TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Vervoer
Lisensies, Permitte en Sertifikate
Aansoeke om professionele bestuurspermitte
Aansoeke om professionele bestuurspermitte
BESKRYWING:
Om sekere tipes voertuie te bestuur, word 'n professionele bestuurpermit bykomend tot 'n bestuurslisensie vereis.
n Professionele bestuurspermit word vereis om die volgende voertuie te bestuur:
n goederevoertuig wat meer as 3 500 kg weeg n insleepvoertuig n bus n minibus wat meer as 3 500 kg weeg en ontwerp is om 12 of meer mense, bestuurder ingesluit, te dra n voertuig wat gebruik word om mense teen betaling te vervoer n goederevoertuig wat gevaarlike goedere vervoer wat meer as 3 500 kg weeg n padtenkvoertuig vir ontvlambare vloeistowwe met 'n petroleumbasis n motorvoertuig wat 12 of meer persone, bestuurder ingesluit, vervoer.
n Professionele bestuurspermit word nie vereis om 'n lykswa of 'n trekker te bestuur nie.
U kwalifiseer slegs vir 'n professionele bestuurspermit indien:
u in besit is van 'n geldige bestuurslisensie vir die betrokke tipe voertuig;
u ouer as die vereiste ouderdomsperk is (dit hang af van die tipe voertuig);
n mediese dokter u as medies geskik verklaar het;
u deur 'n goedgekeurde opleidingsliggaam gesertifiseer is (slegs vir sekere tipe voertuie vereis);
u nie voorheen skuldig bevind is aan bestuur onder die invloed, of roekelose of nalatige bestuur of 'n geweldsmisdaad nie, en u bestuurslisensie nooit tevore opgeskort is nie.
U professionele bestuurspermit kan opgeskort of gekanselleer word indien u medies ongeskik raak of indien u skuldig bevind word aan bestuur onder die invloed, of roekelose of nalatige bestuur of 'n geweldsmisdaad.
Die operateur of eienaar van 'n motorvoertuig waarvoor 'n professionele bestuurspermit vereis word, mag nie toelaat dat 'n ander persoon daardie voertuig op 'n openbare pad bestuur nie, tensy daardie ander persoon die houer van 'n professionele bestuurspermit vir die toepaslike kategorie voertuig is.
VOORSKRIFTE:
Om aansoek te doen om 'n professionele bestuurspermit by 'n bestuurslisensietoetssentrum, moet u:
die vereiste bedrag betaal;
u identiteitsdokument toon;
u bestuurslisensie toon;
u opleidingsertifikaat toon (indien van toepassing);
u mediese sertifikaat toon, en enige ander professionele bestuurspermit of openbare bestuurspermit wat u reeds het, toon.
Nadat die aansoek verwerk is, sal u vingerafdrukke geneem word en u kredietkaartformaatbestuurslisensie met die professionele bestuurspermit bestel word.
Sodra die kaart gereed is om afgehaal te word, sal u daarvan verwittig word. U moet u identifikasie saambring as u die kaart afhaal. Kaarte wat nie binne 120 dae afgehaal word nie, sal vernietig word.
VERSKAF BY:
Bestuurslisensietoetssentrums
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
PRYS:
R170 vir 2006.
VERWANTE INLIGTING
Aansoeke om Openbare Bedryfslisensies (Diens)
Bestuurslisensies (Diens)
Voertuiglisensies (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 19 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
