en elke maand die heffing betaal. Die SAID sal die korrekte vorm voorsien wat jy moet invul (VOH-opgawevorm). Die heffing moet aan die SAID betaal word nie later nie as sewe dae na die einde van elke maand.
HOE KAN JY 'N TOEKENNING VIR DIE ONTWIKKELING VAN VAARDIGHEDE BEKOM?
Jy kan geld van die SOOO of van die Nasionale Vaardigheidsfonds terugkry om vir opleiding en vir die ontwikkeling van jou werknemers se vaardighede aan te wend. Om vir 'n vaardigheidsontwikkelingstoeken-ning te kwalifiseer, moet jy:
heffings vir vaardigheidsontwikkeling betaal het n fasiliteerder vir vaardigheidsontwikkeling in diens hê
al die reëls en regulasies van die Wet nakom.
KONTAKBESONDERHEDE
Skakel asseblief vir verdere inligting die Nasionale Vaardigheids-owerheid by die Departement van Arbeid:
Tel: 461 6030
Faks: 462 2832
Of jy kan direk met een van die nywerheidsopleidingsowerhede in verbinding tree.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 19 April 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
