TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Vervoer
Lisensies, Permitte en Sertifikate
Spesiale Nommerplate vir Motorvoertuie
Spesiale Nommerplate vir Motorvoertuie
BESKRYWING:
Motorvoertuigeienaars kan aansoek doen om spesiale en verpersoonlikte nommerplate.
VOORSKRIFTE:
Aansoeke kan direk ingedien word by die Padinfrastruktuurtak, of jy kan die naaste motorvoertuigregistrasiegesag nader.
Om aansoek te doen om 'n spesiale nommerplaat moet jy die aansoekvorm SLN1 invul en terugstuur, saam met 'n afskrif van jou RSA ID. Sakeaansoekers moet 'n Verkeersregisternommer-sertifikaat verskaf (uitgereik deur 'n motorvoertuigregistrasiegesag) of 'n Sakeregistrasiesertifikaat (uitgereik deur die registrateur van maatskappye) en 'n afskrif van die volmag of verteenwoordiger se RSA ID. Aansoekvorms kan gepos of gefaks word aan die Lisensienommerafdeling by:
Faks: 021 483 2027
Jy kan ook direk na die kantore gaan tussen 8.00 - 12.15 vm.
Gefaksde aansoeke word binne 24 uur op reageer. As dit goedgekeur word, sal jy ontvang:
n goedkeuringsbrief n brief wat betaling eis.
Nadat bewys van betaling ingedien en verwerk is, sal aan jou uitgereik word:
n bestellingsbrief vir die nommerplaatvervaardiger om hulle in staat te stel om die nommerplate te maak.
Jy moet die voertuig laat registreer by 'n motorvoertuigregistrasiegesag- sentrum. Die lisensiebrief en PLN2-sertifikaat stel jou in staat om jou voertuig te lisensieer met die spesiale voertuignommerplate. Die spesiale nommerplate word gemaak by 'n goedgekeurde handelaar.
Om 'n spesiale lisensienommer te hou of oor te dra, kan jy 'n aansoekvorm aan die lisensienommerafdeling stuur. Aansoeke moet 'n RSA ID en 'n Verkeersregisternommer of 'n Sakeregistrasiesertifikaat, soos van toepassing, by hê.
Vir meer inligting kan jy die Cape Gateway-inbelsentrum bel by 0860 142 142.
Daar is spesiale voorwaardes van toepassing op die gebruik van spesiale nommerplate.
Besoek vir meer inligting asseblief die Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie Persoonlike en Spesiale Diskrete Nommers-webwerf waar jy kan:
nagaan of 'n lisensienommer beskikbaar is n aanlyn aansoekvorm kan indien.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
PRYS:
Verpersoonlikte Lisensienommergeld x alfabet- of numeriese karakter
x alfabet- of numeriese karakter
x alfabet- of numeriese karakter
Alle ander, tot 'n maksimum van sewe alfabet- of numeriese karakters
x syfers en letters
x syfers en letters
x syfers en letters
Alle ander
Registrasie fooi: R69.00
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 18 Julie 2007 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
