TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Vervoer
Verkeer, Ongelukke en Padveiligheid
BESKRYWING:
VOORSKRIFTE:
Waar kan ek uitvind of ek uitstaande verkeersboetes het?
Watter verskillende tipes verkeersboetes is daar?
Waar kan ek my spoedkamerafoto sien?
Hoe kan ek my verkeersboete betaal?
Kan ek my verkeersboete elektronies betaal?
Hoeveel tyd het ek om my verkeersboete te betaal?
Kan ek 'n boete betwis?
Wat gebeur as ek nie my verkeersboete betaal nie?
WAAR KAN EK UITVIND OF EK UITSTAANDE VERKEERSBOETES HET?
Bel Verkeersnavrae in kantoorure (Maandag tot Vrydag, 8vm to 3.30nm) by 0860 034 637. As jy 'n afskrif van jou boete wil hê, sal jy persoonlik na die verkeersdepartement moet gaan.
As jy vermoed dat die verkeersdepartement dalk boetes na 'n ou adres stuur, faks asseblief jou nuwe adres (fisies en pos), saam met 'n afskrif van jou ID, aan Motorvoertuigregistrasies by 021 419 1676. Merk dit vir die aandag van die Korrespondensiedepartment. Bel Motorvoertuigregistrasies by 021 400 4900 as jy nog inligting hieroor nodig het.
WATTER VERSKILLENDE TIPES VERKEERSBOETES IS DAAR?
Daar is twee tipes verkeersboetes: Kitsdagvaardings en 'n 341-verkeerskaartjie.
Kitsdagvaardings word uitgereik wanneer 'n verkeersbeampte 'n motoris voorkeer om 'n boete uit te reik vir die volgende: 'n bewegende oortreding (byvoorbeeld, spoed of die verontagsaming van 'n rooi verkeerslig), 'n fout aan jou motorvoertuig (byvoorbeeld 'n stukkende agterliggie), 'n verstreke motorvoertuiglisensie of vir die bestuur van 'n voertuig sonder 'n rybewys.
n 341-verkeerskaartjie word uitgereik wanneer 'n motoris deur 'n kamera betrap word met die verbreking van 'n verkeersreël (byvoorbeeld 'n spoedoortreding) of wanneer 'n verkeersbeampte 'n kaartjie uitreik wanneer die motoris nie daar is nie (dit is die pienk kaartjie wat uitgereik word vir parkeeroortredings, verstreke lisensieskyfies en so meer).
WAAR KAN EK DIE SPOEDKAMERAFOTO SIEN?
As die kameraboete se kennisgewingnommer begin met 'n "9" of 'n "4", kan jy dit aanlyn sien by www.payfine.co.za. (Let asseblief daarop dat dit nie beteken dat jy dit aanlyn kan betaal nie.)
Om jou foto te sien sal jy moet weet:
In watter munisipale distrik die foto geneem is
Jou voertuigregistrasienommer
Die filmnommer, wat op die verkeersboete verskyn.
HOE KAN EK MY VERKEERSBOETE BETAAL?
As jy voor die spertyd betaal kan jy jou verkeersboete per tjek, kontant of per posorder betaal:
Tjeks en posorders moet uitgemaak word aan die Stad Kaapstad.
Betalings kan óf persoonlik gedoen word by die verkeersdepartement (kry die adres by Munisipale Verkeersdepartemente) óf gepos word aan:
Privaatsak X019
Weens die vlakke van bedrog en diefstal in die Poskantoor word nie aanbeveel dat jy kontant per pos stuur nie.
As jy 'n Eerste Nasionale Bankkliënt is, kan jy ook jou boete betaal by enige ENB OTM deur jou boete-verwysingsnommer te gebruik.
As jy op of na die sperdatum wil betaal, kan jy dit doen in kontant of met 'n bankgewaarborgde tjek by die hof wat op die boete genoem word (kry die adres by Munisipale Howe). Jy sal die betaling persoonlik moet doen, nie langer nie as 14 dae na die sperdatum. Op die veertiende dag sal jou saak voor die hof dien.
As jy nie jou boete wil betaal nie sal jy persoonlik in die hof moet verskyn op jou hofdatum om jou saak te stel. As jy nie daar is om jou saak te stel nie, sal 'n lasbrief vir jou inhegtenisneming outomaties uitgereik word.
KAN EK MY VERKEERSBOETE ELEKTRONIES BETAAL?
Daar is geen aanlyngerief om boetes te betaal wat uitgereik is deur die Stad Kaapstad nie.
As jy egter 'n Eerste Nasionale Bankkliënt is, kan jy jou boete betaal by enige ENB OTM deur jou boete-verwysingsnommer te gebruik.
HOEVEEL TYD HET EK OM MY VERKEERSBOETE TE BETAAL?
Afhangende van of jy 'n Kitsdagvaardig of 'n 341-verkeerskaartjie gekry het, het jy tussen 30 dae en vier maande om jou verkeersboete te betaal.
n Kitsdagvaarding het 'n hofdatum en jy het 30 dae tyd van die datum van uitreiking af om die boete te betaal by die verkeersdepartement of by die hof wat op die dagvaarding genoem word. As jy die boete betaal op die datum van jou hofverskyning, sal jy dit persoonlik by die hof moet betaal.
As jy 'n 341-verkeerskaartjiekry, het jy 30 dae voor die Verkeersdepartement 'n "Kennisgewing Voor Dagvaarding" sal uitreik, waarna jy nog 30 dae het voordat die dagvaardiging uitgereik word.
Nadat die dagvaarding uitgereik is, het jy nog 30 dae om jou boete by die Verkeersdepartement te betaal. As die 30 dae verby is, het jy nog 14 dae grasie waarin jy jou boete kan betaal by die hof wat genoem word op die dagvaarding.
Jy het dus altesaam omtrent vier maande om jou verkeersboete te betaal nadat jy 'n 341-kaartjie gekry het.
KAN JY 'N BOETE BETWIS?
As jy beplan om jou boete te betwis moet jy 'n brief stuur waarin jy jou redes uiteensit, saam met 'n afskrif van jou boete, aan die Galgheuwel-verkeersdepartement. Jy kan ook die inligting faks aan 021 421 6607. Jy behoort 'n erkenning van ontvangs te kry van die verkeersdepartement binne omtrent drie weke.
Die Verkeersbestuurder sal dan jou brief stuur aan die betrokke hof. Die Openbare Vervolger by die hof sal die boete hersien, wat op die meeste twee dae neem, waarna die brief en die besluit teruggestuur sal word aan die Verkeersbestuurder, waar dit weer opgeneem sal word. Dié proses neem omtrent drie weke. Die hele proses neem omtrent ses weke.
Jy kan ook direk met die Openbare Vervolger in verbinding tree by die hof wat op jou boete verskyn. As jy 'n dagvaarding ontvang het, moet jy die Openbare Vervolger nader voor die datum waarop jy in die hof moet verskyn.
WAT GEBEUR AS EK NIE MY VERKEERSBOETE BETAAL NIE?
As die verkeersboete byvoorbeeld verkeerdelik uitgereik is, kan jy jou saak in die hof stel op die hofdatum op jou dagvaarding.
As jy nie hof toe gaan om jou saak te stel nie, sal 'n lasbrief vir jou inhegtenisneming outomaties uitgereik word en jy sal aangekla word van minagting van die hof.
VERSKAF BY:
Munisipale Howe
Munisipale Verkeersdepartemente
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Verkeersboetes: Vrae wat Dikwels Opduik (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 27 Maart 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
