TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Vervoer
Lisensies, Permitte en Sertifikate
Aansoeke om 'n Openbare Pad vir Verfilmingdoeleindes te gebruik
Aansoeke om 'n Openbare Pad vir Verfilmingdoeleindes te gebruik
BESKRYWING:
Lede van die publiek kan aansoek doen om 'n openbare pad vir verfilmingsdoeleindes te gebruik. Die permitaansoek wat ingevul moet word hang daarvan af of die pad waar die verfilming gaan plaasvind 'n munisipale pad of 'n provinsiale pad is. U kan die Kaapse Filmkommissie of die kantoor van Provinsiale Paaie-infrastruktuur skakel om uit te vind of 'n pad 'n munisipale of provinsiale pad is.
VOORSKRIFTE:
MUNISIPALE PAAIE
Die Munisipaliteit hanteer aansoeke om op munisipale strate, paaie, sypaadjies en padskouers te verfilm. Die produksiemaatskappy moet seker maak dat normale voetganger- en voertuigtoegang te alle tye gehandhaaf word, behalwe wanneer die verfilming plaasvind, tensy algehele gebruik van 'n spesifieke area in die permit gespesifiseer is. Indien 'n pad afgesper moet word, moet 'n alternatiewe roete beskikbaar wees.
Besonderhede oor hoe om aansoek te doen om 'n permit, word in die Konsepbeleidsdokument oor Kommersiële Film- en Fotografiese Geleenthede uiteengesit.
Skakel die Kaapse Filmkommissie vir meer inligting:
Tel: 021 483 9060
Faks: 021 483 9061
PROVINSIALE PAAIE
Aansoek om 'n provinsiale pad vir die doeleindes van verfilming te gebruik, moet aan die Departement van Vervoer en Openbare Werke se Wetsadministrasie-afdeling gerig word nie later nie as twee weke voordat enige verfilming begin.
Die aansoek moet die volgende inligting bevat:
Die paaie wat u wil gebruik en die presiese plekke op hierdie paaie
Die tye en datums van verfilming
Die scenario of teks van die beoogde film
Waaruit die stel sal bestaan
Die getal persone in die filmspan en die getal voertuie betrokke
Enige afwykings van die Wet op Nasionale Padverkeer, Wet 93 van 1996 (byvoorbeeld die oorskryding van die spoedgrens, gebruik van 'n voertuig met linkerhandstuur of bestuur aan die verkeerde kant van die pad).
Die aansoek sal na die betrokke provinsiale verkeersafdeling verwys word, wat verkeersbystand sal verleen teen 'n koste wat volgens die verkeersbystandtariewestruktuur bepaal word. Sluiting van provinsiale paaie mag nie vir langer as tien minute met verkeer inmeng nie.
U word versoek om aansoek te doen om Provinsiale goedkeuring wanneer u vir 'n film- of fotogeleentheidkontrak kwoteer.
Skakel die volgende nommers vir meer inligting:
Tel: 021 487 2795
Faks: 021 487 2977
Wetsadministrasie-afdeling
Tel: 021 483 2080
Faks: 021 483 2357
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
PRYS:
Provinsiale Tariewe
R70 - Administrasiegeld
R4000 - Aansoek om verfilming
Tariefstruktuur vir verkeersbystand
Verkeersbystand: R48 per uur per beampte
Kilometertarief: R2,68 per kilometer per voertuig
Daaglikse Tarief: R1,63 per uur
Let asseblief daarop dat verkeersbystandtariewe later in 2003 hersien sal word.
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 16 Augustus 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
