Verkeersboetes: Vrae wat Dikwels Opduik
Verkeersboetes: Vrae wat Dikwels Opduik
Elke munisipaliteit hanteer verkeersboetes binne hulle jurisdiksie. Dit is jou reg om spoedkamerafotos te sien en skriftelik enige verkeersboete te betwis wat jy ontvang.
Watter verskillende tipes verkeersboetes is daar?
Hoe lank het ek tyd om 'n verkeersboete te betaal?
Hoe betwis ek 'n boete?
Wat gebeur as ek nie my verkeersboete betaal of betwis nie?
Waar en hoe kan ek my verkeersboete betaal?
WATTER VERSKILLENDE TIPES VERKEERSBOETES IS DAAR?
Jy kan een van twee tipes boetes kry, ongeag die verkeersoortreding:
'n Afdeling 56-kennisgewing of Kitsdagvaarding word deur 'n verkeersbeampte aan jou gegee, gewoonlik vir 'n bewegende oortreding. Dit het 'n hofdatum op.
'n Afdeling 341-kennisgewing word per pos aan 'n motoris gestuur vir oortredings wat op verkeerskamera vasgevang word of vir verkeerskaartjies wat uitgereik word in die afwesigheid van die motoriste (byvoorbeeld 'n verstreke lisensieskyfie). Dit het nie 'n hofdatum op nie maar is 'n eerste kennisgewing voor dagvaarding. Die Verkeersdepartement sal 'n tweede kennisgewing uitreik voordat die werklike dagvaarding uitgereik word.
HOE LANK HET EK TYD OM 'N VERKEERSBOETE TE BETAAL?
n Afdeling 56-kennisgewing dien as 'n Kitsdagvaarding, wat beteken dat jy omtrent 30 dae tyd het om te betaal voor jou saak in die hof voorkom.
n Afdeling 341-kennisgewing is 'n kennisgewing voor dagvaarding, nie 'n dagvaarding self nie. Jy kry gewoonlik twee kennisgewings voor die dagvaarding uitgereik word, waarna jy nog omtrent 30 dae het om te betaal (of jou boete skriftelik te betwis) voordat jou saak in die hof voorkom.
Jy het altesaam ongeveer drie maande om 'n Afdeling 341-kaartjie te betaal.
Let asseblief daarop dat die presiese hoeveelheid tyd wat jy het om 'n kaartjie te betaal wissel van munisipaliteit tot munisipaliteit. Gaan jou kaartjie na om die sperdatum vas te stel.
HOE BETWIS EK 'N BOETE?
Jy kan te enige tyd jou verkeersboete skriftelik betwis by die munisipale verkeersdepartement voor 'n dagvaarding uitgereik is. Onthou om 'n afskrif van jou verkeersboete saam met jou brief te stuur.
Die verkeersdepartement sal skriftelik op jou beswaar reageer. As jy nie tevrede is met die uitkoms nie, kan jy wag vir jou dagvaarding en weer jou beswaar skriftelik aan die verkeersdepartement stuur. Die verkeersdepartement sal dan dié brief namens jou aan die Vervolger voorlê. Die Vervolger besluit dan of vervolging ingestel sal word en die saak voor 'n landdros sal verskyn, en of die saak laat vaar sal word.
Neem asseblief kennis dat die skryf van 'n brief nie die proses sal vertraag nie. As jy nie teen die hofdatum 'n ooreenkoms bereik nie, sal die saak voor die hof kom.
WAT GEBEUR AS EK NIE MY VERKEERSBOETE BETAAL OF BETWIS NIE?
As jy nie jou verkeersboete betaal or betwis teen die sperdatum nie en nie in die hof verskyn om jou saak te stel nie, sal 'n lasbrief vir jou inhegtenisneming outomaties uitgereik word wanneer die saak voor die hof kom.
WAAR EN HOE KAN EK MY VERKEERSBOETE BETAAL?
Alle munisipaliteite aanvaar tjeks en posorders per pos. Ter wille van veiligheid behoort jy kontant persoonlik te betaal.
Sommige munisipaliteite aanvaar aanlynbankoordragte of het 'n aanlyngerief waar fotos besigtig en betalings gemaak kan word. Verwys asseblief na elke munisipaliteit se Verkeersboetesbladsy op die lys hier onder om die beste manier te kry om jou boete te betaal en na jou spoedkamerafoto te kyk:
