






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Vervoer > Lisensies, Permitte en Sertifikate > Parkeerskyfies vir Gestremdes

Parkeerskyfies vir Gestremdes




BESKRYWING:

As jy 'n gestremdheid het, kan jy by die munisipaliteit aansoek doen vir 'n parkeerskyfie vir gestemdes. Die skyfie laat jou toe om in aangewese parkeerplekke vir gestremdes te parkeer en skeld jou in sekere omstandighede vry van parkeerrels.

Om vir 'n parkeerskyfie vir gestremdes in aanmerking te kom, moet jy 'n brief van jou dokter h wat bevestig dat:
* jou mobiliteit erg ingeperk word deur 'n voortdurende geestelike of fisiese toestand, of
* jou beweeglikheid tydelik maar erg beperk word.


Sekere plaaslike owerhede vereis dat die dokter 'n deel van die vorm moet invul, wat beteken dat die vorm vooraf afgehaal moet word. Tree asseblief in verbinding met jou plaaslike verkeersdepartement om vas te stel of jy 'n doktersbrief of 'n vorm nodig het.

As jy 'n parkeerskyfie vir gestremdes ontvang het, moet jy dit duidelik in jou voorruit vertoon.
Let asseblief daarop dat die parkeerskyfie vir gestremdes wat deur 'n plaaslike owerheid uitgereik is, nie noodwendig deur enige ander plaaslike owerheid erken sal word nie.


VOORSKRIFTE:

Om aansoek te doen vir die skyfie, moet jy die voltooide vorm indien, saam met:
* jou ID
* die dokter se brief
* twee ID-foto's
* die voorgeskrewe betaling


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)


PRYS:

Die bedrag wat geis word vir parkeerskyfies vir gestremdes verskil van munisipaliteit tot munisipaliteit. Tree in verbinding met jou Munisipale Verkeersdepartement vir besonderhede, of raadpleeg die volgende lys:

Kaapstad
R40

Stellenbosch
R30

George
R30

Knysna
R30





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 24 Februarie 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





