TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Vervoer
Lisensies, Permitte en Sertifikate
Aansoeke om Bestuursinstrukteursertifikaat
Aansoeke om Bestuursinstrukteursertifikaat
BESKRYWING:
Alle bestuursinstrukteurs moet registreer. Om 'n instrukteursertifikaat te bekom, word u kriminele rekord nagegaan, 'n mediese sertifikaat moet aan u uitgereik word en u moet 'n instrukteurstoets slaag.
VOORSKRIFTE:
Om aansoek om 'n instrukteursertifikaat te doen, moet u vorm R1 by 'n bestuurslisensietoetssentrum invul.
Die aansoek moet aandui vir watter klas(se) motorvoertuie u as instrukteur wil registreer en dit moet van die toepaslike bedrag vergesel wees.
Indien u aansoek aanvaar word, word van u vereis om 'n toets by die bestuurslisensietoetssentrum af te lê vir 'n verslag oor u bevoegdheid om as 'n instrukteur op te tree.
Indien u suksesvol is, sal 'n magtiging aan u uitgereik word wat u dan saam met twee foto's en die vereiste registrasiegeld moet indien. 'n Registrasiesertifikaat sal dan aan u uitgereik word.
VERSKAF BY:
Bestuurslisensietoetssentrums
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Padinfrastruktuur (Departement van Vervoer en Openbare Werke, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
PRYS:
R180 vir 2005.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 18 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
