TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Vervoer
Lisensies, Permitte en Sertifikate
Aansoeke om Leerlinglisensies
Aansoeke om Leerlinglisensies
BESKRYWING:
Voordat 'n persoon om 'n bestuurslisensie aansoek kan doen, moet hy of sy in besit van 'n leerlinglisensie wees. 'n Mens kan 'n leerlinglisensie vir 'n motorfiets groter as 125 cc, 'n motor, minibus, klein goederevoertuig of 'n groter voertuig kry indien u ouer as 17 jaar is. Vir 'n leerlinglisensie vir 'n motorfiets van 50 cc tot 125 cc moet 'n mens 16 jaar of ouer wees.Nadat iemand 'n leerlinglisensie bekom het, kan hy of sy die tipe voertuig waarvoor die leerlinglisensie geldig is, bestuur. 'n Gelisensieerde bestuurder moet die persoon egter te alle tye vergesel (behalwe op 'n motorfiets). 'n Leerlingbestuurder mag nie 'n ander persoon op 'n motorfiets vervoer nie.
VOORSKRIFTE:
Om aansoek te doen om 'n leerlinglisensie, moet die persoon vorm LL1 by die plaaslike toetssentrum invul en twee identiese swart-wit- foto's indien, 'n identiteitsdokument toon en die vereiste bedrag betaal. Die persoon moet ouer as 17 jaar wees.
Voordat die leerlinglisensie uitgereik word, moet die persoon die leerlinglisensietoets wat sy of haar kennis van die padreëls, die padverkeerstekens en die kontroles van 'n motorvoertuig toets, slaag en ook 'n oogtoets ondergaan.
Studiemateriaal om te help met voorbereiding vir die leerlinglisensietoets is by boekwinkels beskikbaar.
n Leerlinglisensie is vir 18 maande geldig.
VERSKAF BY:
Bestuurslisensietoetssentrums
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
PRYS:
R60 om 'n afspraak vir 'n leerlinglisensietoets te maak en R30 vir die leerlinglisensie indien die toets geslaag word.
VERWANTE INLIGTING
Bestuurslisensies (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 22 Januarie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
