TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Vervoer
Lisensies, Permitte en Sertifikate
Voertuigregistrasie
Voertuigregistrasie
BESKRYWING:
Wetgewing vereis dat alle voertuigeienaars hulle voertuie registreer wanneer hulle aangeskaf word. Die voertuigregistrasie word op die Nasionale Verkeersinligtingstelsel (NaVIS) opgeteken.'n Voertuig se registrasie word beëindig:
wanneer eienaarskap van die voertuig verander;
wanneer die voertuig gederegistreer word;
dae nadat 'n voertuig teruggeneem is, of wanneer 'n boedel afgehandel word na die voertuigeienaar se dood.
VOORSKRIFTE:
Wanneer u 'n voertuig koop, moet u dit binne 21 dae in u naam registreer.
Om 'n nuwe voertuig te registreer, moet u vorm RLV by 'n motorregistrasiesentrum invul, vergesel van:
u ID-dokument en die vervaardigersertifikaat.
U moet die voertuig se onderstel- of enjinnommer hê.
Om 'n tweedehandse voertuig te registreer, moet u vorm RLV by 'n motorregistrasiesentrum invul, vergesel van:
u identifikasie-dokument;
die voertuigregistrasie (in die verkoper se naam);
n padwaardigheidsertifikaat, en bewys van aankoop van die voertuig.
Wanneer die voertuig geregistreer word, word 'n registrasiesertifikaat aan die eienaar uitgereik.
Indien 'n voertuig verander of herbou is, byvoorbeeld indien 'n nuwe enjin gennstalleer is, moet die voertuig herregistreer word. In hierdie geval moet u 'n polisieklaringsertifikaat en 'n padwaardigheidsertifikaat bekom voordat u die voertuig kan registreer.
Nota: Daar is ook bykomende vereistes ten opsigte van voertuie wat gederegistreer is, uit onderdele opgebou is, uit die boedel van 'n afgestorwene bekom is, teruggeneem is, buite die grense van Suid-Afrika bekom is of voorheen as gesteel aangemeld is.
Skakel Michael Gallant by Motorvoertuigadministrasie by 021 483 2058 of u naaste motorvoertuigregistrasiesentrum vir meer besonderhede.
VERSKAF BY:
Voertuigtoetsstasies
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
PRYS:
Registrasiegeld: R69.00
Indien u nie u voertuig binne 21 dae nadat u dit aangeskaf het registreer nie, sal u aanspreeklik wees vir 'n boete.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 18 Junie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
