TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Vervoer
Verkeer, Ongelukke en Padveiligheid
BESKRYWING:
Alle verkeersoortredings wat gepleeg is in die Sentrale Karoo - dit is in Beaufort-Wes, Leeugamka en Laingsburg - word hanteer deur die Laingsburg-verkeersdepartement.Oortredings in ander gebiede word hanteer deur die betrokke munisipaliteit se verkeersdepartement.
VOORSKRIFTE:
Waar kan ek uitvind of ek uitstaande verkeersboetes het?
Waar kan ek my spoedkamerafoto sien?
Hoe kan ek my verkeersboete betaal?
Kan ek my verkeersboete elektronies betaal?
WAAR KAN EK UITVIND OF EK UITSTAANDE VERKEERSBOETES HET?
WAAR KAN EK MY SPOEDKAMERAFOTO SIEN?
Jy kan jou spoedkamerafoto by die Laingsburg-veeldoelige Gemeenskapsentrum sien, van Maandag tot Vrydag 9vm tot 12vm. Onthou om die verwysingsnommer op jou verkeerskaartjie saam te bring.
HOE KAN EK MY VERKEERSBOETE BETAAL?
As jy betaal voor die sperdatum , kan jy jou verkeersboete betaal per tjek, kontant of posorder by die adres wat genoem word op jou verkeersboete.
Tjeks en posorders behoort uitgemaak te word aan die Laingsburg-munisipaliteit.
Jy kan óf persoonlik betaal by die verkeersdepartement (kry die adres by Munisipale Verkeersdepartemente) óf betaling pos aan Privaatsak X4, Laingsburg, 6900.
Weens die vlakke van bedrog en diefstal in die Poskantoor word aanbeveel dat kontantbetalings by die verkeersdepartement gedoen word.
Let asseblief daarop dat Laingsburg-verkeersboetes NIE betaal kan word by ENB OTM'me, per EasyPay, by polisiestasies of howe nie.
KAN EK MY VERKEERSBOETE ELEKTRONIES BETAAL?
Ja. Jy kan ook jou boete per elektroniese oordrag betaal aan:
Taknommer: 632005
Rekeningnommer: 2540140874
Noem asseblief jou boeteverwysingsnommer op die oordrag en faks bewys van oordrag aan 023 551 1450.
VERSKAF BY:
Munisipale Verkeersdepartemente
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Verkeersboetes: Vrae wat Dikwels Opduik (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 27 Maart 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
