TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Vervoer
Lisensies, Permitte en Sertifikate
Registrasie van Motorvoertuigtoetssentrum
Registrasie van Motorvoertuigtoetssentrum
BESKRYWING:
Alle motorvoertuigtoetsstasies moet geregistreer en gegradeer word voordat hulle geldige padwaardigheidsertifikate kan uitreik.
n Aansoek sal slegs toegestaan word indien die toetsstasie voldoen aan die vlak van tegniese bevoegdheid wat in praktykkode SABS 0216 'Voertuigtoetsstasie-evaluering' vereis word, en indien die wyse waarop 'n motorvoertuig ondersoek en getoets word, voldoen aan praktykkode SABS 047 'Die toets van motorvoertuie vir padwaardigheid'.
Indien die aansoek suksesvol is, moet die registrasiesertifikaat te alle tye prominent vertoon word.
VOORSKRIFTE:
Om aansoek te doen om 'n toetssentrum te registreer, moet u vorm TS1 invul en dit by die Wetsadministrasie-afdeling van die Departement van Vervoer en Openbare Werke indien.
U moet ook die volgende toon:
n Inspekteur sal die toetssentrum besoek, 'n gradering aanbeveel en bevestig dat die sentrum aan die SABS praktykkodes voldoen.
n Registrasiesertifikaat kan dan uitgereik word.
Skakel die volgende nommer vir meer besonderhede:
Tel: 021 483 2074
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
PRYS:
Registrasiegeld van R300 is betaalbaar.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2003 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
