Parkeerskyfies vir Gestremdes
Parkeerskyfies vir Gestremdes
As jy 'n gestremdheid het, kan jy by die munisipaliteit aansoek doen vir 'n parkeerskyfie vir gestemdes. Die skyfie laat jou toe om in aangewese parkeerplekke vir gestremdes te parkeer en skeld jou in sekere omstandighede vry van parkeerreëls.
Om vir 'n parkeerskyfie vir gestremdes in aanmerking te kom, moet jy 'n brief van jou dokter hê wat bevestig dat:
jou mobiliteit erg ingeperk word deur 'n voortdurende geestelike of fisiese toestand, of jou beweeglikheid tydelik maar erg beperk word.
Sekere plaaslike owerhede vereis dat die dokter 'n deel van die vorm moet invul, wat beteken dat die vorm vooraf afgehaal moet word. Tree asseblief in verbinding met jou plaaslike verkeersdepartement om vas te stel of jy 'n doktersbrief of 'n vorm nodig het.
As jy 'n parkeerskyfie vir gestremdes ontvang het, moet jy dit duidelik in jou voorruit vertoon.
Let asseblief daarop dat die parkeerskyfie vir gestremdes wat deur 'n plaaslike owerheid uitgereik is, nie noodwendig deur enige ander plaaslike owerheid erken sal word nie.
Om aansoek te doen vir die skyfie, moet jy die voltooide vorm indien, saam met:
jou ID
die dokter se brief twee ID-foto's die voorgeskrewe betaling
Die bedrag wat geëis word vir parkeerskyfies vir gestremdes verskil van munisipaliteit tot munisipaliteit. Tree in verbinding met jou Munisipale Verkeersdepartement vir besonderhede, of raadpleeg die volgende lys:
