TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Reis en Toerisme
Reis
Buitelandse Valuta Toelaes
Buitelandse Valuta Toelaes
BESKRYWING:
Hoeveel is die buitelandsevaluta-toelae?
Kan jy 'n addisionele toelaag kry?
Die Reserwebank beheer en moniteer alle geld wat die land binnekom of verlaat. Deel van die valutabeheerprogram is dat, indien jy na die buiteland reis, jy slegs 'n sekere bedrag geld vir buitelandse valuta kan ruil.
HOEVEEL IS DIE BUITELANDSEVALUTA-TOELAE?
Die jaarlikse reistoelae is R160 000 vir volwassenes en kinders ouer as 12 jaar. 'n Jaarlikse toelae van R50 000 elk word aan kinders jonger as 12 toegestaan.
Daar was voorheen 'n aparte vakansie- en saketoelae, maar dit bestaan nie meer nie. Die jaarlikse toelae is van toepassing op alle vorme van reis gedurende die jaar.
Die toelaes is vir 'n kalenderjaar, van 1 Januarie tot 31 Desember, geldig. Jou toelae word op die datum van jou vertrek bereken. Indien jy nie jou volle toelae gedurende die jaar gebruik nie, verval dit - jy kan nie toelaes van een jaar na die volgende laat oploop nie.
Jy kan jou volle toelae op enige manier gebruik soos wat jy goeddink, insluitend vir buitelandse kontant, kredietkaarte, bankwissels of reisigerstjeks.
KAN JY 'n ADDISIONELE TOELAE KRY?
Indien die toelae van R160 000 nie voldoende is vir die jaar nie, kan jy by die Reserwebank vir 'n addisionele toelae aansoek doen.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 11 November 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
